{"id":15976,"date":"2014-08-06T00:00:00","date_gmt":"2014-08-05T22:00:00","guid":{"rendered":"http:\/\/echonews.sites.caxton.co.za\/15976\/kimme-se-pad-terug-dokter-toe\/"},"modified":"2014-08-06T08:29:00","modified_gmt":"2014-08-06T06:29:00","slug":"kimme-se-pad-terug-dokter-toe","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/news-headlines\/2014\/08\/06\/kimme-se-pad-terug-dokter-toe\/","title":{"rendered":"Kimme se pad terug dokter toe"},"content":{"rendered":"<p>Die drama het begin toe me. Lynette Jacobs oppad was om sake te gaan doen.<\/p>\n<p>Waar &#8216;n mens indraai na Bloekomsig, het sy gesien hoe &#8216;n welgeklede vrou uit &#8216;n wit 4&#215;4 bakkie klim en &#8220;iets wat soos &#8216;n bolletjie wol lyk&#8221; op die sypaadjie neersmyt.<\/p>\n<p>Me. Jacobs het nadergestap en dadelik gesien dit is &#8216;n hondjie.<\/p>\n<p>&#8220;Ek het nog vir haar geskree: &#8216;dit is nie mooi wat jy doen nie!&#8217;, maar sy het vinnig teruggespring in die bakkie en weggejaag.&#8221;<\/p>\n<p>Sy het die hondjie opgetel en huistoe gevat. Me.Jacobs s\u00ea sy het self al &#8216;n paar honde en kon eenvoudig nie n\u00f3g een aanhou nie.<\/p>\n<p>Nadat sy by die Observer vir hulp aangeklop het, is besluit om &#8216;n berig te doen oor die vrou wat die hondjie uitgegooi het.<\/p>\n<p>Dieselfde tyd het me. Annemarie Zandberg iemand gaan besoek in Bloekomsig.<\/p>\n<p>Sy het die Yorkshire Terri\u00ebr opgemerk by me. Jacobs en aangebied om na die hondjie te kyk, totdat die regmatige eienaar opgespoor kan word.<\/p>\n<p>Hulle het op Facebook gaan kyk of iemand nie na die hondjie soek nie en die Tromp-familie se boodskappe gesien.<\/p>\n<p>Me. Darelle Loots (wat by die spreekkamers werk) s\u00ea die Tromps het gevra sy moet die advertensie op Facebook plaas om hul hondjie, Kimme, te probeer opspoor.<\/p>\n<p>Hulle was baie opgewonde toe hulle by die Observer verneem dat iemand wel &#8216;n hondjie, wat Kimme se beskrywing pas, gekry het.<\/p>\n<p>Kimme het vanaf hul huis in Leipoldtstraat (Gholfsig) verdwyn. Me. Loots s\u00ea omdat sy so klein is, het sy maklik by die hek uitgekom.<\/p>\n<p>Wi\u00e9 die vrou in die 4&#215;4 bakkie is en hoe Kimme by haar uitgekom het, weet niemand nie.<\/p>\n<p>Me. Loots s\u00ea dr. Tromp-hulle is tans besig om &#8216;n huis te bou in Pretoria en het, kort nadat hulle met Kimme herenig is, besluit om die hondjie saam te neem, sodat sy nie weer verdwyn nie.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>&#8216;n Piepklein Yorki wat hardhandig by &#8216;n 4&#215;4 bakkie in Bloekomsig uitgegooi is, het wye draaie geloop om weer by haar eienaars, dr. Dewald en Nellie Tromp, uit te kom.<\/p>\n","protected":false},"author":1848,"featured_media":15977,"comment_status":"open","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"hasGravity":false,"cxt_article_byline":"Daleen Naude","cxt_disable_google_ads":false,"footnotes":""},"categories":[7,2],"tags":[],"class_list":["post-15976","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-local-news","category-news-headlines"],"category_labels":{"Category":"News","SubCategory":"Local news"},"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/15976","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/users\/1848"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=15976"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/15976\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/media\/15977"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=15976"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=15976"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=15976"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}