{"id":123508,"date":"2020-05-19T12:59:26","date_gmt":"2020-05-19T10:59:26","guid":{"rendered":"https:\/\/mobserver.co.za\/?p=123508"},"modified":"2020-05-19T12:59:26","modified_gmt":"2020-05-19T10:59:26","slug":"polisiemanne-vat-gesin-in-nood-se-kos-terwyl-kleinkinders-moet-toekyk","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/news-headlines\/2020\/05\/19\/polisiemanne-vat-gesin-in-nood-se-kos-terwyl-kleinkinders-moet-toekyk\/","title":{"rendered":"Polisiemanne vat gesin in nood se kos terwyl kleinkinders moet toekyk"},"content":{"rendered":"<p>Die ergste is dat \u2019n familie, waaronder twee kleinkinders van vyf en 12, moes toekyk hoe word hulle koshulp weer die huis uitgedra.<\/p>\n<p>\u2019n 53-Jarige man beweer die voorval het \u2019n Dinsdagaand twee weke gelede plaasgevind.<br \/>\nHy is vreesbevange vir intimidasie en wil nie sy identiteit bekend maak nie.<\/p>\n<p>Nadat \u2019n apteker gister van sy verhaal gehoor het, is <strong>www.mobserver.co.za<\/strong> gekontak \u201csodat die w\u00eareld moet weet van die polisie se wangedrag\u201d.<\/p>\n<p>Die slagoffer vertel dat daar \u2019n vrou in hulle omgewing bly, wat dit haar missie maak om die polisie te skakel, wanneer tuinwerkers of huishulpe werk en hy vermoed dit is dieselfde vrou wat die polisie gebel het toe hulle kospakkies afgelewer is.<\/p>\n<p>Hy het nie gevra watter organisasie help hulle nie.<\/p>\n<p>Weens die inperking het sy kontrakte om huisverbeteringe te doen, opgedroog en gaan dit broekskeur.<\/p>\n<p>Hy beweer dat drie polisiemanne aan die deur geklop het kort na die kospakkies laataand afgelewer is.<\/p>\n<p>Die drie polisiemanne het glo geweier om hulself te identifiseer en gevra of \u201cdit witmense is\u201d wat die kos afgelewer het.<\/p>\n<p>Hulle het ges\u00ea die kos moet na \u2019n sentrale punt op die dorp geneem word, anders is die verspreiding daarvan onwettig.<\/p>\n<p>Die polisiemanne het die kos en ook ander kos wat in die huis was, gevat.<\/p>\n<p>\u201cEk het my respek heeltemal vir die polisie verloor,\u201d s\u00ea die man.<\/p>\n<p>Hy is later na die polisiestasie om \u2019n klag te l\u00ea, waar \u2019n polisieman glo sy selfoon uit sy hand geklap en die gesprek uitgewis het, wat hy besig was om op te neem.<br \/>\nSoortgelyke voorvalle het glo in Mineralia plaasgevind, maar die inwoners is te bang om daaroor te praat.<\/p>\n<p>Mnr. Llewellyn Hemmens, Afriforum se veiligheid ko\u00f6rdineerder, Noord Streek, het die slagoffer bygestaan.<\/p>\n<p>Hy s\u00ea daar is \u2019n goeie gesprek met die Middelburg Polisie gevoer, wat die vinger wys na \u2019n buurstasie en aangebied het om die man by te staan sodat die klagte verder gevoer kan word.<\/p>\n<p>Die betrokke polisiemanne is volgens alle aanduidings ook by ander soortgelyke voorvalle betrokke.<\/p>\n<p>\u201cOns gaan druk op albei polisiestasies plaas om te sorg dat die voorval nie onder die tafel ingevee word nie,\u201d het mnr. Hemmens ges\u00ea.<\/p>\n<p>Kaptein Khanisile Zwane, polisie woordvoerder, is genader vir kommentaar maar het nog nie na\u00a0<b>www.mobserver.co.za<\/b>\u00a0teruggekeer nie.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Om in hierdie tye van kospakdonasies afhanklik te wees, is vir sommige mense \u2019n bitter belewenis. Wanneer jy moet toekyk hoe daardie kospakkies deur drie polisiemanne oomblikke later weggedra word, skree ten hemele.<\/p>\n","protected":false},"author":8164,"featured_media":73091,"comment_status":"open","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"hasGravity":false,"cxt_article_byline":"Tobie van den Bergh","cxt_disable_google_ads":false,"footnotes":""},"categories":[7,2],"tags":[10367,24817,24816,24814,10450,10366,24815],"class_list":["post-123508","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-local-news","category-news-headlines","tag-betroubare-nuus","tag-honger-gesin-beskuldig-polisie-van-rassisme-na-kospakkies-weggeneem-is","tag-honger-kinders-kyk-toe-hoe-polisie-kosskenkings-konfiskeer","tag-kospakkies-by-hongergesin-deur-polisie-gekonfiskeer","tag-middelburg-nuus","tag-plaaslike-nuus","tag-polisiemanne-vat-gesin-in-nood-se-kos"],"category_labels":{"Category":"News","SubCategory":"Local news"},"tag_labels":["betroubare nuus","honger gesin beskuldig polisie van rassisme na kospakkies weggeneem is","honger kinders kyk toe hoe polisie kosskenkings konfiskeer","kospakkies by hongergesin deur polisie gekonfiskeer","middelburg nuus","plaaslike nuus","polisiemanne vat gesin in nood se kos"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/123508","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/users\/8164"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=123508"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/123508\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/media\/73091"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=123508"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=123508"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=123508"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}