{"id":13777,"date":"2014-07-07T00:00:00","date_gmt":"2014-07-06T22:00:00","guid":{"rendered":"http:\/\/echonews.sites.caxton.co.za\/13777\/hek-val-op-kind\/"},"modified":"2014-07-07T10:57:59","modified_gmt":"2014-07-07T08:57:59","slug":"hek-val-op-kind","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/news-headlines\/2014\/07\/07\/hek-val-op-kind\/","title":{"rendered":"Hek val op kind"},"content":{"rendered":"<p>\u2019n Ontstoke me. Annetjie Pretorius het vertel dat haar dogter, skoonseun en hul kinders, by Bareki Mall se ontvangsarea se hek uitgestap het, oppad huistoe, waarna die hek op haar kleindogter en skoonseun geval het.<\/p>\n<p>Me. Pretorius het ges\u00ea dat die sekuriteitswag die hek op \u2019n skrefie oopgelos het vir haar kinders om eers uit te gaan, voordat hy dit vir die aand sou sluit.<\/p>\n<p>Sy het vertel dat daar nie \u2019n stopper is om die hek te keer nie en daarom het dit op mnr. Ryno van Wyk en sy dogtertjie, Celeste geval.<\/p>\n<p>Volgens me. Pretorius is hulle nie kwaad vir die wag nie, omdat dit nie sy skuld is dat daar nie \u2019n stopper is nie.<\/p>\n<p>Mnr. Van Wyk het die krag gekry om die swaar hek op te lig van hom en sy dogter af, waarna hy hulp gaan soek het by Pick \u2019n Pay.<\/p>\n<p>Volgens me. Pretorius het mnr. Samuel Schmidt (junior) die slag van die hek wat val gehoor, terwyl hy oorkant by die rugbyveld was.<\/p>\n<p>Hy het in sy bakkie geklim en dadelik na hulle toe gejaag vir bystand, waarna hy vir me. Pretorius se dogter, me. Heilie van Wyk ges\u00ea het om in die bakkie te klim met Celeste. Mnr. Schmidt het intussen vir me. Van Wyk en haar kinders na Groblersdal Hospitaal geneem vir mediese bystand, terwyl mnr. Ronnie Kusche vir mnr. Van Wyk na die hospitaal geneem het.<\/p>\n<p>By die hospitaal is bevind dat Celeste erge kopbeserings opgedoen het.<\/p>\n<p>Sy het 16 steke voor op haar kop gekry en \u2019n verdere vier agter op haar kop.<\/p>\n<p>Mnr. Van Wyk het aan die Daller ges\u00ea dat alhoewel die swaar hek op hom ook geval het, hy slegs \u2019n ligte rugbesering opgedoen het.<\/p>\n<p>Mnr. Van Wyk het vertel dat hulle puik diens by die hospitaal ontvang het en dat hulle graag vir dr. Stan Kgoloko wil bedank, sowel as mnre. Schmidt en Kusche vir hulle bystand.<\/p>\n<p>Me. Mandy Atkinson, bestuurderes van Bareki Mall, het aan die Daller ges\u00ea, dat sy nooit agter gekom het dat daar nie \u2019n stopper op die hek was nie en dat sy vreeslik omgekrap is oor die voorval.<\/p>\n<p>Sy het ges\u00ea dat die hek Saterdag herstel word en dat sy deur die hele sentrum is om seker te maak dat dit veilig is, sodat daar nie weer soortgelyke voorvalle plaasvind nie.<\/p>\n<p>\u201cEk is jammer en my hart gaan uit na die familie,\u201d het me. Atkinson ges\u00ea.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>\u2019n Vierjarige dogtertjie is na die hospitaal gehaas, nadat \u2019n veiligheidshek van Bareki Mall op haar en haar pa geval het.<\/p>\n","protected":false},"author":1848,"featured_media":13778,"comment_status":"open","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"hasGravity":false,"cxt_article_byline":"Tiaan Joubert","cxt_disable_google_ads":false,"footnotes":""},"categories":[7,2],"tags":[1025,1850,1851,1267,1852],"class_list":["post-13777","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-local-news","category-news-headlines","tag-accident","tag-bareki-mall","tag-gates","tag-hospital","tag-veiligheidshek"],"category_labels":{"Category":"News","SubCategory":"Local news"},"tag_labels":["accident","Bareki Mall","gates","hospital","veiligheidshek"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/13777","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/users\/1848"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=13777"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/13777\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/media\/13778"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=13777"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=13777"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=13777"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}