{"id":123548,"date":"2020-05-21T15:00:41","date_gmt":"2020-05-21T13:00:41","guid":{"rendered":"https:\/\/mobserver.co.za\/?p=123548"},"modified":"2020-05-21T08:15:10","modified_gmt":"2020-05-21T06:15:10","slug":"pastore-ruk-op-na-polisiestasie","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/news-headlines\/2020\/05\/21\/pastore-ruk-op-na-polisiestasie\/","title":{"rendered":"Pastore ruk op na polisiestasie"},"content":{"rendered":"<p>Kaptein Khanyesile Zwane s\u00ea die staatskoerant is duidelik dat niemand by kerke mag saamdrom nie, maar dat daar wel \u2019n maksimum van 50 begrafnisgangers by die graf mag saamkom.<\/p>\n<p>Middelburg se kerkleiers het Maandag op die aanklagkantoor toegesak, nadat daar Sondag afskeid geneem is van die voorsitter van die raad van medieseskemas, dr. Clarence Mini, in \u2019n kerk in Fourways, met dr. Zweli Mkhize, Lindiwe Sisulu en dr. Aaron Motsoaledi teenwoordig.<\/p>\n<p>Dr. Mini is op 12 Mei oorlede aan Covid-19 verwante oorsake, na meer as \u2019n maand in die hospitaal met die virus.<br \/>\nSy oorskot en kis was voor in die kerk, waar daar wel sosiale afstand tussen begrafnisgangers gehou is.<\/p>\n<p>Dr. Tinus van der Merwe van die Lighuis gemeente s\u00ea dat hulle op gepaste manier van pastoor Fanie Cronj\u00e9 se pa, mnr. Johannes Jacobus Cronj\u00e9, wat aan natuurlike oorsake oorlede is, afskeid wou neem met \u2019n diens in die kerk.<\/p>\n<p>Bywoning is beperk tot 50 mense wat elk twee meter van mekaar af moes bly, en nie verversings na die diens kon geniet nie.<br \/>\nDie kerk is ontsmet en die nodige beskermingsmiddels soos maskers en handskoene was beskikbaar.<\/p>\n<p>Die begrafnis sou verlede Saterdag plaasvind, maar Vrydag is dr. Van der Merwe laat weet dat die kerkdiens nie toegelaat sal word nie.<\/p>\n<p>\u201cEk kan nie kommentaar lewer of die ministers reg of verkeerd was om die begrafnisdiens by te woon nie, ons werk streng volgens die staatskoerant regulasies wat enige kerkdiens verbied,\u201d het kaptein Zwane Dinsdag, na Maandag se vergadering met die kerleiers, ges\u00ea.<\/p>\n<p>Stasiebevelvoerder, brigadier Thandi Jiyane, was ook teenwoordig.<\/p>\n<p>\u201cMinisters en regeringslui kan begrafnis hou maar ons nie, waar is die regverdigheid, is een Suid-Afrikaner dan belangriker as \u2019n ander?\u201d vra dr. Van der Merwe.<\/p>\n<p>Kaptein Zwane het onderneem om die kwessie by Dinsdagaand se vergadering met die munisipaliteit, nooddienste, SANDF en ander wetstoepassers, op die besprekingslys te plaas, \u201cmaar tans is dit duidelik, geen kerkdienste nie!\u201d.<\/p>\n<p>Kaptein Zwane is egter op die hoogste vlak van die SAPD weerspreek.<br \/>\n<b><\/b><\/p>\n<p><b>www.mobserver.co.za\u00a0<\/b>het met brigadier Mathapelo Peters gepraat, wat ges\u00ea het dat daar n\u00earens staan waar begrafnisdienste gehou mag word nie.<br \/>\nSy s\u00ea egter dat streng maatre\u00ebls oor bywoning, soos wie daar mag wees tot en met 50 persone, geld.<\/p>\n<p>\u201cDaar staan n\u00earens dat begrafnisdienste nie in kerke gehou mag word nie, maar net direkte familielede, aangetroudes en mense wat hegte sielkundige en emosionele bande met die oorledene gehad het, tot \u2019n maksimum van 50 persone, sal toegelaat word,\u201d s\u00ea brigadier Peters.<\/p>\n<p>Permitte word intussen ook nog deur die polisie en landdroshowe uitgereik, aan mense wat vir begrafnisdienste wil reis.<\/p>\n<p>\u201cOns sal hou by die re\u00ebls, maar dan moet die re\u00ebls vir almal dieselfde wees, ministers ook,\u201d s\u00ea dr. Van der Merwe.<\/p>\n<p>Hy versoek dat die ministerie duidelike direktiewe landwyd uitreik wat die polisiediens op dieselfde golflengte sal bring.<\/p>\n<p>\u201cDis duidelik die regering praat nie uit een mond nie\u201d.<\/p>\n<p>\u2022Die dorp se leraars s\u00ea virtuele dienste trek ook nie meer aandag nie, omdat inwoners \u2019n behoefte aan menslike kontak het, \u201cdit sluit begrafnisse in,\u201d s\u00ea dr. Van der Merwe.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die polisie het die week gewaarsku dat geen begrafnisse in kerke toegelaat sal word nie, en dat diegene wat dit bywoon, gearresteer sal word.<\/p>\n","protected":false},"author":8164,"featured_media":63412,"comment_status":"open","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"hasGravity":false,"cxt_article_byline":"Gerhard Rheeder","cxt_disable_google_ads":false,"footnotes":""},"categories":[7,2],"tags":[10367,24847,24849,10450,10366,24848],"class_list":["post-123548","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-local-news","category-news-headlines","tag-betroubare-nuus","tag-geen-begrafnisse-onder-inperkings","tag-kerke-sak-toe-op-polisiestasie-oor-begrafnis-verbod","tag-middelburg-nuus","tag-plaaslike-nuus","tag-polisie-dreig-om-begrafnisgangers-te-arresteer"],"category_labels":{"Category":"News","SubCategory":"Local news"},"tag_labels":["betroubare nuus","geen begrafnisse onder inperkings","kerke sak toe op polisiestasie oor begrafnis verbod","middelburg nuus","plaaslike nuus","polisie dreig om begrafnisgangers te arresteer"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/123548","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/users\/8164"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=123548"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/123548\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/media\/63412"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=123548"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=123548"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=123548"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}