{"id":16437,"date":"2014-08-18T00:00:00","date_gmt":"2014-08-17T22:00:00","guid":{"rendered":"http:\/\/echonews.sites.caxton.co.za\/16437\/flop214\/"},"modified":"2014-08-18T10:17:10","modified_gmt":"2014-08-18T08:17:10","slug":"flop214","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/opinion-edition\/blogs\/2014\/08\/18\/flop214\/","title":{"rendered":"Flopsport"},"content":{"rendered":"<p>\u2022Vra Jamie Prinsloo vir Kerneels Erasmus oor die Bulle en Leeus wedstryd: \u201cWat is die telling?\u201d Laat weet Kerneels terug: \u201cBaie, teen min.\u201d<\/p>\n<p>\u2022Moes nie \u2019n goeie week vir Kerneels gewees het nie, want sy geliefde Polisie het boonop teen Tuks in die eindstryd van die Carltonbeker verloor, terwyl die studente byna tagtig minute met net veertien man gespeel het.<\/p>\n<p>\u2022Die Bulspelers is almal Sondagaand opkommandeur om Ludeke by Loftus te ontmoet. Sal graag die gemor wou hoor: \u201cWat de !*&amp;! wil die Coach nou nog afrig op \u2019n Sondagaand?\u201d<\/p>\n<p>\u2022Jare gelede bel Brian Clarke en Robert Brand op \u2019n Sondagoggend vroeg: \u201cJy moet dringend rugbyklub toe kom, ons het \u2019n noodvergadering.\u201d Daar gekom lag hulle uit die maag: \u201cJy moet help saal skoonmaak\u201d. (Het jy al gesien hoe lyk die Johan van Riebeecksaal nadat sestig rugbyspelers, hulle vrouens en hulle kinders, daardeur is en tannie Meisie en Hester se kerrie-en-rys ook nog op die vloer beland het?)<\/p>\n<p>\u2022Ludeke se verskoning van die laaste vyf jaar: \u201cOns was nie akkuraat in die uitvoering van die wedstrydplan nie.\u201d Akkuraat se voet! Wedstryd, maar geen plan.<\/p>\n<p>\u2022Die ergste van so Bulvernedering is wanneer Mamma Sondagaand op televisie se SuperSportkanaal volgende naweek se Curriebeker bepalings sien en sy vra: \u201cGaan die Blou Bulle verder speel?\u201d \u201cJa Mamma hulle gaan! Hulle gaan Mamma!\u201d<\/p>\n<p>\u2022Vertel \u2019n ma die week ontsteld van haar seun wat met alle geweld na \u2019n Afrikaanse skool wil gaan, \u201com te gaan rugby speel\u201d. Sipho se maatjies speel rugga en hy wil ook rugga speel. Teen laat die week het die ma nog gespook om aan sy wens te voldoen. (Rugby doen iewers iets reg, want as seuntjies soos Sipho na \u2019n skool toe wil gaan vir rugby en nie sokker nie, moet hy helde h\u00ea soos Bryan Habana, Bakkies Botha, Oupa Mohale en Beast Mtawarira).<\/p>\n<p>\u2022Ons kan seker tereg vra wie is vandag ons sokkerhelde. Siphiwe Tshabalala?<\/p>\n<p>\u2022Rugby het \u2019n bekoring gehad, iets so spesiaal en so beeldskoon soos Anneline Kriel. Saterdae het ons met \u2019n opgerolde twee rand noot by die hek van die Johann van Riebeeck stadion opgedaag, om te kyk hoe speel wie ookal teen Witbank. Die twee rand om die oom by die hek te terg, want hy was woedend as jy nie kleingeld gehad het nie. Daar het ons Saterdag vir Saterdag gesit en van die derde span tot die eerste span gekyk. In standerd nege geryloop vanaf Witbank na Middelburg om te kyk hoe speel die twee klubs in die Sanlamliga. Windoek, Bethlehem, Upington, Rustenburg, Pietersburg, Kaapstad en Welkom agter rugby aangery. Bitter koue aande op Bethal drie wedstryde deurgewerk. Rugby, jou wonder soete ding. Sit Saterdag op die pawiljoen en kyk hoe Anneline Kriel in \u2019n ou tante sonder tanne verander. Monnas teen die Rooies. Die Rooi Masjien, waar was jy? Rugby waar was jy? Saterdagaand is dit Bul teen Leeu. Anneline Kriel is in ICU. Rugby is dood, rugby soos ons hom geken het. Die geur van die kospotte uit die kombuis was meer bekoorlik. Die vetgemaakte en vetbetaalde spelers in blou sleg vir enige spysvertering. (Ag, seblief gee ons hoop teen die Visvoete, al is dit wanhoop).<\/p>\n<p>\u2022Is daar nie iemand op die dorp wat nog iets wil re\u00ebl vir 6 September nie? Mannekamp, Rooitrekker vlooimark, kerkbasaar, Ho\u00ebveld mannekamp en die Alzu Rhino Run. Kom mense, iemand moet nog aan iets kan dink!<\/p>\n<p>\u2022Die Pumas het die Tjietas Saterdagaand bloedmond gegee, maar wie het vir Jimmy Stonehouse \u2019n blouoog gegee? Die man wat op sy dag in \u2019n skyn rofstoeigeveg betrokke was by die Ermelo Skou, was nie in \u2019n kroeggeveg nie. Hy het sy shiner te danke aan \u2019n oogoperasie. (Die kamera het tydens die wedstryd kort-kort op Jimmy en sy lieflike blou oog gefokus &#8211; blou oog man, nie blou o\u00eb nie!).<\/p>\n<p>\u2022Mooi gebaar van die Sharks om met hulle vrouens se name op hulle se truie te speel met vrouedag. Verneem van my onbetroubare bron die Bulle gaan Saterdag met hulle vrouens se troetelnaampies, soos Oubaas van 7deLaan, op hulle truie speel en soos Oubaas sal s\u00ea: My Hildatjie is \u2019n vrou van inborste en soos \u2019n rasegte pedigree Frieskoei is sy haar gewig in goud werd.(Daar hang \u2019n naarheid van epidermiese proporsies oor my).<\/p>\n<p>\u2022Piedt wie? Nie Piedt My Vrou nie. Dan Piedt! Koebaai Tahir?<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>\u2022Vra Sal Botha uit oor die Bulle wat vir die aardbewing verantwoordelik was. Natuurlik was dit die Bulle wat oppad was na Johannesburg ou Sal, ons het net nie genoem die aarde het so gebewe, omdat die Bulle se broeke gebewe het nie.<\/p>\n","protected":false},"author":1848,"featured_media":16629,"comment_status":"open","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"hasGravity":false,"cxt_article_byline":"xxxx","cxt_disable_google_ads":false,"footnotes":""},"categories":[17,508,2888],"tags":[],"class_list":["post-16437","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-blogs","category-editors-choice","category-opinion-edition"],"category_labels":{"Category":"Opinion","SubCategory":"Blogs"},"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/16437","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/users\/1848"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=16437"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/16437\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/media\/16629"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=16437"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=16437"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=16437"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}