{"id":12271,"date":"2014-06-15T00:00:00","date_gmt":"2014-06-14T22:00:00","guid":{"rendered":"http:\/\/echonews.sites.caxton.co.za\/12271\/vryburg-stella-400\/"},"modified":"2014-06-13T09:53:32","modified_gmt":"2014-06-13T07:53:32","slug":"vryburg-stella-400","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/sports-news\/local-sports\/2014\/06\/15\/vryburg-stella-400\/","title":{"rendered":"Vryburg Stella 400"},"content":{"rendered":"<p>Die Nasionale Veldrenkampioenskap het Stella nie onlangs besoek nie en die Vryburg Stella 400 Bush 2 Bush-byeenkoms, wat ook die tweede ronde van die Noordelike Streekskampioenskap vorm, sal vir \u2018n gelyke speelveld sorg terwyl deelnemers kan uitsien na die 360 kilometer-ren in di\u00e9 woestynagtige omgewing in die Bophirima-streek wat vanwe\u00eb die groot beesboerderye ook as die \u2018Texas van Suid-Afrika\u2019 bekend staan.<\/p>\n<p>Die lae temperature (koue!) vroeg in die oggend wanneer die ren \u2018n aanvang neem, bied n\u00f3g \u2018n uitdaging aan ryers, maar die renorganiseerders beloof \u2018n genotvolle byeenkoms wat vanaf Stella, \u2018n klein dorpie ongeveer 45 kilometeter noord van Vryburg langs die R49, se bekende Beesfees-terrein plaasvind.<\/p>\n<p>Die tipe roete behoort die Botswana-motorfietsryer, Ross Branch (Brother KTM) soos \u2018n handskoen te pas.<\/p>\n<p>Branch is nou die algehele voorloper en lei ook die OR1 (Oopklas) n\u00e1 sy BELL 400-sege en n\u00f3g twee tweede plekke. Hy sal vir n\u00f3g goeie resultate tydens di\u00e9 byeenkoms mik wat bykans op sy voorstoep plaasvind. Bestendigheid het die verdedigende titelhouer,<\/p>\n<p>Kenny Gilbert (Proudly Bidvest Yamaha) tot die tweede plek agter Branch laat opskuif terwyl die vroe\u00ebre algehele en OR1-voorloper, Louwrens Mahoney (Brother KTM) tot die derde plek teruggeval het nadat hy ratkasprobleme tydens die derde ronde ondervind het.<\/p>\n<p>Mahoney het die beste rekord vir oorwinnings in Kalahari-tipe renne en sal mik om n\u00f3g \u2018n sege by sy lysie te voeg terwyl hy ook die OR1- en algehele voorloperposisie sal wil terugneem.<\/p>\n<p>In die vierwielafdeling het Brian Baragwanath (Team Rhide SA-Yamaha) se drie oorwinnings gesorg dat hy gerieflik voor is wat die algehele puntestand betref terwyl hy ook in die Q1-kampioenskap voor is. Die tweedegeplaasde David Hollis (Yamaha) sal egter die gaping na die voormalige kampioen wil verklein.<\/p>\n<p>N\u00e1 sy eerste podiumresultaat by die BELL 400, het die verdedigende Q2-kampioen, Justin Robert (Sign Wonder Racing-Suzuki) tot die derde plek algeheel opgeskuif terwyl hy nou ook Q2 lei.<\/p>\n<p>Alhoewel die gaping na Hollis (en Baragwanath) redelik groot is, sal n\u00f3g \u2018n goeie resultaat sy huidige posisie verstewig en indien enige van die voorlopers probleme ondervind, sal hy baat daaruit kan vind.<\/p>\n<p>Agter Robert kan \u2018n wilde geskarrel na punte plaasvind en die algehele posisies kan maklik verander. Baragwanath se spanmaat, Hannes Saaijman (Yamaha) het tot die vierde plek teruggeval nadat hy nie die BELL 400 kon voltooi nie en hy sal weer vir die algehele podium en die leiersposisie in Q2 mik.<\/p>\n<p>Russell Ferreira (PS Diamond Trailers-Honda) het die voortou in die Seniorklas geneem (hy is vyfde algeheel) met sy spanmaat, Stuart Freeman (Yamaha) \u2013 hy is agtste algeheel en tweede in die Seniorklas \u2013 wat nie n\u00f3g \u2018n meganiese probleem kan bekostig nie.<\/p>\n<p>Andr\u00e9 Park (Yamaha) het tot die sesde plek algeheel opgeskuif terwyl Andr\u00e9 du Plessis (Yamaha) tot die sewende plek teruggeval het met Willie Roos (Kawasaki) nou \u00f3\u00f3k op die Seniorklaspodium (derde).<\/p>\n<p>Roos het dieselfde hoeveelheid punte as Eric Williams (PS Extreme ATV Tzaneen-Yamaha) en rond die top tien af.<\/p>\n<p>Die verdedigende kampioen, Jurie Meyer (Yamaha Race Support) kon nie die afgelope twee byeenkomste voltooi nie en is nie meer in die top 10 nie, maar alhoewel \u2018n derde agtereenvolgende titel nou buite sy bereik is, sal hy weer vir goeie resultate tydens die laaste drie rondes van die 2014-reeks mik.<\/p>\n<p>Hy is tans agter Ted Barbier (Team Rhide SA-Yamaha) and Bertie Morton (Kawasaki) wat ook oor dieselfde hoeveelheid punte net buite die top 10 beskik.<\/p>\n<p>Terwyl net 11 punte die vierwielers tussen die vierde en 10de plekke algeheel skei, is daar \u2018n verskil van 20 punte tussen die OR3 (200cc)-voorloper, Louw Schmidt (Brother KTM) wat tot die vierde plek algeheel opgeskuif het n\u00e1 sy podiumresultaat by die BELL 400 en Jaycee Nienaber (Manhand Ridgeway-Yamaha) wat tiende algeheel en tweede in die OR2 (200cc)-kampioenskap is.<\/p>\n<p>Louw se spanmaat, Tyron Miller, lei steeds di\u00e9 klas, maar het van die vyfde posisie algeheel tot die agtste plek teruggeval nadat hy meganiese probleme by die BELL 400 ondervind het.<\/p>\n<p>Charan Moore (Kargo Racing Yamaha \u2013 OR1); Estiaan Steenkamp (FAST Powersport Husqvarna \u2013 OR2); Dillon Inggs (Kawasaki); Van Niekerk en Bernard McGee (McGee Lydenburg Yamaha) is net buite die algehele top 10 en sal hul posisies wil verbeter.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Deelnemers aan die Vryburg Stella 400, die vierde ronde van die Nasionale Veldrenmotorfiets- en vierwielmotorfietskampioenskap wat Saterdag (14 Junie) in die woestynagtige omgewing by Stella in die Noordwes Provinsie plaasvind, sal hul bes lewer om die maksimum hoeveelheid punte aan te teken en enige iets kan nog in die onderskeie kampioenskapsgevegte gebeur.<\/p>\n","protected":false},"author":1848,"featured_media":12272,"comment_status":"open","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"hasGravity":false,"cxt_article_byline":"xxxx","cxt_disable_google_ads":false,"footnotes":""},"categories":[11,2886],"tags":[],"class_list":["post-12271","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-local-sports","category-sports-news"],"category_labels":{"Category":"Sport","SubCategory":"Local sport"},"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/12271","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/users\/1848"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=12271"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/12271\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/media\/12272"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=12271"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=12271"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=12271"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}