{"id":15465,"date":"2014-07-28T00:00:00","date_gmt":"2014-07-27T22:00:00","guid":{"rendered":"http:\/\/echonews.sites.caxton.co.za\/15465\/gr-zeena\/"},"modified":"2014-07-28T10:15:53","modified_gmt":"2014-07-28T08:15:53","slug":"gr-zeena","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/news-headlines\/2014\/07\/28\/gr-zeena\/","title":{"rendered":"Balle rol weer"},"content":{"rendered":"<p>Naas herinneringe aan skitter rugby en &#8216;n kanniedood trots vir HTS, het die HTS ondersteunersklub egter weggestap met 300 Brutal balle waarvan die verkoop op die Cravenweek deur Saru gestaak is.<\/p>\n<p>Die balle is spesiaal deur die ondersteunersklub gemerk met die amptelike Cocal Cola O\/18 Cravenweek en Saru logos.<\/p>\n<p>Die ander twee sye van die bal het ondermeer HTS se skoolteken en die Puma Unie wapen opgehad.<\/p>\n<p>Wat die ondersteunersklub gesien het as &#8216;n memento vir deelnemers en toeskouers, is egter deur Saru afgeskiet omdat toestemming nie verkry is vir die gebruik van die Cravenweek en Saru logos nie.<\/p>\n<p>&#8216;n Verdere probleem was Saru se endossement van Gilbert, wat &#8216;n stalletjie by die Cravenweek gehad en kapsie teen die verkoop van die Brutal balle gemaak het.<\/p>\n<p>&#8220;Borge koop in met streng regspakette wat hulle rolle en obligasies spesifiek uitstippel, weens regsredes kan logos nie gekaap word nie,&#8221; is al wat Saru oor die aangeleentheid wou s\u00ea.<\/p>\n<p>Altesaam 100 reuse rugbyballe en 150 medium en 150 gewone vyf speelgrootte balle is deur die ondersteunersklub aangekoop en gemerk.<\/p>\n<p>Die groot balle het soos soetkoek verkoop voordat Saru verkope gestaak het.<\/p>\n<p>Ondersteunersklublede het R30 000 in die balle gestort en een van die HTS-lojales, mnr. Michael Basson, s\u00ea hulle sal nou poog om die oorblywende balle tydens Saterdag se o\/14, o\/15 en o\/16 Mpumalanga skole finale by HTS van die hand te sit.<\/p>\n<p>Dinsdag, as HTS se eerstespan te staan kom in die finaal teen Nelspruit, sal die balle weer van die hand gesit word, waarna die oorblywende balle teen kosprys deur die verskaffer teruggeneem sal word.<\/p>\n<p>Die HTS ondersteuners se plan om die balle buite skoolgronde tydens die Cravenweek te verkoop, is glo op aandrang van die skool heroorweeg.<\/p>\n<p>&#8220;Ons sal maar kyk hoeveel van die balle ons kan verkoop, mits ons ook gebriek word by die komende kragmetings,&#8221; het Michael Donderdag ges\u00ea.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die Cravenweek is verby en almal is vort met goeie herinneringe van rugby uit die boonste rakke.<\/p>\n","protected":false},"author":1848,"featured_media":15466,"comment_status":"open","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"hasGravity":false,"cxt_article_byline":"","cxt_disable_google_ads":false,"footnotes":""},"categories":[7,2],"tags":[],"class_list":["post-15465","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-local-news","category-news-headlines"],"category_labels":{"Category":"News","SubCategory":"Local news"},"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/15465","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/users\/1848"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=15465"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/15465\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/media\/15466"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=15465"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=15465"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=15465"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}