{"id":12859,"date":"2014-06-19T00:00:00","date_gmt":"2014-06-18T22:00:00","guid":{"rendered":"http:\/\/echonews.sites.caxton.co.za\/12859\/hts-kry-elektroniese-bord\/"},"modified":"2014-06-23T08:49:12","modified_gmt":"2014-06-23T06:49:12","slug":"hts-kry-elektroniese-bord","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/news-headlines\/2014\/06\/19\/hts-kry-elektroniese-bord\/","title":{"rendered":"HTS kry elektroniese bord"},"content":{"rendered":"<p>Motoriste wat die afgelope paar weke verby die skool se hoofingang in Samora Machelstraat gery het, het gesien hoe daar stelselmatig \u2019n groot elektroniese bord net langs die A-rugbyveld verrys het.<\/p>\n<p>En &#8211; verskoon asseblief die Engels &#8211; dit is nogal \u2019n cool toevoeging tot die Rooies se perseel.<\/p>\n<p>Die bord van by die 16m\u00b2 sal hoofsaaklik as telbord by die Cravenweek ingespan word. Di\u00e9 nasionale ho\u00ebrskoolrugbyweek word van 13 tot 19 Julie by die skool aangebied.<\/p>\n<p>Soos die meeste aanbouings in die Dolf Jonker-era, is die bord egter meerdoelig. Buiten die telbordfunksie, kan dit ook videomateriaal hanteer. \u2019n Funksie wat perfek is vir hoogtepunte en kykweer-beeldsendings tydens die week.<\/p>\n<p>Selfs gedurende gewone skoolwedstryde kan die Rooi Bulle se kameramanne hul televisiekameras s\u00f3 instel dat die aksie op die bord reflekteer. Boonop kan operateurs die tellings aan die rol hou vanuit die Glaskas &#8211; \u2019n gebou heeltemal aan die oorkant van die veld.<\/p>\n<p>N\u00f3g \u2019n meevallertjie is dat die bord 180\u00b0 kan draai. Die beeld kan dus sigbaar wees vir verkeer in Samora Machelstraat en die skool kan die bord vir inligting- en advertensiedoeleindes aanwend.<\/p>\n<p>\u201cInligting soos oueraande en wedstrydprogramme kan dan maklik vir die publiek sigbaar wees. Ons kan ook erkenning aan leerlinge gee deur byvoorbeeld die foto\u2019s van die top 10 akademiese presteerders daarop te plaas,\u201d het mnr. Dolf Jonker, skoolhoof, ges\u00ea.<\/p>\n<p>Advertensies en bemarking sal ook gebeeldsend word, maar die hoofdoel is om skoolinligting aan die publiek te kommunikeer.<\/p>\n<p>\u2022 Nashua is die borg van die elektroniese bord en as alles volgens plan verloop, behoort die bou- en oprigtingswerk Vrydag (vandag) klaar te wees.<\/p>\n<p>\u2022 Ander aanbouings vir die Cravenweek is ook nou in die laaste pylvak. Finale afrondings aan die Glaskas en uitsaailokaal behoort binnekort voltooi te wees. Die week voor die aksie afskop, sal tente en stalletjies vir onder andere die verskillende borge en universiteite opgeslaan word.<\/p>\n<p>\u201cOns is baie opgewonde oor die week. Dit sorg wel vir bietjie van \u2019n hol kol op jou maag, maar dit skep ongelooflike energie!\u201d<\/p>\n<p>\u2022Die Middelburg Observer gaan \u2019n spesiale bylaag publiseer met alles en nog wat oor die Cravenweek. Adverteerders kan een van ons op en wakker verteenwoordigers bel, om deel te wees van die aksie.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die landskap by HTS Middelburg is w\u00e9\u00e9r aan\u2019t verander.<\/p>\n","protected":false},"author":1848,"featured_media":12860,"comment_status":"open","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"hasGravity":false,"cxt_article_byline":"Johann Gresse","cxt_disable_google_ads":false,"footnotes":""},"categories":[2,10],"tags":[1634,1632,1061,1633],"class_list":["post-12859","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-news-headlines","category-local-school-news","tag-advertensies","tag-elektroniese-borde","tag-hts-middelburg","tag-skole"],"category_labels":{"Category":"News","SubCategory":"Schools"},"tag_labels":["advertensies","Elektroniese Borde","HTS Middelburg","Skole"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/12859","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/users\/1848"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=12859"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/12859\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/media\/12860"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=12859"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=12859"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=12859"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}