{"id":17251,"date":"2014-08-30T00:00:00","date_gmt":"2014-08-29T22:00:00","guid":{"rendered":"http:\/\/echonews.sites.caxton.co.za\/17251\/suster-vrees-geregtigheid-gaan-nie-geskied\/"},"modified":"2014-08-29T11:24:30","modified_gmt":"2014-08-29T09:24:30","slug":"suster-vrees-geregtigheid-gaan-nie-geskied","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/uncategorized\/2014\/08\/30\/suster-vrees-geregtigheid-gaan-nie-geskied\/","title":{"rendered":"Moordbeskuldigde verdwyn weer"},"content":{"rendered":"<p>Die polisie soek nou naarstigtelik na Peter Mogale wat alleen sal pa staan vir die moord nadat Wilma se vriend, Jaco Redelinghuys, aanvanklik ook aangekla is maar as staatsgetuie tot die saak gevoeg is.<\/p>\n<p>Wilma en Redelinghuys het maande saam in haar maroen Hyundai langs die Klein Olifantsrivier gebly waar inwoners vir hul kos en geld aangedra het.<\/p>\n<p>Twee vriende, net bekend as Rot en Santie, het ook &#8216;n geruime ruk in die kar geslaap.<\/p>\n<p>Wilma het Redelinghuys op Vrydag, 17 November 2011, na Rex Kafee vergesel waar hy &#8216;n man sou ontmoet vir werk.<\/p>\n<p>Tydens &#8216;n onderhoud enkele dae na die moord van sy meisie, het Redelinghuys vertel dat die man wat hulle moes ontmoet, hom en Wilma pasteie aangebied het en dat beide daarna siek was.<\/p>\n<p>Hy is na die vulstasie se badkamer waar hy glo vir etlike ure sy bewussyn verloor het.<\/p>\n<p>Toe hy terugkom in die parkeerarea, was Wilma en haar kar skoonveld.<\/p>\n<p>Hy is reguit na hul nuwe tuiste, &#8216;n buitekamer wat hulle met Rot en Santie gedeel het, maar Wilma was nie daar nie.<\/p>\n<figure id=\"attachment_17253\" aria-describedby=\"caption-attachment-17253\" style=\"width: 423px\" class=\"wp-caption alignnone\"><a href=\"https:\/\/mobserver.co.za\/wp-content\/uploads\/sites\/92\/2014\/08\/gr-wilma_607840675.jpg\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-medium wp-image-17253\" src=\"https:\/\/mobserver.co.za\/wp-content\/uploads\/sites\/92\/2014\/08\/gr-wilma_607840675-423x317.jpg\" alt=\"'n ID-foto van die vermoorde Wilma Viljoen is al wat haar suster Audrey, naas haar maroen Hyundai, van haar oor het.\" width=\"423\" height=\"317\" srcset=\"https:\/\/dwu32cgxelq1c.cloudfront.net\/local_newspapers\/sites\/92\/2014\/08\/gr-wilma_607840675-423x317.jpg 423w, https:\/\/dwu32cgxelq1c.cloudfront.net\/local_newspapers\/sites\/92\/2014\/08\/gr-wilma_607840675-200x150.jpg 200w, https:\/\/dwu32cgxelq1c.cloudfront.net\/local_newspapers\/sites\/92\/2014\/08\/gr-wilma_607840675.jpg 800w\" sizes=\"auto, (max-width: 423px) 100vw, 423px\" \/><\/a><figcaption id=\"caption-attachment-17253\" class=\"wp-caption-text\">&#8216;n ID-foto van die vermoorde Wilma Viljoen is al wat haar suster Audrey, naas haar maroen Hyundai, van haar oor het.<\/figcaption><\/figure>\n<p>Hy het haar eers die Maandag na haar verdwyning, op die dag wat haar liggaam gevind is, as vermis gaan aanmeld.<\/p>\n<p>Mogale was van meet af uiters aggressief teenoor die Observer by die hof.<\/p>\n<p>Hy het in Mei 2013 verdwyn en is weke later deur Mhluzi speurders naby Dennilton vasgetrek.<\/p>\n<p>Hy het op die vlug geslaan nadat DNS toetse hom met die moord verbind het.<\/p>\n<p>Kaptein Khanyisile Zwane s\u00ea &#8216;n lasbrief is weer in Junie vir Mogale se arrestasie uitgereik, nadat hy nie vir sy laaste hofverskyning opgedaag het nie.<\/p>\n<p>Sy kon nie s\u00ea hoekom sy borg nie teruggetrek is tydens sy vorige ontsnapping nie.<\/p>\n<p>Wilma se suster, Audrey, is rasend omdat die saak so sloer en dit blyk of geregtigheid nie sal geskied nie &#8211; &#8220;Hoe kan die polisie en hof die man sulke vrye teuels gee, hy het een maal gevlug en nou weer, beteken &#8216;n vrou se lewe dan niks in vergelyking met haar vermeende moordenaar nie?&#8221;.<\/p>\n<p>&#8220;My suster is uit haar woonstel en werk na &#8216;n daklose lewe gelei en vermoor vir &#8216;n kar, sy was bang en verward en nou is sy weg.&#8221;<\/p>\n<p>Die maroen Hyundai waarvoor Wilma vermoor is, is nou by Audrey.<\/p>\n<p>Die ondersoekbeampte, sersant Nicolaas Letsebe, vra dat mense met inligting oor waar Mogale hom bevind, hom direk by 081 861 0969 moet bel.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die vermeende moordenaar van Wilma Viljoen, wie se liggaam drie dae na haar verdwyning vasgebind aan &#8216;n boom in Mhluzi gevind is, het &#8216;n tweede maal op die vlug geslaan.<\/p>\n","protected":false},"author":1848,"featured_media":17252,"comment_status":"open","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"hasGravity":false,"cxt_article_byline":"Gerhard Rheeder","cxt_disable_google_ads":false,"footnotes":""},"categories":[],"tags":[],"class_list":["post-17251","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry"],"category_labels":null,"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/17251","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/users\/1848"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=17251"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/17251\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/media\/17252"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=17251"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=17251"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=17251"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}