{"id":18152,"date":"2014-09-12T00:00:00","date_gmt":"2014-09-11T22:00:00","guid":{"rendered":"http:\/\/echonews.sites.caxton.co.za\/18152\/joernalis-moet-nou-boet-vir-berig\/"},"modified":"2014-09-12T10:25:14","modified_gmt":"2014-09-12T08:25:14","slug":"joernalis-moet-nou-boet-vir-berig","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/news-headlines\/2014\/09\/12\/joernalis-moet-nou-boet-vir-berig\/","title":{"rendered":"Opvolg: Polisie skerp gekritiseer"},"content":{"rendered":"<p>Mense het w\u00eareldwyd met skok en afgryse reageer op die polisie se optrede op die toneel waar vyf mense doodgebrand het na &#8216;n botsing.<\/p>\n<p>Die toneel was in absolute chaos met niemand wat beheer geneem het, en die pad gesluit het vir opruimings en reddingspogings nie.<\/p>\n<p>Derhalwe is &#8216;n ER24 ambulans, met &#8216;n kritiek beseerde Bernine Booysen agterin, se uitgang versper, en dit boonop deur &#8216;n polisiekonvooi met ringkoppe soos Middelburg stasiebevelvoerder, brigadier Jansen Ngobeni, en kapelaan kolonel Moyane van Nelspruit in sy vrou se luukse Lexus.<\/p>\n<p>Daar is Vrydag skriftelik aan die DA leier, mnr. Anthony Benadie bevestig, dat die saak op die hoogste vlak ondersoek sal word, nadat daar aanvanklik ges\u00ea is dat die SAPD se optrede ni\u00e9 onder die loep sou kom nie.<\/p>\n<p>Die polisie het die week ges\u00ea dat die konvooi die ambulans se pad versper het om die baan vir ander motoriste te blok.<\/p>\n<p>Die ambulans moes egter vir die polisie plek maak voordat dit met Booysen kon hospitaal toe jaag, waar sy later aan haar beserings beswyk het.<\/p>\n<p><a href=\"http:\/\/mobserver.co.za\/17593\/voertuie-versper-ambulans\/\">Vorige Berig en Video.<\/a><\/p>\n<p>Die polisie se provinsiale segsman, brigadier Selvy Mohlala, het op navraag van die Observer oor die moontlikheid dat Booysen dalk kon oorleef het as sy vinniger by die hospitaal kon uitkom, die joernalis aanhoudend doodgepraat.<\/p>\n<p>Hy wou weet wie die dokter is wat di\u00e9 sterfte toegeskryf het aan die polisie se optrede.<\/p>\n<p>Opdrag is di\u00e9 week gegee dat die betrokke joernalis nie meer die plaaslike SAPD kommunikasiekanale mag volg nie, maar eksklusief in die toekoms met brigadier Mohlala moet skakel.<\/p>\n<p>Honderde mense het die manne in blou fel gekritiseer op sosiale media platforms waar die Observer berig oor die aangeleentheid honderde maal gedeel is deur lesers.<\/p>\n<p>Die DA het by generaal Thulani Ntobela, provinsiale kommissaris, aangedring dat veral kapelaan Moyane se optrede ondersoek word, omdat dit indruis teen die gees van sy gekose beroep en teenstrydig is met die eed wat hy in sy hoedanigheid moes afl\u00ea.<\/p>\n<p>Generaal Ntobela het &#8216;n ene brigadier Adolph aangestel om &#8216;n klag van wangedrag teen die betrokke polisielede te ondersoek.<\/p>\n<p>Hy het skriftelik ges\u00ea dat hy brigadier Adolph &#8216;n sperdatum vir afhandeling van die ondersoek gegee het.<\/p>\n<p>Brigadier Mohlala kon teen druktyd nie opgespoor word vir verdere kommentaar nie.<\/p>\n<p>\u2022Intussen is vier van die oorledens nog nie uitgeken nie omdat hulle familie aandring op DNA toetse.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die provinsiale polisie kommissaris het skriftelik bevestig dat verlede week Woensdag 03 September se gebeure op die N4 deur sy kantoor ondersoek sal word.<\/p>\n","protected":false},"author":1848,"featured_media":18153,"comment_status":"open","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"hasGravity":false,"cxt_article_byline":"Gerhard Rheeder","cxt_disable_google_ads":false,"footnotes":""},"categories":[7,2],"tags":[],"class_list":["post-18152","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-local-news","category-news-headlines"],"category_labels":{"Category":"News","SubCategory":"Local news"},"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/18152","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/users\/1848"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=18152"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/18152\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/media\/18153"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=18152"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=18152"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=18152"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}