{"id":13141,"date":"2014-06-23T03:56:00","date_gmt":"2014-06-23T01:56:00","guid":{"rendered":"http:\/\/echonews.sites.caxton.co.za\/13141\/temic-strooiers-slaan-weer-toe-in-pleinstraat\/"},"modified":"2014-06-23T16:00:32","modified_gmt":"2014-06-23T14:00:32","slug":"temic-strooiers-slaan-weer-toe-in-pleinstraat","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/uncategorized\/2014\/06\/23\/temic-strooiers-slaan-weer-toe-in-pleinstraat\/","title":{"rendered":"Temic-strooiers slaan weer toe in Pleinstraat"},"content":{"rendered":"<p>Mnr. Hennie Lottering is minute na middernag gewek toe die alarmstraal in sy erf geaktiveer is.<\/p>\n<p>Hy het uitgegaan en rondgekyk, maar kon niks sien nie en vir die alarmbesigheid ges\u00ea dat dit nie nodig is dat hulle uitkom nie.<\/p>\n<p>Vrydagoggend het hy egter hul goue apporteerhond (Golden Retriever), Diesel, dood gekry.<\/p>\n<p>Hul labrador, Girly, het ook van die gif ingekry en moes veaarts toe gejaag word.<\/p>\n<p>Teen Maandag was die hond steeds in die dierehospitaal.<\/p>\n<figure id=\"attachment_13142\" aria-describedby=\"caption-attachment-13142\" style=\"width: 423px\" class=\"wp-caption alignnone\"><a href=\"https:\/\/mobserver.co.za\/wp-content\/uploads\/sites\/92\/2014\/06\/14y5-_599517334.jpg\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-medium wp-image-13142\" src=\"https:\/\/mobserver.co.za\/wp-content\/uploads\/sites\/92\/2014\/06\/14y5-_599517334-423x317.jpg\" alt=\"Girly word nog in die dierehospitaal behandel.\" width=\"423\" height=\"317\" srcset=\"https:\/\/dwu32cgxelq1c.cloudfront.net\/local_newspapers\/sites\/92\/2014\/06\/14y5-_599517334-423x317.jpg 423w, https:\/\/dwu32cgxelq1c.cloudfront.net\/local_newspapers\/sites\/92\/2014\/06\/14y5-_599517334-200x150.jpg 200w, https:\/\/dwu32cgxelq1c.cloudfront.net\/local_newspapers\/sites\/92\/2014\/06\/14y5-_599517334.jpg 800w\" sizes=\"auto, (max-width: 423px) 100vw, 423px\" \/><\/a><figcaption id=\"caption-attachment-13142\" class=\"wp-caption-text\">Girly word nog in die dierehospitaal behandel.<\/figcaption><\/figure>\n<p>Een van hul klein hondjies het later in die dag gelek op die area waar Diesel gevrek het en moes inderhaas ook dierehospitaal toe gejaag word vir behandeling.<\/p>\n<p>Met nadere ondersoek het mnr. Lottering gevind dat die booswigte die betrokke nag die palissade op die hoek van die muur weggebreek het om te kon oorspring.<\/p>\n<p>Die alarm het hulle klaarblyklik laat vlug.<\/p>\n<figure id=\"attachment_13143\" aria-describedby=\"caption-attachment-13143\" style=\"width: 423px\" class=\"wp-caption alignnone\"><a href=\"https:\/\/mobserver.co.za\/wp-content\/uploads\/sites\/92\/2014\/06\/14y5-_606739954.jpg\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-medium wp-image-13143\" src=\"https:\/\/mobserver.co.za\/wp-content\/uploads\/sites\/92\/2014\/06\/14y5-_606739954-423x317.jpg\" alt=\"Temic kan duidelik uitgeken word aan sy korrelrige voorkoms. Dit word gewoonlik in vleis of wors (soos op foto) toegemaak en vir honde gegooi. FOTO: Internet.\" width=\"423\" height=\"317\" srcset=\"https:\/\/dwu32cgxelq1c.cloudfront.net\/local_newspapers\/sites\/92\/2014\/06\/14y5-_606739954-423x317.jpg 423w, https:\/\/dwu32cgxelq1c.cloudfront.net\/local_newspapers\/sites\/92\/2014\/06\/14y5-_606739954-200x150.jpg 200w, https:\/\/dwu32cgxelq1c.cloudfront.net\/local_newspapers\/sites\/92\/2014\/06\/14y5-_606739954.jpg 800w\" sizes=\"auto, (max-width: 423px) 100vw, 423px\" \/><\/a><figcaption id=\"caption-attachment-13143\" class=\"wp-caption-text\">Temic kan duidelik uitgeken word aan sy korrelrige voorkoms. Dit word gewoonlik in vleis of wors (soos op foto) toegemaak en vir honde gegooi. FOTO: Internet.<\/figcaption><\/figure>\n<p>\u2022 Mnr. Brian Wilcox, wat net oorkant mnr. Lottering bly, het sowat &#8216;n uur later, 01:40, wakker geword omdat sy honde aanmekaar blaf.<\/p>\n<p>Hy is met sy flits na buite, waarop hy gesien het dat twee jong mans in die straat afhardloop.<\/p>\n<p>Mnr. Wilcox het dadelik die radiogroep (Sektor 3) geroep toe hy sien dat sy twee honde, Jessie (&#8216;n spanjoel) en Charlie (&#8216;n Duitse Herdershond) gif ingekry het. Hy het met die diere na die veearts gejaag, waar hulle vir twee dae in die dierehospitaal moes deurbring.<\/p>\n<p>Hy s\u00ea dat dit die vierde keer is in die laaste paar maande dat booswigte gif oor die muur gooi. &#8220;Jessie is al vier keer deurgehaal!&#8221;<\/p>\n<p>Die egpaar hou nou die honde in die huis, want hulle is bang dit gebeur weer.<\/p>\n<p>\u2022 Mnr. Wilcox se buurman, Johan van der Westhuizen, s\u00ea hy het Vrydagoggend omstreeks 05:00 gaan werk. Teen 06:00 het sy hartseer gesin hom laat weet dat hul sewejaar oue boerboel dood agter die Wendyhuis gekry is.<\/p>\n<p>&#8220;Ons het Mia grootgemaak vandat sy drie weke oud was!&#8221; Die boosdoeners het vroe\u00ebr in die jaar sy ander boerboel vergiftig.<\/p>\n<p>Nadat hy die dooie hond verwyder en die erf gefynkam het vir nog gif, het hulle die ander honde laat uitkom.<\/p>\n<figure id=\"attachment_13144\" aria-describedby=\"caption-attachment-13144\" style=\"width: 423px\" class=\"wp-caption alignnone\"><a href=\"https:\/\/mobserver.co.za\/wp-content\/uploads\/sites\/92\/2014\/06\/14y5-_624770708.jpg\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-medium wp-image-13144\" src=\"https:\/\/mobserver.co.za\/wp-content\/uploads\/sites\/92\/2014\/06\/14y5-_624770708-423x317.jpg\" alt=\"Die pragtige boerboel, Mia, wat met haar lewe moes boet omdat sy haar eienaar se huis wou oppas. Booswigte het by drie huise in Pleinstraat die gevreesde Temic-gif oor mure gegooi.\" width=\"423\" height=\"317\" srcset=\"https:\/\/dwu32cgxelq1c.cloudfront.net\/local_newspapers\/sites\/92\/2014\/06\/14y5-_624770708-423x317.jpg 423w, https:\/\/dwu32cgxelq1c.cloudfront.net\/local_newspapers\/sites\/92\/2014\/06\/14y5-_624770708-200x150.jpg 200w, https:\/\/dwu32cgxelq1c.cloudfront.net\/local_newspapers\/sites\/92\/2014\/06\/14y5-_624770708.jpg 800w\" sizes=\"auto, (max-width: 423px) 100vw, 423px\" \/><\/a><figcaption id=\"caption-attachment-13144\" class=\"wp-caption-text\">Die pragtige boerboel, Mia, wat met haar lewe moes boet omdat sy haar eienaar se huis wou oppas. Booswigte het by drie huise in Pleinstraat die gevreesde Temic-gif oor mure gegooi.<\/figcaption><\/figure>\n<p>Kort daarna het altwee die honde ook siek geword en moes inderhaas veearts toe geneem word vir behandeling.<\/p>\n<p>Mnr. Van der Westhuizen s\u00ea sowat nege dae voor die honde vergiftig is, het diewe sy kind se fiets uit die motorhuis gesteel. Die oggend van die diefstal het hy &#8216;n afgerolde toiletpapier wat in &#8216;n bondel voor sy huis gel\u00ea het, gekry.<\/p>\n<p>&#8220;Hoe slaap mens ooit weer rustig? Jy is te bang hulle kom terug!&#8221; het hy woedend ges\u00ea.<\/p>\n<p>\u2022 Temic word ook die &#8220;Two Step&#8221;-gif genoem, omdat dit so gou die dier se dood veroorsaak.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Booswigte wat die gevreesde gif, Temic, oor mure gooi om honde te vergiftig sodat hulle kan inbreek, het in die vroe\u00eb oggendure by drie huise in Pleinstraat toegeslaan.<\/p>\n","protected":false},"author":1848,"featured_media":13145,"comment_status":"open","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"hasGravity":false,"cxt_article_byline":"Daleen Naude","cxt_disable_google_ads":false,"footnotes":""},"categories":[],"tags":[846,1637,1639,1638,1642,1640,1641,843],"class_list":["post-13141","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","tag-diewe","tag-dogs","tag-gif","tag-honde","tag-pleinstraat-middelburg","tag-poison","tag-temic","tag-thieves"],"category_labels":null,"tag_labels":["diewe","dogs","Gif","honde","Pleinstraat Middelburg","poison","Temic","Thieves"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/13141","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/users\/1848"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=13141"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/13141\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/media\/13145"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=13141"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=13141"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=13141"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}