{"id":17084,"date":"2014-08-26T00:00:00","date_gmt":"2014-08-25T22:00:00","guid":{"rendered":"http:\/\/echonews.sites.caxton.co.za\/17084\/johann-gresse-2\/"},"modified":"2014-08-26T08:13:45","modified_gmt":"2014-08-26T06:13:45","slug":"johann-gresse-2","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/opinion-edition\/blogs\/2014\/08\/26\/johann-gresse-2\/","title":{"rendered":"My Beurt: Johann Gresse"},"content":{"rendered":"<p>Vianca &#8211; die dansinstruktrise &#8211; het duidelik baie vertroue in my.<\/p>\n<p>Moes haar nou die dag so oor my skouer gooi.<\/p>\n<p>As jy die beweging korrek uitvoer, lyk dit heel indrukwekkend, byna asof sy bollemakiese oor jou skouer slaan. Dit is natuurlik as jy dit regkry&#8230;<\/p>\n<p>Het haar behendig en met gemak opgetel &#8211; moet darem ook soms my eie beuel blaas &#8211; en dinge het goed gelyk.<\/p>\n<p>Die hoop het in my opgevlam dat ek vir eens &#8216;n maneuver sou regkry. Maar die noodlot het egter soms die lastige geneigdheid om op jou drome te trap wanneer jy dit die minste verwag.<\/p>\n<p>Halfpad deur die beweging begin ek in myself te twyfel: Hoe sit mens haar (om Charlize Berg aan te haal) weer saggies neer?<\/p>\n<p>Die gevolg van di\u00e9 tikkie twyfel, is dat die stomme Vianca vir seker twee minute onderstebo gehang het, terwyl ek paniekerig rondhop en kopkrap om haar weer (voete eerste) op die grond te kry.<\/p>\n<p>Na &#8216;n lang gespokery, land sy weer in haar Nike-tekkies. Gelukkig het sy baie oor die voorval gelag. Dit is belangrik om hier te noem dat ek senuweeagtig saamgelag het; as ek &#8216;n tiener op Whatsapp was, sou ek die &#8220;hehehe&#8221;-laggie getik het.<\/p>\n<p>Vianca het intussen met dansklasse by Inspire Fit begin. Het nou die dag na een van die klasse gaan kyk (let wel nie saam geoefen nie &#8211; hulle is op &#8216;n ander vlak). Dink egter ek het die klas erg ontwrig: het die heeltyd op daai groot gimballe rondgehop. En dit was glad nie op die maat van die musiek nie, al het ek probeer.<\/p>\n<p>\u2022 Maagspiere:<\/p>\n<p>Het nou die dag &#8216;n splinternuwe oefening probeer. Basies vereis dit dat jy voor een van daardie groot balle (waarop ek in die dansverhaal rondgehop het) moet kniel, terwyl jou elmbo\u00eb op die bal moet rus. Daarna moet jy jou lyf rek, terwyl jou elmbo\u00eb steeds op die bal rus. Jy moet bykans in &#8216;n push up-posisie opeindig en dan weer die hele proses herhaal.<\/p>\n<p>Die enigste probleem is dat my bal te styf opgepomp was. Het die heeltyd van die d\u00eam ding afgeval. Was nie lekker nie.<\/p>\n<p>Kardio-oefening is ook goed vir die platter maag.<\/p>\n<p>Het verlede Woensdag 14 muurbalstelle agtereenvolgens gespeel. Is nie die w\u00eareld se mees intelligente muurbalspeler nie (vertrou maar op my fiksheid om my in latere stelle te laat se\u00ebvier) en is beh\u00f3\u00f3rlik op daardie baan rondgejaag. Na die afloop van die moordende muurbalstryde, het ek &#8216;n vetkoek ge\u00ebet.<\/p>\n<p>Het ook foto&#8217;s by die Rotary Greatest Train Race geneem. Julle dink dit is maklik?<\/p>\n<p>As die foto&#8217;s in die koerant gepubliseer word, m\u00f3\u00e9t jy die persoon se naam kry. Het seker 10 kilometer saam met deelnemers gedraf, terwyl ek benoud &#8220;wat is jou naam?&#8221; skree.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Dags\u00ea! Julle lanklaas op hoogte van die maagspier\/dansdroom gehou&#8230; Hier is dus &#8216;n vorderingsverslag: Ons begin maar met die dans.<\/p>\n","protected":false},"author":1848,"featured_media":17102,"comment_status":"open","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"hasGravity":false,"cxt_article_byline":"","cxt_disable_google_ads":false,"footnotes":""},"categories":[17,509,2888],"tags":[1342,6],"class_list":["post-17084","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-blogs","category-editors-note","category-opinion-edition","tag-my-turn","tag-opinion-edition"],"category_labels":{"Category":"Opinion","SubCategory":"Blogs"},"tag_labels":["My Turn","Opinion"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/17084","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/users\/1848"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=17084"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/17084\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/media\/17102"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=17084"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=17084"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=17084"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}