{"id":12907,"date":"2014-06-23T00:00:00","date_gmt":"2014-06-22T22:00:00","guid":{"rendered":"http:\/\/echonews.sites.caxton.co.za\/12907\/die-koos-nie-onder-haar-bed-2\/"},"modified":"2014-06-23T14:39:09","modified_gmt":"2014-06-23T12:39:09","slug":"die-koos-nie-onder-haar-bed-2","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/news-headlines\/2014\/06\/23\/die-koos-nie-onder-haar-bed-2\/","title":{"rendered":"Di\u00e9 &#8216;koos&#8217; nie onder haar bed!"},"content":{"rendered":"<p>Me. Tina Botha (69) vertel trots dat haar ma di\u00e9 pot gekoop het by &#8216;n antieke winkel in Viljoenskroon en dit later vir haar gegee het.<\/p>\n<p>Die pot het al die jare perfek behoue gebly (wat sekerlik beteken dat hy nooit gebruik is nie?).<\/p>\n<p>Dit is egter nie die enigste interessante oudhede wat me. Botha ge\u00ebrf het nie. Haar huis lyk soos &#8216;n antieke winkel.<\/p>\n<p>Langs die koos staan &#8216;n blou enamel waskan wat nog behoort het aan haar oupa-hulle. &#8220;Ons het self nog daarin gewas toe ons kinders was.<\/p>\n<p>Dit is beslis meer as 100 jaar oud.&#8221;<\/p>\n<p>Die riempiestoel in die hoek het haar man, Phillip, se oupa met die hand gemaak en hulle is oortuig dat ook di\u00e9 stoel meer as 100 jaar oud kan wees.<\/p>\n<p>Twee pragstoele wat eens deel was van &#8216;n eetkamerstel staan uitgestal teen die muur.<\/p>\n<p>Die rugleunings het uitgekerfde blompatrone op en die leersitplekke is nog met fyn spykertjies vasgeslaan.<\/p>\n<p>Sy vryf liefderyk oor &#8216;n perfek behoue waskan en bypassende beker wat sy ook by haar ma gekry het as jong vrou.<\/p>\n<p>In die vertoonkas is daar alles van die fynste parfuumhouertjies tot piepklein teestelletjies.<\/p>\n<p>Daar is egter \u00e9\u00e9n teestel wat dadelik die aandag trek. Dit is papierdun pienk porselein aan die buitekant met perlemoenkleure wat met die lig speel aan die binnekant.<\/p>\n<p>Sy het die teestel as trougeskenk in 1963 gekry en die hele stel is nog behoue.<\/p>\n<p>Daar is sowaar ook &#8216;n duimgrootte waskannetjie met beker wat sy in 1988 gekoop het met die 150ste herdenking van die Groot Trek.<\/p>\n<p>Nadat sy die geskiedenisdeure toegemaak het, sien &#8216;n mens die vreemde deurstopper eers raak. Dit lyk dan soos &#8216;n kanonpunt!<\/p>\n<p>&#8220;O ja, ek het di\u00e9 vreemde kanonpunt in 1966 gekry in &#8216;n ou huis wat ons in Frankfort gekoop het. Ek gebruik hom maar as &#8216;n deurstopper.&#8221;<\/p>\n<p>Daar is snaakse tekens en syfertjies aan die onderkant gegraffeer (moontlik &#8216;n ander taal), wat na alle waarskynlikheid uit een van die w\u00eareldoorlo\u00eb dateer.<\/p>\n<p>\u2022 As iemand weet of dit wel &#8216;n kanonpunt is en die moontlike herkoms daarvan, bel Daleen Naude by die Middelburg Observer by 013 243 1434.<\/p>\n<p>\u2022 Persone wat ou staaltjies van die dorp wil vertel of artikels van geskiedkundige waarde het wat hulle vir die gemeenskap wil wys, kan Daleen by die nommer kontak.<\/p>\n<p>Daar kan ook eposse gestuur word na daleen@mobserver.co.za.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Vroe\u00ebr jare het die mense die &#8216;koos&#8217; onder die bed gehou omdat die longdrop darem baie ver was, maar hierdie pot hou sy uitgestal op haar tafel, want dit was dan &#8220;C. Louis Leipoldt se piepiepot!&#8221;<\/p>\n","protected":false},"author":1848,"featured_media":12908,"comment_status":"open","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"hasGravity":false,"cxt_article_byline":"XXXXX","cxt_disable_google_ads":false,"footnotes":""},"categories":[7,2],"tags":[],"class_list":["post-12907","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-local-news","category-news-headlines"],"category_labels":{"Category":"News","SubCategory":"Local news"},"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/12907","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/users\/1848"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=12907"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/12907\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/media\/12908"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=12907"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=12907"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=12907"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}