{"id":13393,"date":"2014-06-27T10:21:03","date_gmt":"2014-06-27T08:21:03","guid":{"rendered":"http:\/\/mobserver.co.za\/?p=13393"},"modified":"2014-06-27T10:21:03","modified_gmt":"2014-06-27T08:21:03","slug":"tweeling-vir-tuks","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/sports-news\/local-sports\/2014\/06\/27\/tweeling-vir-tuks\/","title":{"rendered":"Tweeling vir Tuks"},"content":{"rendered":"<p>Hulle het so gereeld soos klokslag hul provinsiale kleure verwerf, doele geskiet vir Afrika en was belangrike skakels in Ho\u00ebrskool Middelburg se gedugte Predator-hokkiespan.<\/p>\n<p>N\u00f3\u00fa word die vennootskap van &#8220;Maasie&#8221; en &#8220;Kriekie&#8221; op die astrobane van die stad voortgesit, waar die tweeling deesdae vir Tukkies uitdraf.<\/p>\n<p>&#8220;Dit is &#8216;n baie groot aanpassing vir ons,&#8221; s\u00ea Marguerite, of te wel Kriekie, oor hul skuif na die stad waar hul buiten hul hokkieverpligtinge, ook besig is met hul onderwysgrade.<\/p>\n<p>&#8220;Die tipe hokkie wat hier gespeel word, is anders as waaraan ons gewoond is, maar dit is s\u00f3 lekker!&#8221;<\/p>\n<p>Hierdie stelling word deur Marcia beaam.<\/p>\n<p>&#8220;Die hokkiespelers hier in die stad is baie tawwer, trouens, die hokkie self is tawwer. Ons speel teen &#8216;n ho\u00ebr intensiteit, dis vinniger en ons leer baie nuwe dinge.&#8221;<\/p>\n<p>Marguerite speel vir die universiteit se eerste span, terwyl Marcia vir TUKS 2 in aksie is. Hoewel hul paaie vir die universiteitspan geskei het, speel hulle steeds saam vir Northerns se o\/21&#8217;s. Hulle is ook onlangs vir die unie se senior vrouespan gekies.<\/p>\n<p>Raak die Pretorianers deurmekaar met die Krieke\/Maasie-tweelingkombinasie?<\/p>\n<p>&#8220;So nou en dan,&#8221; is Marcia se antwoord. &#8220;Omdat ons so gereeld op die hokkieveld is en so min in die koshuis, kom baie mense nou eers agter dat ons &#8216;n tweeling is. By die hokkie is die mense dit al egter gewoond.&#8221;<\/p>\n<p>Hulle stem altwee saam dat hulle verlede jaar se MHS-span baie mis.<\/p>\n<p>&#8220;Annemarie Wilke sal altyd ons nommer een coach bly!&#8221;<\/p>\n<p>&#8220;Haar nuwe span trap egter in ons spore &#8211; hulle het tydens die Mpumalanga-uitspele 19 doele in vier wedstryde aangeteken &#8211; dit klink bekend, ne?!&#8221;<\/p>\n<p>Hul toekomsplanne?<\/p>\n<p>&#8220;Ons werk nog aan ons toekomsplanne,&#8221; s\u00ea Marcia.<\/p>\n<p>&#8220;Al wat ek weet is dat die Here ons gese\u00ebn het met &#8216;n wonderlike talent en ons is s\u00f3 dankbaar daarvoor, want ons kan ons droom uitleef op die turf as gevolg van Hom,&#8221; voltooi Marguerite hul antwoord.<\/p>\n<p>\u2022 Marguerite het op &#8216;n stadium verlede jaar &#8216;n verstommende 67 van Middies se 77 doele aangeteken.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Tydens hul skooljare was Marcia en Marguerite van Wyk &#8216;n tweelingdinamietpak op die hokkieveld. <\/p>\n","protected":false},"author":2844,"featured_media":13394,"comment_status":"open","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"hasGravity":false,"cxt_article_byline":"Johann Gresse","cxt_disable_google_ads":false,"footnotes":""},"categories":[11,2886],"tags":[888,1709,3,1706,1707,1710,1708],"class_list":["post-13393","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-local-sports","category-sports-news","tag-hokkie","tag-miiddies","tag-sports-news","tag-tukkies","tag-tuks","tag-tweeling-bloed","tag-twins"],"category_labels":{"Category":"Sport","SubCategory":"Local sport"},"tag_labels":["hokkie","Miiddies","Sport","Tukkies","Tuks","Tweeling Bloed","Twins"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/13393","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/users\/2844"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=13393"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/13393\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/media\/13394"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=13393"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=13393"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=13393"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}