{"id":121193,"date":"2020-05-03T12:00:28","date_gmt":"2020-05-03T10:00:28","guid":{"rendered":"https:\/\/mobserver.co.za\/?p=121193"},"modified":"2020-04-30T11:28:25","modified_gmt":"2020-04-30T09:28:25","slug":"my-beurt-jy-wonder-waaroor-wonder-jy","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/news-headlines\/2020\/05\/03\/my-beurt-jy-wonder-waaroor-wonder-jy\/","title":{"rendered":"My Beurt: Jy wonder waaroor wonder jy"},"content":{"rendered":"<p>Met die inperking wonder jy meer.<\/p>\n<p>Wonder verskil natuurlik elke paar jaar.<\/p>\n<p>As baba wonder jy hoe gaan dit moontlik wees om met doek en al van kruipstadium na loopstadium te vorder.<\/p>\n<p>Later wonder jy waar kom babas vandaan, want die storie van \u201cdie ooievaar bring hulle\u201d kan nie waar wees nie. Die hadidas wat in die tuin loop is te klein om \u2019n baba in vlug te dra en \u2019n ooievaar het jy nog nooit gesien nie.<\/p>\n<p>Laerskooltyd wonder jy oor ho\u00ebrskool.<\/p>\n<p>Ho\u00ebrskool wonder jy oor jou loopbaan, aanneme, bestuurderslisensie, die\u00a0<i>army\u00a0<\/i>en eksamens.<br \/>\nJy wonder oor liefde, di\u00e9 liefde.<\/p>\n<p>Wanneer jou horlosie op na twaalf staan, wonder jy oor alles wat agter twaalf l\u00ea.<br \/>\nSoms wonder jy sommer oor nietighede.<\/p>\n<p>Jy wonder verlede jaar wie was die seuntjie op die foto tussen twee groot slotte se bene wat jy op Loftus Versfeld afgeneem het.<\/p>\n<p>Die raaisel word verrassend opgelos. Die klein fotobommer is Fanie Groenewald, oud joernalistieke dosent aan die Tshwane Universiteit vir Tegnologie se seun Stephan.<\/p>\n<figure id=\"attachment_104989\" aria-describedby=\"caption-attachment-104989\" style=\"width: 520px\" class=\"wp-caption alignnone\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-medium wp-image-104989\" src=\"https:\/\/mobserver.co.za\/wp-content\/uploads\/sites\/92\/2019\/11\/komp22_32225-520x390.jpg\" alt=\"\" width=\"520\" height=\"390\" srcset=\"https:\/\/dwu32cgxelq1c.cloudfront.net\/local_newspapers\/sites\/92\/2019\/11\/komp22_32225-520x390.jpg 520w, https:\/\/dwu32cgxelq1c.cloudfront.net\/local_newspapers\/sites\/92\/2019\/11\/komp22_32225-270x203.jpg 270w, https:\/\/dwu32cgxelq1c.cloudfront.net\/local_newspapers\/sites\/92\/2019\/11\/komp22_32225-768x576.jpg 768w, https:\/\/dwu32cgxelq1c.cloudfront.net\/local_newspapers\/sites\/92\/2019\/11\/komp22_32225.jpg 800w\" sizes=\"auto, (max-width: 520px) 100vw, 520px\" \/><figcaption id=\"caption-attachment-104989\" class=\"wp-caption-text\">Die onbekende seuntjie loer tussen Krynauw en Johan Otto se bene deur, terwyl hulle die skrumskakel, Conrad Breytenbach, optel.<\/figcaption><\/figure>\n<p>Maar toe wonder jy oor die \u201cAWB seuntjie\u201d wat so kordaat en aanhoudend tydens \u2019n AWB-optog deur die dorp se strate geskreeu het: \u201cAWB!, AWB!, AWB!\u201d<\/p>\n<p>Die foto het later \u2019n prys gewen en was op uitstalling by \u2019n Kaapse koerantkonferensie toe die skrywer, Jeanne Goosen, stomverbaas was oor die jong knaap se politieke indoktrinasie. Aan die einde van die aand het sy gevra of sy die foto kan kry. Weet nou nog nie waarom nie. Nou wonder jy wat het van die foto geword nadat Jeanne oorlede is.<\/p>\n<p>Jy wonder veral wat het van die seuntjie geword?<br \/>\nKoerantmense is vol wonder.<\/p>\n<p>Tot vandag toe wonder jy oor die vrou wat jy in die lykshuis moes gaan uitken, nadat haar naasbestaandes nie navore gekom het nie en Adjudant Uys gevra het jy moet help. Wie het haar op die spoorlyn gegooi agt kilometer buite Witbank? Sal seker nooit weet nie.<\/p>\n<p>Wie het\u00a0<i>Observer\u00a0<\/i>korrespondent, Willie Brase, by Kranspoort doodgeskiet?<\/p>\n<p>Wie het die man vermoor wat in \u2019n vlak graf gekry is op die Jackaroo plotte?<\/p>\n<p>Wat het van jou laerskool maatjie, Derick van der Merwe, geword?<\/p>\n<p>Jy wonder waar is Jeanette Maclean, jou oud redakteur?<\/p>\n<p>Jy wonder of Johnny Boemelaar dood is. Jy wonder al ses jaar!<\/p>\n<p>Wat het van Frank Sullivan geword wat vir Suidoos-Transvaal teen die Westelike Provinsie gespeel en daarna soos \u2019n groot speld weg is.<\/p>\n<p>Op Maandag 8 September 1975 klim Gideon Nel op die bus saam met ander Ferrometals fabriekswerkers. Hy daag nie die middag by die huis op nie. Dieselfde maand begin ek by die\u00a0<i>Witbank Nuus<\/i>\u00a0werk. Dit is byna 45 jaar later en Gideon Nel is steeds weg. Jy wonder steeds wat het van hom geword.<\/p>\n<p>\u2019n Skatkis vol wonders&#8230;<\/p>\n<p>Donderdag laat weet Kobus Terblanch\u00e9 hy wonder of al die miljarde wat die regering gaan leen het, by die regte mense gaan uitkom.<br \/>\nOns wonder ook.<\/p>\n<p>Eendag, eendag wanneer jou horlosie gaan staan, sal daar dalk nie meer wonder wees nie.<br \/>\nOf sal daar?<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Jy wonder&#8230; Jy wonder so baie dat jy wonder waaroor wonder jy.<\/p>\n","protected":false},"author":8164,"featured_media":121194,"comment_status":"open","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"hasGravity":false,"cxt_article_byline":"Tobie van den Bergh","cxt_disable_google_ads":false,"footnotes":""},"categories":[7,2],"tags":[10367,24625,10450,2939,22477,10366,3700,24626],"class_list":["post-121193","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-local-news","category-news-headlines","tag-betroubare-nuus","tag-jy-wonder-waaroor-wonder-jy","tag-middelburg-nuus","tag-my-beurt","tag-opinion-pieces","tag-plaaslike-nuus","tag-tobie-van-den-bergh","tag-wonder"],"category_labels":{"Category":"News","SubCategory":"Local news"},"tag_labels":["betroubare nuus","jy wonder waaroor wonder jy","middelburg nuus","my beurt","opinion pieces","plaaslike nuus","Tobie van den Bergh","wonder"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/121193","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/users\/8164"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=121193"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/121193\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/media\/121194"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=121193"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=121193"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=121193"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}