{"id":17291,"date":"2014-08-31T00:00:00","date_gmt":"2014-08-30T22:00:00","guid":{"rendered":"http:\/\/echonews.sites.caxton.co.za\/17291\/trane-toe-kietie-op-hibberdene-opdaag\/"},"modified":"2014-08-29T11:48:00","modified_gmt":"2014-08-29T09:48:00","slug":"trane-toe-kietie-op-hibberdene-opdaag","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/news-headlines\/2014\/08\/31\/trane-toe-kietie-op-hibberdene-opdaag\/","title":{"rendered":"Video: Trane toe Kietie op Hibberdene opdaag"},"content":{"rendered":"<p>&#8216;n Kat het oor &#8216;n tydperk van vyf maande 800km vanaf Middelburg na Hibberdene geloop, om terug te keer na die huis wat hy geken het!<\/p>\n<p>&#8216;n Mens dink onwillekeurig aan gedeeltes van die lirieke van die Proclaimers se liedjie, &#8220;I&#8217;m gonna be&#8221; waar hulle sing: &#8220;But I would walk five hundred miles, And I would walk five hundred more, Just to be the man who walked a thousand miles, To fall down at your door&#8230;&#8221; 500 myl is natuurlik 800km!<\/p>\n<p>En ou Kietie het letterlik neergeval toe hy uiteindelik &#8220;tuiskom&#8221;, want die kussinkies onder sy pote was flenters geloop.<\/p>\n<p>Die verhaal begin in Februariemaand toe me. Patricia Baker na haar man se afsterwe, besluit het om by haar dogter op Rietkuil te kom bly.<\/p>\n<p>Haar seun, John-Grant (wat in Middelburg bly) het vir Kietie by hom in die kar gelaai en hiernatoe gebring. Kietie was net \u00e9\u00e9n nag by sy huis in Ngwaokostraat. Toe hy hom die volgende oggend uitsit om &#8216;n draai te loop, het die kat spoorloos verdwyn.<\/p>\n<p>Die familie het gedink Kietie het groener weivelde gaan soek, want na etlike weke was daar nog geen taal of tyding van die kat nie.<\/p>\n<p>Tot so paar weke gelede. Me. Baker se buurvrou in Hibberdene, me. Elize Gomes, het haar gebel en vertel dat Kietie by haar aangekom het. Hulle het gedink sy maak &#8216;n grap, tot sy vir hulle &#8216;n foto van Kietie gestuur het!<\/p>\n<p>Me. Gomes (&#8216;n eiendomsagent in Hibberdene) s\u00ea sy was een aand omstreeks 23:00 besig om te sit en werk, toe die kat by haar voordeur instap en reguit na haar kom waar sy op die bank gesit het.<\/p>\n<p>&#8220;Hy het voor my kom sit en met &#8216;n hees stemmetjie gemi\u00e1\u00e1\u00e1u&#8230; asof hy wou s\u00ea: &#8216;Ek is hier, help my&#8217;. Ek het yskoud geword, ek het net dadelik geweet dit is Kietie!&#8221;<\/p>\n<p>Kietie was vol stekels en gras. Sy het hom opgetel, maar hy wou nie h\u00ea sy moes hom vashou nie en sy het begin huil. Terwyl sy vir hom stukkies vleis gegee en langs hom op die grond gaan sit het, het sy saggies die klossies en gras van hom afgetrek.<\/p>\n<div class='tie-fluid-width-video-wrapper tie-ignore-fitvid' style='margin-bottom: 30px;'>\n\t\t\t<iframe style='width: 100%; min-height: 300px; aspect-ratio: 16\/9;' src='https:\/\/www.youtube-nocookie.com\/embed\/yPagPXmQq14' loading='lazy'><\/iframe>\n\t\t<\/div>\n<p>Die twee gesinne vertel dat Kietie eintlik &#8216;n rondloperkat was, wat by drie gesinne ingeloer het vir iets te ete by die parkhuise in Hibberdene. Later het hy sy l\u00eaplek by me. Baker gemaak, maar hy was ook &#8216;n gereelde gas by me. Gomes, want hy was groot vriende met h\u00e1\u00e1r kat, Sharkie.<\/p>\n<p>Die twee katte het van kleintyd af gereeld in die bome baljaar en Kietie was ook die enigste ander kat wat Sharkie op die erf toegelaat het.<\/p>\n<p>Me. Gomes glo Kietie het erge trauma deurgemaak in die tyd wat hy op die pad was.<\/p>\n<p>Beide die Bakers en me. Gomes het besluit dat Kietie maar sal moet bly waar hy nou gelukkig is.<\/p>\n<p>\u2022 Dit is nie &#8216;n vreemde verskynsel dat diere lang afstande afl\u00ea om terug te keer na hul plek van herkoms nie. Kyk elders na verhale van diere in Europa wat tot 1 300 myl geloop het oor &#8216;n tydperk van maande.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die kat kom weer, want hy wil nie langer wag&#8230; Die kat kom weer, want hy loop kilometers elke dag&#8230;<\/p>\n","protected":false},"author":1848,"featured_media":17292,"comment_status":"open","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"hasGravity":false,"cxt_article_byline":"Daleen Naude","cxt_disable_google_ads":false,"footnotes":""},"categories":[7,2],"tags":[],"class_list":["post-17291","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-local-news","category-news-headlines"],"category_labels":{"Category":"News","SubCategory":"Local news"},"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/17291","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/users\/1848"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=17291"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/17291\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/media\/17292"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=17291"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=17291"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=17291"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}