{"id":12322,"date":"2014-06-12T00:00:00","date_gmt":"2014-06-11T22:00:00","guid":{"rendered":"http:\/\/echonews.sites.caxton.co.za\/12322\/pasop-vir-meevaller\/"},"modified":"2014-06-12T09:19:13","modified_gmt":"2014-06-12T07:19:13","slug":"pasop-vir-meevaller","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/news-headlines\/2014\/06\/12\/pasop-vir-meevaller\/","title":{"rendered":"Pasop vir meevaller"},"content":{"rendered":"<p>Boewe weet ook van die verwikkelinge, al is hulle nou nie juis getroue belasting betalers nie.<\/p>\n<p>\u2019n Epos van Sars eFiling wat jou in kennis stel dat jy \u2019n paar duisend Rand ryker is mag dalk nie so verdag voorkom soos wat dit andersins sou nie.<\/p>\n<p>Veral omdat die afsender van die e-pos dan Sars.eFiling is.<\/p>\n<p>Wat verder help om die wolf in skaapklere te verdoesel is die feit dat die afsender adres pmt.msg@sars.gov.za is.<\/p>\n<p>Hoe kan dit dan vals wees as dit van \u2019n skynbaar geldige Sars epos afkomstig is?<\/p>\n<p>Gauteng woordvoerder Adam Lackey s\u00ea dat daar verskeie bedrogskemas is waarvan hulle bewus is.<\/p>\n<p>Bedrie\u00ebrs skep vals webwerwe wat baie na die ware Jakob lyk.<\/p>\n<p>Hy meen dat jy nie uit die bloute \u2019n gelukkie van SARS deur middel van \u2019n e-pos sal kry nie.<\/p>\n<p>Jou bank sal jou in kennis stel as daar geld inbetaal word en nie Sars nie.<\/p>\n<p>\u201cAs jy enige van jou besonderhede wil verander of as ons van jou verwag om dit te verander sal jy fisies moet inkom met jou identiteitsboekie. Ons sal jou nooit vir enige persoonlike inligting oor die foon of oor \u2019n e-pos vra nie.\u201d<\/p>\n<p>Hy s\u00ea ook dat as jy jou belasting opgawe ingee jy al \u2019n goeie idee sal h\u00ea van hoeveel geld jou kant toe sal kom. Daar sal dus bittermin welkome verassing wees waarvan jy nie bewus is nie.<\/p>\n<p>As jy so \u2019n e-pos ontvang en lont ruik kan jy op die Sars webwerf www.sars.gov.za gaan kyk vir \u2019n lys van die nuutste skelmstreke waarvan Sars bewus is. Kliek net op die \u201cReport a scam\u201d skakel.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Dit is tyd vir belasting opgawes wat baie maal beteken dat daar \u2019n welkome meevaller na jou kant toe oppad is of dat jy dalk met \u2019n swaar boete gestraf gaan word.<\/p>\n","protected":false},"author":1848,"featured_media":12336,"comment_status":"open","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"hasGravity":false,"cxt_article_byline":"","cxt_disable_google_ads":false,"footnotes":""},"categories":[2885,2],"tags":[9,1574,1575],"class_list":["post-12322","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-local-crime-news","category-news-headlines","tag-local-crime-news","tag-e-filing","tag-tax-payments"],"category_labels":{"Category":"News","SubCategory":"Crime News"},"tag_labels":["Crime","E-filing","Tax payments"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/12322","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/users\/1848"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=12322"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/12322\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/media\/12336"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=12322"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=12322"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=12322"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}