{"id":15474,"date":"2014-07-27T00:00:00","date_gmt":"2014-07-26T22:00:00","guid":{"rendered":"http:\/\/echonews.sites.caxton.co.za\/15474\/riool-beland-in-spruit\/"},"modified":"2014-07-25T10:07:51","modified_gmt":"2014-07-25T08:07:51","slug":"riool-beland-in-spruit","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/news-headlines\/2014\/07\/27\/riool-beland-in-spruit\/","title":{"rendered":"Riool beland in spruit"},"content":{"rendered":"<p>&#8216;n Walglike reuk het die joernalis Dinsdagoggend begroet toe sy voor die hekke van die DBV stop. Mnr. Thys Buitendag het haar daar ontmoet om die oorsprong van die reuk te gaan wys.<\/p>\n<p>Langs die DBV is daar &#8216;n wegsteekpaadjie onder na die treinspoor en dit is presies hier waar die vrot moddermassa gekry is.<\/p>\n<p>&#8216;n Mens kon duidelik sien waar die riool vanaf &#8216;n woonstelblok in die omgewing teen die skuinste afloop, reguit na die stormwaterlyn langs die treinspoor en uiteindelik beland in die Vaalbankspruit.<\/p>\n<p>Dit is dadelik aan mnr. Rudolf Bouer (adjunk direkteur, siviele ingenieursdienste) gerapporteer en Woensdagoggend het &#8216;n span van die munisipaliteit gaan ondersoek instel.<\/p>\n<p>Hy het later ges\u00ea dat plastieksakke en lappe die verstopping veroorsaak het.<\/p>\n<p>Mnr. Bouer s\u00ea dit is &#8216;n algemene probleem in die dorp dat mense mangate oopmaak en artikels in die mangate gooi wat nie daar hoort nie.<\/p>\n<p>&#8220;Al wat in die rioolnetwerk hoort, is toiletpapier. Ons het egter al van fietsparte tot motoronderdele gekry!&#8221;<\/p>\n<p>Hy s\u00ea dit is deel van die opvoedingswerk van gemeenskapswerkers om mense in te lig dat enige ander artikels in die rioolnetwerk taboe is.<\/p>\n<p>Nog &#8216;n probleem wat netwerke verstop is handdroogpapier wat in toilette gegooi word. Mnr. Bouer s\u00ea dit is nie oplosbaar soos toiletpapier nie.<\/p>\n<p>Boonop word die gietyster deksels van mangate gesteel en is dit dan baie makliker om vreemde artikels in die mangate te kry.<\/p>\n<p>Die stadsraad moet elke keer die gietyster deksels met betondeksels vervang om verdere diefstalle te voorkom.<\/p>\n<p>Met die spoed wat die deksels egter gesteel word, kan hulle soms nie bybly om \u00e1l die mangate betyds toe te kry nie.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die vrot reuk wat in die omgewing van die DBV gehang het is ni\u00e9 van hulle afkomstig nie, maar van &#8216;n verstopte mangat wat riool uitgestoot het.<\/p>\n","protected":false},"author":1848,"featured_media":15475,"comment_status":"open","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"hasGravity":false,"cxt_article_byline":"XXXXX","cxt_disable_google_ads":false,"footnotes":""},"categories":[7,2],"tags":[],"class_list":["post-15474","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-local-news","category-news-headlines"],"category_labels":{"Category":"News","SubCategory":"Local news"},"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/15474","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/users\/1848"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=15474"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/15474\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/media\/15475"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=15474"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=15474"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=15474"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}