{"id":17852,"date":"2014-09-08T00:00:00","date_gmt":"2014-09-07T22:00:00","guid":{"rendered":"http:\/\/echonews.sites.caxton.co.za\/17852\/inwoners-kraai-van-die-lag-2\/"},"modified":"2014-09-08T13:31:09","modified_gmt":"2014-09-08T11:31:09","slug":"inwoners-kraai-van-die-lag-2","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/uncategorized\/2014\/09\/08\/inwoners-kraai-van-die-lag-2\/","title":{"rendered":"Musiekoorlog teen die haan"},"content":{"rendered":"<p>Met di\u00e9 donderende geskal het &#8216;n inwoner van Hoekbergstraat Dinsdagoggend oorlog verklaar teen di\u00e9 haan.<\/p>\n<p>&#8220;Ek wonder wie hy was, want ek wil vir hom sjokolade koop!&#8221; het me. Melanie van Rooyen Woensdagoggend ges\u00ea.<\/p>\n<p>Almal in Hoekbergstraat weet al van die haan wat die afgelope drie weke klokslag kort na 03:00 keel skoonmaak. Almal het stilweg gemor&#8230;tot Dinsdagoggend.<\/p>\n<p>Haan se kind se eerste wakkerwordkraai het nog nie eers behoorlik inwoners se ore bereik nie, toe &#8216;n onaardse geluid die haan se kraai verstar laat ophou. Iemand het met &#8216;n tromboon (skuiftrompet) gewys dat hy harder as die haan kan &#8220;kraai&#8221;.<\/p>\n<p>Me. Van Rooyen s\u00ea sy was siekerig en het kort voor die kabaal nog twee pynpille gedrink vir &#8216;n seer keel, toe sy eers die kortstondige kraaitjie hoor en toe die musiek. Sy het haar eers boeglam geskrik en toe saam met vele ander mense begin &#8220;kraai&#8221; van die lag.<\/p>\n<p>Die son het pas sy kop uitgesteek, toe sy die volgende Facebookboodskap plaas: &#8220;10 uit 10 vir die ou wat vanoggend 03:30 musiek gemaak het vir die hoendereienaar in Aerorand. Ek hoop jy pla hom net soveel soos sy hoender se ontydige gekraai ons almal pla!&#8221;<\/p>\n<p>Me. Van Rooyen s\u00ea sy is &#8216;n diereliefhebber, maar dat die gekraai almal uit die slaap uit hou.<\/p>\n<p>\u2022 &#8216;n Paar jaar gelede het iemand di\u00e9 advies aan &#8216;n joernalis gegee (toe haar Kapokhaantjie die bure elke oggend uit die vere gejaag het): Al wat &#8216;n mens moet doen, is om die haan in die aande in &#8216;n boksie of hokkie te sit, dat hy nie sy kop kan oplig om te kraai nie. Sodra die son opkom, kan jy hom maar weer uitlaat.<\/p>\n<p>\u2022 Dr. Leon Connoway (veearts) s\u00ea hy glo ook die raad kan werk.<\/p>\n<p>Mense wat egter sover wil gaan om die kraai uit hul haan te haal, kan hom vat vir &#8216;n operasie by &#8216;n vo\u00eblspesialis. &#8220;Sy kraai word dan letterlik toegemaak!&#8221;<\/p>\n<p>Aan die onderkant van die slukpyp van die haan (net voor dit vertak na die longe), is &#8216;n klein, plat gedeelte, wat die stembuisie genoem word. Tydens die operasie word &#8216;n gaas daaroor geplaas, sodat hy nie die kraaigeluid kan maak nie.<\/p>\n<p>Hy stem egter saam dat &#8216;n donker boksie &#8216;n baie makliker oplossing is, as om sy kraai uit te haal.<\/p>\n<p>&#8216;n Mens wonder nou net wie is die eienaar van die haan en of &#8220;geen haan nou verder daaroor gaan kraai nie.&#8221;<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Elke haan kraai koning op sy eie mishoop, maar in Aerorand is &#8216;n tromboon baas.<\/p>\n","protected":false},"author":1848,"featured_media":17853,"comment_status":"open","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"hasGravity":false,"cxt_article_byline":"Daleen Naude","cxt_disable_google_ads":false,"footnotes":""},"categories":[],"tags":[],"class_list":["post-17852","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry"],"category_labels":null,"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/17852","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/users\/1848"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=17852"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/17852\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/media\/17853"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=17852"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=17852"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=17852"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}