{"id":14081,"date":"2014-07-10T00:00:00","date_gmt":"2014-07-09T22:00:00","guid":{"rendered":"http:\/\/echonews.sites.caxton.co.za\/14081\/petrol-raak-duur\/"},"modified":"2014-07-10T14:14:56","modified_gmt":"2014-07-10T12:14:56","slug":"petrol-raak-duur","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/uncategorized\/2014\/07\/10\/petrol-raak-duur\/","title":{"rendered":"VIDEO: Nou gooi hulle in en jaag weg"},"content":{"rendered":"<p>Sasol Meyerstraat was die jongste slagoffer van brandstofdiewe.<\/p>\n<p>In di\u00e9 geval het die skelm nie net sy tenk volgemaak nie, maar sommer kanne in sy kattebak ook laat vul!<\/p>\n<p>Volgens mnr. Shane du Toit (bestuurder) het die wynrooi Renault Megane omstreeks 20:45 by een van die petrolpompe gestop.<\/p>\n<p>Die petroljoggie onthou dat daar \u2019n swartman bestuur en \u2019n blanke man in die passasiersitplek was.<\/p>\n<p>Hulle het nie uitgeklim nie, maar vir die joggie ges\u00ea om \u201cvol te maak\u201d. Die man het van binne af die kattebak ook oopgemaak en die joggie aanges\u00ea om al die kanne in die kattebak ook te vul.<\/p>\n<p>Die totale bedrag was R1 804 en die man het die joggie gevra om die mobiele kaartmasjien te bring dat hy met sy kaart betaal. Toe die joggie wegstap om die masjien te gaan haal, het die voertuig weggejaag.<\/p>\n<p>Sekondes nadat die Renault weggejaag het, het \u2019n bakkie ook weggetrek met soortgelyke kanne agterop. Die vermoede bestaan dat die twee voertuie saam gery het.<\/p>\n<p>Die CCTV-videomateriaal is nagegaan, maar die Renault het nie nommerplate gehad nie en kon nie nagespoor word nie. Die bakkie het aan die sykant verbygejaag en geen nommerplate was sigbaar nie. \u2019n Glimnaam aan die kant van die bakkie is egter \u2019n aanduiding dat dit \u2019n kontrakteursvoertuig is.<\/p>\n<p><iframe loading=\"lazy\" title=\"A petrol thief takes off after car was fulled\" width=\"500\" height=\"281\" src=\"https:\/\/www.youtube.com\/embed\/gL-r39bbF5w?feature=oembed\" frameborder=\"0\" allow=\"accelerometer; autoplay; clipboard-write; encrypted-media; gyroscope; picture-in-picture; web-share\" referrerpolicy=\"strict-origin-when-cross-origin\" allowfullscreen><\/iframe><\/p>\n<p>Mnr. Du Toit vra enige persoon wat moontlik inligting het oor die eienaar van die voertuig om hom te bel by<\/p>\n<p>\u2022 \u2019n Maand gelede was daar \u2019n soortgelyke voorval by dieselfde motorhawe toe \u2019n Toyota Sprinter minibus brandstof gegooi en weggejaag het.<\/p>\n<p>Sy registrasienommer is CPZ574L en behoort aan \u2019n ene mnr. Lesese van Longhillstraat 321, Steelpoort. Volgens personeel van Sasol Meyerstraat wag hulle nog vir die polisie om die finale verklarings te kom afneem oor hierdie voorval.<\/p>\n<p>\u2022 Drie weke gelede het Janmy Dienste deurgeloop toe \u2019n ou model wit BMW in die vroe\u00eb oggendure (02:15) brandstof gaan ingooi het.<\/p>\n<p>Die persoon het die joggie ook gevra om sy tenk vol te maak en vir die mobiele kaartmasjien gevra. Soos by die Sasol vulstasie, het die voertuig weggejaag, nadat R974 se brandstof ingegooi is. Ook met di\u00e9 geval het videomateriaal gewys dat die persoon sy nommerplate afgehaal het.<\/p>\n<p>Mnr. Jan Myburg (eienaar, Janmy Dienste) s\u00ea dit is \u2019n algemene probleem by vulstasies die afgelope paar maande dat mense wegjaag nadat brandstof ingegooi is. \u201cBaie mense vat kanse en dit begin al hoe erger word.\u201d<\/p>\n<p>Hy het besluit om drastiese stappe te neem om di\u00e9 diefstalle te probeer voorkom. Joggies moet dadelik kyk of die voertuig nommerplate het en as die voertuig dit ni\u00e9 het nie, moet joggies weier om brandstof in te gooi.<\/p>\n<p>In die geval waar \u2019n persoon vra dat sy voertuig volgemaak word, moet hy vooraf s\u00ea of hy sy kaart of kontant gaan gebruik. As hy s\u00ea kaart, sal die joggie eers die kaartmasjien gaan haal, die kaart in die masjien (voor die kli\u00ebnt) sit en dan die bedrag intik, sodra die voertuig vol is.<\/p>\n<p>Waar daar besluit word op kontant, moet die persoon ten minste \u2019n R500 deposito vooraf vir die joggie gee.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die petrolprys het pas weer die hoogte ingeskiet. Geen probleem vir petroldiewe nie&#8230;hulle haal net hul nommerplate af, gooi brandstof by \u2019n vulstasie in en jaag weg!<\/p>\n","protected":false},"author":1848,"featured_media":14109,"comment_status":"open","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"hasGravity":false,"cxt_article_byline":"Daleen Naude","cxt_disable_google_ads":false,"footnotes":""},"categories":[],"tags":[1912,1913,1914,843],"class_list":["post-14081","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","tag-petrol","tag-petrol-prize","tag-sasol-garage","tag-thieves"],"category_labels":null,"tag_labels":["petrol","Petrol prize","Sasol Garage","Thieves"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/14081","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/users\/1848"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=14081"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/14081\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/media\/14109"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=14081"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=14081"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=14081"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}