{"id":15765,"date":"2014-08-01T00:00:00","date_gmt":"2014-07-31T22:00:00","guid":{"rendered":"http:\/\/echonews.sites.caxton.co.za\/15765\/handelaars-eerste-in-lyn-as-papier-kom\/"},"modified":"2014-08-01T07:59:24","modified_gmt":"2014-08-01T05:59:24","slug":"handelaars-eerste-in-lyn-as-papier-kom","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/news-headlines\/2014\/08\/01\/handelaars-eerste-in-lyn-as-papier-kom\/","title":{"rendered":"Opvolg: Humeure vlam op oor papier"},"content":{"rendered":"<p>Wat meer is, die munisipaliteit, wat reeds by eMalahleni papier geleen het, smeek nou so ver as in Kaapstad vir hulp, omdat gemoedere nou plaaslik opvlam, veral onder motorhandelaars wie se besighede negatief deur die departement se kortsigtigheid benadeel word.<\/p>\n<p>Plaaslik kan daar nie ges\u00ea word hoe lank die tekort nog gaan voortduur nie, omdat die tenderprosedure vir die druk van die papier &#8216;n provinsiale bevoegdheid is.<\/p>\n<p>DA raadslid, San-Mari Wait, s\u00ea dat daar tydens Woensdag se portefeulje vergadering van die verkeersafdeling geen antwoorde oor die krisis verskaf kon word nie, behalwe dat dit die hele provinsie raak nie.<\/p>\n<p>Daar is glo net tydens die vergadering ges\u00ea dat &#8220;die kontrakteur wat die papier vervaardig, nie die produk kon lewer nie,&#8221; s\u00ea me. Wait.<\/p>\n<p>Die Observer het in die Dinsdag uitgawe berig oor die papiertekort wat Woensdag volgens die veiligheidshoof, mnr. Ahmed Seedat, uitgesorteer sou wees.<\/p>\n<p>&#8220;Ongelukkig is ons steeds waar ons begin het,&#8221; s\u00ea me. Wait wat bylas dat haar vraag oor hoekom m\u00e9\u00e9r papier as die plaaslike aanvraagnood bestel word nie, ook net met fronse beantwoord is.<\/p>\n<p>&#8216;n Hewige storm het ook op die Middelburg Observer Facebook-blad onder inwoners losgebars en die boodskap uit alle oorde is &#8220;pateties verby&#8221;.<\/p>\n<p>Mnr. Seedat het Woensdag na die vergadering ges\u00ea dat daar &#8216;n 21-dae grasietydperk op lisensieskywe is &#8220;so niemand behoort boetes te ontvang het gedurende die tydperk nie&#8221;.<\/p>\n<p>Hy s\u00ea dat die staf, wat tot dusver die publiek se frustrasies moes ontgeld, gereedstaan om oortyd te werk, sou dit moet, om die handelaars te help.<\/p>\n<p>Volgens mnr. Seedat is net handelaars gevra om vas te byt terwyl lede van die publiek steeds gehelp is.<\/p>\n<p>Kommentaar op die facebook-blad skets egter &#8216;n ander prentjie, met individue wat vertel dat daar aan hulle ges\u00ea is &#8220;jammer, die papier is op, kom later terug&#8221;.<\/p>\n<p>Me. Wait s\u00ea dat die bestuur in hul ivoortorings sit terwyl administratiewe beamptes die publiek se woede moet ontgeld &#8220;oor iemand daar bo wat nie sy werk gedoen het nie&#8221;.<\/p>\n<p>Mnr. Seedat s\u00ea die papier word gewatermerk om kopie\u00ebring te verhoed, en elke vel word uitgereik met &#8216;n reeksnommer tydens vervaardiging by staatsdrukkers.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Dis nou twee weke dat daar nie &#8216;n enkele nuwe karregistrasie of lisensieskyf by die verkeersdepartement gedruk kon word nie, want die sigwaardepapier is steeds op.<\/p>\n","protected":false},"author":1848,"featured_media":15766,"comment_status":"open","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"hasGravity":false,"cxt_article_byline":"Gerhard Rheeder","cxt_disable_google_ads":false,"footnotes":""},"categories":[7,2],"tags":[2082,2181,2182,920],"class_list":["post-15765","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-local-news","category-news-headlines","tag-karre","tag-lesensies","tag-papier","tag-steve-tshwete-municipality"],"category_labels":{"Category":"News","SubCategory":"Local news"},"tag_labels":["Karre","Lesensies","Papier","Steve Tshwete Municipality"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/15765","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/users\/1848"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=15765"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/15765\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/media\/15766"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=15765"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=15765"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=15765"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}