{"id":12301,"date":"2014-06-17T00:00:00","date_gmt":"2014-06-16T22:00:00","guid":{"rendered":"http:\/\/echonews.sites.caxton.co.za\/12301\/baksteenrower-se-spoor-van-geweld\/"},"modified":"2014-06-20T12:20:46","modified_gmt":"2014-06-20T10:20:46","slug":"baksteenrower-se-spoor-van-geweld","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/news-headlines\/2014\/06\/17\/baksteenrower-se-spoor-van-geweld\/","title":{"rendered":"Opvolg: Baksteenrower se spoor van geweld"},"content":{"rendered":"<p>Die vrou het een aanvaller tydens \u2019n uitkenningsparade in Hendrina ge\u00efdentifiseer as een van die vyf gewapendes wat haar en haar gesin op 13 Mei in hul huurhuis oorval het.<\/p>\n<p>Die verdagte, wie se naam nie nou al bekendgemaak kan word nie, weens sy moontlike verbintenis met \u2019n string ander geweldsmisdade, is twee weke terug deur die polisie aangekeer vir die bendeverkragting van \u2019n vrou in \u2019n vlaag gewelddadige aanvalle by die kibboets op die Vandyksdriftpad.<\/p>\n<p>Volgens Carina Brits, wat moes toekyk hoe die aanvallers haar man skop en slaan in die teenwoordigheid van hul drie kinders, onderskeidelik 8, 5 en 3-jaar oud, was die rower wat sy uitgeken het die een met die halwe baksteen waarmee haar man, oor die kop geslaan is.<\/p>\n<p>Die ander vier rowers het almal handwapens gehad.<\/p>\n<p><a href=\"http:\/\/mobserver.co.za\/10744\/deur-rowers-geteister\/\">Carina het tydens \u2019n onderhoud met die Observer net na die aanval, ges\u00ea sy sal die man met die baksteen se gesig \u201cnooit ooit vergeet nie\u201d.<\/a><\/p>\n<p>Hy het ook gedurende die roof haar ringe, halssnoer en horlosie afgehaal met die woorde \u201cek is jammer, ek het ook drie kinders en het die geld nodig\u201d.<\/p>\n<p>Die rowers het hulle kort na 18:00 in hul huis oorval en die kinders gaan wakkerskud sodat hulle kon sien hoe hul ouers vasgebind op die grond vir meer as twee ure getreiter is.<\/p>\n<p>Johan is geskop en geslaan en nie een nie, maar twee afsonderlike wapens, het gestoor teen sy kop.<\/p>\n<p>\u2019n Wapen is ook teen hul huilende seuntjie (5) se kop gedruk.<\/p>\n<p>Kaptein Khanyisile Zwane het bevestig dat die man positief verbind word met die verkagting van die vrou op 27 April by haar huis op Rietfontein.<\/p>\n<p>Die vrou, een van drie in die huis, is soos die Brits egpaar oorval deur gewapende mans tydens \u2019n huisroof.<\/p>\n<p>Sy is na buite gesleep waar drie rowers haar om die beurt verkrag het.<\/p>\n<p>\u2019n Maand voor die verkragting is \u2019n inwoner van die Rietfontein kibboets tydens \u2019n aanval geskiet, en drie weke daarna, is pastoor Douglas Belcher, eienaar van die kibboets, bebloed deur rowers agter gelaat na \u2019n huisroof.<\/p>\n<p>Die moontlikheid dat die baksteenman ook met di\u00e9 aanvalle verbind kan word, word ondersoek.<\/p>\n<p>Die verkragtingslagoffer het die man dadelik herken.<\/p>\n<p>Die polisie formuleer nog \u2019n amptelike klagstaat teen die verdagte wat tans nog net vir verkragting aangekla is.<\/p>\n<p>gerhard@mobserver.co.za<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Slagoffers van die Pongolastraat huisroof waarin al hulle meubels gesteel is, het met \u2019n skok uitgevind hoe gelukkig hulle eintlik was dat die ma van drie, nie ook verkrag is nie.<\/p>\n","protected":false},"author":1848,"featured_media":12302,"comment_status":"open","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"hasGravity":false,"cxt_article_byline":"Gerhard Rheeder","cxt_disable_google_ads":false,"footnotes":""},"categories":[7,2],"tags":[1425,1497,9,1363,953],"class_list":["post-12301","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-local-news","category-news-headlines","tag-aerorand-middelburg","tag-break-in","tag-local-crime-news","tag-pongola-street","tag-rowers"],"category_labels":{"Category":"News","SubCategory":"Local news"},"tag_labels":["Aerorand Middelburg","break in","Crime","Pongola street","Rowers"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/12301","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/users\/1848"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=12301"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/12301\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/media\/12302"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=12301"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=12301"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=12301"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}