{"id":12340,"date":"2014-06-12T00:00:00","date_gmt":"2014-06-11T22:00:00","guid":{"rendered":"http:\/\/echonews.sites.caxton.co.za\/12340\/in-konvooi-deur-mosambiek\/"},"modified":"2014-06-12T12:48:06","modified_gmt":"2014-06-12T10:48:06","slug":"in-konvooi-deur-mosambiek","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/uncategorized\/2014\/06\/12\/in-konvooi-deur-mosambiek\/","title":{"rendered":"VIDEO: In konvooi deur Mosambiek"},"content":{"rendered":"<p>Middelburg inwoner, Ruhan Potgieter, vertel hoe dit voel om deel van \u2019n konvooi te wees wat in kruisvuur vasgevang is.<\/p>\n<p>Mnr. Potgieter, wat langafstand vervoer doen, s\u00ea dat hy meestal produkte vir Nestle of konstruksie maatskappye vanaf Suid-Afrika op vat na die noorde van Mosambiek.<\/p>\n<p>Hy s\u00ea alle voertuie wat tussen Rio Save en Muxungue reis, in konvooi moet ry. Die roete is die enigste gangbare pad wat Maputo met die noorde van Mosambiek verbind. Die konvooi verlaat sekere punte op sekere tye en daar is soms tot 250 voertuie daarin. Mnr. Potgieter s\u00ea die langste konvooi waarin hy gery het was omtrent \u2019n kilometer lank.<\/p>\n<p>Die groep reisigers word beskerm deur weermag voertuie aan die voor- en agterpunt. Van die weermaglede ry saam met burgerlikes. Maar dit, meen mnr. Potgieter, moet jou nie noodwendig veiliger laat voel nie.<\/p>\n<p>\u201cHulle het aan die begin saam voor in die trokke en agterop die bak gery. Maar die ouens het begin kla omdat dit veroorsaak dat hulle geteiken word in aanvalle. Nou s\u00ea jy maar net nee as iemand van die weermag jou vra of hy kan saamry en hoop hy beweeg aan.\u201d<\/p>\n<p>Mnr. Potgieter s\u00ea dat hy met een rit amper twee en \u2019n half uur gestaan en wag het nadat daar op twee verskillende plekke skermutselings was waarin die konvooi aangeval is. Renamo magte teiken veral die voorpunt omdat daar weermaglede in van die vinniger voertuie versteek is.<\/p>\n<p>Toe die geveg oor was kon hulle verder ry, maar nie voor \u2019n privaatvoertuig wat flenters geskiet is uit die pad gesleep is nie. Op die padoppervlak het daar \u2019n see patroondoppies gel\u00ea.<\/p>\n<p>Hulle moes tydens \u2019n ander reis om \u2019n meter bre\u00eb sloot ry, wat dwars oor die teerpad gegrou is. Patroondoppies wat gesaai gel\u00ea het was weereens getuie van \u2019n skermutseling.<\/p>\n<p>Mnr. Potgieter s\u00ea dat hy gesien het hoe \u2019n weermagvoertuig met versteekte weermaglede op die bak verby jaag net om \u2019n rukkie later terug te jaag van waar hulle gekom het met \u2019n gewonde soldaat agterop.<\/p>\n<p>Die plaaslike vragmotorbestuurders in Mosambiek meen jy moet saam met sekere minibus taxi\u2019s ry wat mense van Gauteng af vervoer. Dit is glo omdat baie van die Renamo soldate se families op die manier huistoe kom en hulle gevegte waarin insittendes van die voertuie beseer kan word, vermy.<\/p>\n<p>\u2019n Weermagbasis is by \u2019n brug halfpad op die konvooi roete opgerig. As Renamo rebelle daarin sou slaag om die brug op te blaas, sal hulle die noorde en die suide van mekaar skei. Net soos wat hul leier, Afonso Dhlakama, onlangs gedreig het om te doen.<\/p>\n<p>Mnr. Potgieter het laas week Dinsdag 3 Junie vir die laaste keer in die gevaarlike konvooi gery.<\/p>\n<p>As daar geskiet word en jy ry in \u2019n trok moet jy plat op die sitplek gaan l\u00ea. As jy in \u2019n kleiner voertuig ry moet jy uitspring en plat op die teerpad l\u00ea.<\/p>\n<p>\u201cDie gras is lank en hulle kruip daarin weg. As jy op die teerpad l\u00ea gaan hulle jou nie so maklik raaskien as jy plat op die grond l\u00ea nie.\u201d<\/p>\n<p>Hy is tans in Mosambiek. Die kontrak wat hy het om goedere te karwei maak nou klaar.<\/p>\n<p>Hy meen dat hy in die toekoms eerder van \u2019n alternatiewe roete deur Zimbabwe gebruik sal maak.<\/p>\n<p>Dit is dalk 200 kilometer langer, maar dit hou volgens hom heelwat minder risiko in dat jy dalk deur \u2019n dwaalkoe\u00ebl getref kan word.<\/p>\n<p>Sien Video hier:<\/p>\n<p><iframe loading=\"lazy\" title=\"Mozambican convoy under attack by Renamo guerillas\" width=\"500\" height=\"375\" src=\"https:\/\/www.youtube.com\/embed\/Kjgs-TK03ZQ?feature=oembed\" frameborder=\"0\" allow=\"accelerometer; autoplay; clipboard-write; encrypted-media; gyroscope; picture-in-picture; web-share\" referrerpolicy=\"strict-origin-when-cross-origin\" allowfullscreen><\/iframe><\/p>\n<p>\u2022 Mosambiekse televisiestasie STV het berig dat daar by die Muxunge hospitaal minstens tien mense vir skietwonde behandel is waarvan een dood is. Volgens hulle is daar in die laaste week tien mense dood, wat soldate en burgerlikes insluit.<\/p>\n<p>\u2022 Vanaf 1 Junie word die konvooi wat op die noord-suid hoofweg beweeg, daagliks aangeval.<\/p>\n<p>\u2022 Al word reis in sentraal Mosambiek tussen Save en Muxunge net voorgestel indien dit absoluut noodsaaklik is, is die suide van Mosambiek veilig vir toeriste met geen voorvalle van konflik wat aangemeld is nie.<\/p>\n<p>\u2022 Gevegte tussen Frelimo en Renamo het sedert Oktober 2013 opgevlam nadat \u2019n vredesooreenkoms wat in 1992 tussen die twee magte geteken is deur Renamo be\u00ebindig is.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Skote klap weer en meer as tien mense is al dood en net soveel is beseer vandat die wapenstilstand tussen Mosambiek se Frelimo weermag en die Renamo guerillas twee weke gelede tot \u2019n einde gekom het.<\/p>\n","protected":false},"author":1848,"featured_media":12341,"comment_status":"open","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"hasGravity":false,"cxt_article_byline":"Jana Boshoff","cxt_disable_google_ads":false,"footnotes":""},"categories":[],"tags":[1049,1583,1584,1088],"class_list":["post-12340","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","tag-danger","tag-mosambiek","tag-skote-klap","tag-warning"],"category_labels":null,"tag_labels":["danger","Mosambiek","Skote klap","warning"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/12340","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/users\/1848"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=12340"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/12340\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/media\/12341"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=12340"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=12340"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=12340"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}