{"id":13795,"date":"2014-07-05T00:00:00","date_gmt":"2014-07-04T22:00:00","guid":{"rendered":"http:\/\/echonews.sites.caxton.co.za\/13795\/nog-grondeise-het-lodges-aan-die-sweet\/"},"modified":"2014-07-04T11:11:44","modified_gmt":"2014-07-04T09:11:44","slug":"nog-grondeise-het-lodges-aan-die-sweet","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/news-headlines\/2014\/07\/05\/nog-grondeise-het-lodges-aan-die-sweet\/","title":{"rendered":"N\u00f3g grondeise het lodges aan die sweet"},"content":{"rendered":"<p>Di\u00e9 skoknuus oor verdere grondeise is tydens Mmatoti se amptelike opening op 14 Junie met die Observer susterkoerant, Die Daller, gedeel deur mnr. Silubane.<\/p>\n<p>Die voormalige eienaar van die Arotin Wildsplaas wat nou Mmatoti heet, mnr. Steve Tindell, s\u00ea hy het &#8216;n jarelange opdraende stryd gevoer met die regering oor die 380ha plaas wat deur die Mmatoti stam ge\u00ebis is.<\/p>\n<p>Mnr. Silubane het intussen die naam van die plaas na Mmatoti verander en mnr. Tindell s\u00ea hy is bevrees dat mnr. Silubane wel &#8216;n legitieme aanspraak op omliggende plase het.<\/p>\n<p>Mnr. Dolf Gouws, eienaar van De Villa, wat tans in die mark is, s\u00ea hy is nie bekommerd oor mnr. Silubane se dreigmente nie &#8220;omdat dit jare gevat het om die eerste eis af te handel, di\u00e9 ding gaan beslis nie gou gebeur nie,&#8221; s\u00ea hy.<\/p>\n<p>Hy s\u00ea egter dat mnr. Silubane hom persoonlik ingelig het van sy belangstelling in sy grond.<\/p>\n<p>Hy s\u00ea sy plaas beslaan 10ha waarop 13 chalets, &#8216;n kroeg en restaurant, en ontspanningsgeriewe soos swembaddens aangebring is &#8211; &#8220;meer &#8216;n vakansie-oord as plaas,&#8221; verduidelik hy.<\/p>\n<p>Die eienaar van Bospot restaurant, mnr. Chales Claassen, het ges\u00ea dat hy ook gehoor het van komende grondeise op die grond wat hy by me. Marthie Hugo huur.<\/p>\n<p>Die Hugos bly al 50-jaar oorkant die Damwal sentra, wat aan die familie behoort, tesame met ongeveer 14ha lappies grond aan weerskante van die pad.<\/p>\n<p>Me. Hugo, wat tot hede in die duister was oor mnr. Silubane se planne, het met skok reageer oor die moontlikheid dat die mat onder hulle uitgeruk kan word.<\/p>\n<p>&#8220;Damwal Slaghuis het aan my skoonouers behoort en het verlede jaar sy 60-ste bestaansjaar gevier, ons beplan om die vulstasie te skuif en te vergroot en sterk te bel\u00ea om die sentra te verbeter, nou dit!&#8221; was haar reaksie.<\/p>\n<p>&#8220;Ek is geensins gerus nie,&#8221; s\u00ea me. Hugo.<\/p>\n<p>Mnr. Tindell s\u00ea die hele probleem met grondhervorming, en spesifiek met gevestigde besighede, plase en lodges, is dat die regering nie geld het om die grond by eienaars uit te koop nie.<\/p>\n<p>&#8220;Wat nog om die plase, besighede en lodges volhoubaar te hou!?&#8221; s\u00ea-vra hy.<\/p>\n<p>Hy het meer as vyf jaar gesukkel om sy geld uit die regering te kry en sy geld is eers betaal nadat hy regshulp moes inwin om die sloerende transaksie deur te druk.<\/p>\n<p>Mbidi eienaar, mnr. Willie Fourie, s\u00ea hy het destyds namens mnr. Tindell opgetree en s\u00ea dat hoewel daar &#8216;n eis op die grond was, mnr. Tindell na onderhandelinge besluit het om te verkoop en &#8216;n gelukkige man van die plaas afgestap het.<\/p>\n<p>&#8220;Ons kan nie die eise keer nie, maar hulle sal moet bewys dat hulle die grond voor 1913 ontneem is,&#8221; s\u00ea mnr. Fourie.<\/p>\n<p>&#8220;Eis is een ding, kry &#8216;n ander,&#8221; s\u00ea hy oor die Mmatoti stam se voorneme.<\/p>\n<p>Mnr. Silubane het Donderdag ges\u00ea hy gaan beslis omliggende plase ook eis &#8220;maar ons bou eers aan Mmatoti om dit &#8216;n sukses te maak, voordat ons meer afbyt as wat ons kan kou&#8221;.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Lodge en plaaseienaars in die Damwal omgewing is bekommerd dat die nuwe eienaar van Mmatoti Safari, mnr. Piet Silubane, ernstig is oor sy planne om verskeie ander plase, waaronder Mbidi Lodge, De Villa Lodge en die Damwal besigheidssentra met Bospot, die 60-jaar oue slaghuis en vulstasie ook te eis.<\/p>\n","protected":false},"author":1848,"featured_media":13796,"comment_status":"open","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"hasGravity":false,"cxt_article_byline":"Gerhard Rheeder","cxt_disable_google_ads":false,"footnotes":""},"categories":[7,2],"tags":[1488,1441,1798,1802,1803,1796,1799,1341,1800,1801,1527,1797],"class_list":["post-13795","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-local-news","category-news-headlines","tag-boere","tag-bospot","tag-damwal","tag-damwal-omgewing","tag-de-villa-lodge","tag-grondeise","tag-lodge-en-plaaseienaars","tag-mbidi-lodge","tag-mmatoti-safari","tag-piet-silubane","tag-plase","tag-vakansieoorde"],"category_labels":{"Category":"News","SubCategory":"Local news"},"tag_labels":["boere","Bospot","damwal","Damwal omgewing","De Villa Lodge","GRONDEISE","Lodge en plaaseienaars","Mbidi Lodge","Mmatoti Safari","Piet Silubane","Plase","Vakansieoorde"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/13795","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/users\/1848"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=13795"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/13795\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/media\/13796"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=13795"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=13795"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=13795"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}