{"id":12156,"date":"2014-06-11T00:00:00","date_gmt":"2014-06-10T22:00:00","guid":{"rendered":"http:\/\/echonews.sites.caxton.co.za\/12156\/my-beurt-2\/"},"modified":"2014-06-11T09:57:02","modified_gmt":"2014-06-11T07:57:02","slug":"my-beurt-2","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/opinion-edition\/blogs\/2014\/06\/11\/my-beurt-2\/","title":{"rendered":"My Beurt"},"content":{"rendered":"<p>Dit nou uit die mond van my jongste!<\/p>\n<p>In ons dae is idiomatiese vergelykings s\u00f3 in ons koppe ingedril, dat \u2019n mens dit jou spreektaal begin maak het en glip dit sowaar nog soms uit as ek met iemand praat (tot groot verleentheid van die kinders, want hulle weet gewoonlik nie kat van saffraan wat ma s\u00ea nie!).<\/p>\n<p>Ek kry sommer lag as ek \u2019n paar voorvalle onthou waar die kinders vinger teen die kop getik het (om natuurlik te wys ma is bietjie k\u00eans) as ek iets kwyt geraak het.<\/p>\n<p>Die jongste het iets aangevang (wat ma natuurlik tot vandag nie vir pa kan s\u00ea nie!) en \u2019n mens moet tog maar bietjie streng optree en klink. Die gesprek het min of meer as volg verloop.<\/p>\n<p>\u201cEk gaan nie jou kastaiings uit die vuur krap nie! Jy moet meer verantwoordelik wees!\u201d<\/p>\n<p>Dogter: \u201cHuh, waarvan pr\u00e1\u00e1t ma? Ek weet net van die kerk se pap en kaiings! En dit het niks uit te waai met wat nou aan die gang is nie!\u201c (Sy het seker bedoel dit het niks \u2018met die prys van eiers uit te waai nie.\u2019).<\/p>\n<p>Sit nou die dag in \u2019n restaurant en kyk hoe \u2019n paar mense uitgaan om te rook. \u201cEk het \u2019n kleintjie dood daaraan dat mense rook!\u201d<\/p>\n<p>Die groot o\u00eb van die kinders het gemaak dat ek vinnig sagter praat.<\/p>\n<p>Om die kinders bietjie meer openlik oor die Afrikaanse literatuur in te lig, besluit ons toe om dit \u2019n tema van bespreking een aand in die huis te maak. Wat natuurlik almal laat skreeu het van die lag, want gewoonlik vat dit \u2019n rukkie om die \u2018kloutjie by die oor te kry\u2019 oor waarom sekere goed se beskrywings dan juis s\u00f3 genoem word en almal van ons het \u201cprentjiebreine\u201d (soos die kinders dit noem).<\/p>\n<p>Die kinders verstaan darem \u201cdit re\u00ebn katte en honde\u201d en het al iewers gehoor dat \u201cjakkals trou met wolf se vrou\u201d iets daarmee te doen het dat die son skyn wanneer dit re\u00ebn.<\/p>\n<p>Hoe kan jy \u201cou koeie uit die sloot grawe\u201d as jy iets rep van \u2019n vorige argument?<\/p>\n<p>Steek jy te gou jou vinger in die klas op of lewer kommentaar is jy \u201cvoor op die wa\u201d, maar wil \u2019n knaap nie gou genoeg sy meisie verdedig nie, het hy kwansuis \u201cnie murg in sy pype nie!\u201d Is dieselfde meisie skielik nie ge\u00efnteresseerd nie, \u201cgee sy hom die koue skouer\u201d!<\/p>\n<p>Oor die liefde is daar veel te s\u00ea: \u201cHy flikvlooi by die nooi, die pad na \u2019n man se hart loop deur sy maag\u201d en natuurlik my gunsteling (as die vrou die broek in die huis dra), \u201cdie pantoffelregering\u201d.<\/p>\n<p>Maar o wee, daar is \u2019n paar uitdrukkings wat \u2019n mens maar laat wonder w\u00e1\u00e1r die oumense daaraan gekom het: \u201cdie aap uit die mou laat\u201d en \u201cledigheid is die duiwel se oorkussing!\u201d<\/p>\n<p>En wie sou kon raai dat \u201cArende vang nie vlie\u00eb nie\u201d iemand is wat hom nie ophou met onbenullighede nie!<\/p>\n<p>Die belangrikste wat die kinders onthou as hulle sakgeld kry, is natuurlik \u201cgeld wat stom is maak reg wat krom is\u201d (hier het niemand \u2019n verduideliking nodig gehad nie.<\/p>\n<p>Ek moet s\u00ea, ek voel soms soos \u201c\u2019n Vreemdeling in Jerusalem\u201d as die kinders hul tienertaal praat, (maar laat ons nou maar nie d\u00e1\u00e1r gaan krap nie!).<\/p>\n<p>Nou ja, van die \u201cos op die jas\u201d (daar begin ma sowaar alweer!), Afrikaans is \u2019n l\u00e9kker taal! Daardie woorde wat soos \u2019n tolbos oor jou tong kom rol en jou so warm om die hart laat word.<\/p>\n<p>En nou wil ek ter afsluiting nog net \u00e9\u00e9n stuiwer in die aambeurs gooi: ja dit is s\u00f3: Afrikaans en alles wat daarmee gepaard gaan is beslis \u201c\u2018n perd van \u2019n ander kleur!\u201d<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>\u201cMa moet ophou om sulke vreemde goed te s\u00ea en asseblief nie voor my maats nie, hulle sal dink Ma praat \u2019n ander taal!\u201d<\/p>\n","protected":false},"author":1848,"featured_media":12294,"comment_status":"open","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"hasGravity":false,"cxt_article_byline":"Daleen Naude","cxt_disable_google_ads":false,"footnotes":""},"categories":[17,509,2888],"tags":[1342,6],"class_list":["post-12156","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-blogs","category-editors-note","category-opinion-edition","tag-my-turn","tag-opinion-edition"],"category_labels":{"Category":"Opinion","SubCategory":"Blogs"},"tag_labels":["My Turn","Opinion"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/12156","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/users\/1848"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=12156"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/12156\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/media\/12294"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=12156"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=12156"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=12156"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}