{"id":121187,"date":"2020-04-30T11:03:29","date_gmt":"2020-04-30T09:03:29","guid":{"rendered":"https:\/\/mobserver.co.za\/?p=121187"},"modified":"2020-04-30T11:03:29","modified_gmt":"2020-04-30T09:03:29","slug":"plaasbestuurder-moes-vertrek-deel-met-50-ander-by-polisiestasie","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/news-headlines\/2020\/04\/30\/plaasbestuurder-moes-vertrek-deel-met-50-ander-by-polisiestasie\/","title":{"rendered":"Plaasbestuurder moes vertrek deel met 50 ander by polisiestasie"},"content":{"rendered":"<p>Dis nie al klagte wat \u2019n plaaslike boer het, teen die land se wetstoepassers nie.<\/p>\n<p>Eers daag hulle nie op as jy \u2019n misdaad rapporteer nie. Dan arresteer hulle jou onregmatig, omdat hulle nie self weet hoe die nodige inperkingspermit moet lyk nie.<\/p>\n<p>Jy word deur die polisiestasie gelei waar sosiale afstand toegepas word, na \u2019n klein vertrek wat jy deel met 50 ander mense. Dan word jy rondgeruk deur verkeersbeamptes, wat jou foon vat en beskadig.<\/p>\n<p>Walter Koyetin, \u2019n boer in die Duza omgewing, vertel hoe hy tot sy plaasbestuurder se redding moes kom, nadat die verkeersdepartement hom wou arresteer oor sy permit.<\/p>\n<p>Die aanloop tot die arrestasie het reeds twee weke gelede begin, nadat daar sonpanle op die plaas gesteel is.<br \/>\nDie Witbank Polisie is drie keer ontbied, maar het nooit opgedaag nie.<\/p>\n<p>Mnr Koyetin het uiteindelik sy plaasbestuurder gevra om deur te ry na Middelburg, om nuwe sonpanele te koop. Sy bestuurder het die nodige permit by hom gehad .<\/p>\n<p>Op pad terug plaas toe, is hy deur verkeersbeamptes op die N4 voorgekeer.<\/p>\n<p>Hulle het aangedring dat hy polisiestasie toe moet gaan, \u201cwant hy het die verkeerde permit\u201d.<\/p>\n<p>Hy is daar in \u2019n klein kamertjie in gelei, waar 50 ander mense ingedruk was, sonder maskers of enige toepassing van sosiale afstand.<\/p>\n<p>\u201cToe my bestuurder bel, s\u00ea ek hy moet foto&#8217;s neem van die vertrek waar hy gewag het. Daar was drie verkeersbeamptes wat die name op hulle kentekens weggesteek, en uitdagend ges\u00ea het: &#8216;Don&#8217;t you want to ask for my name so that I can smile for the photo?&#8217; Hulle het hom rondgestamp, sy foon gevat, die foto&#8217;s uitgevee en die selfoon op die vloer neergeslinger.\u201d<\/p>\n<p>\u201cDie grootste probleem is die behandeling wat my bestuurder van die verkeersbeamptes ontvang het. Tweedens, die ouens op straat weet self nie hoe \u2019n permit moet lyk nie en dis die einste permit wat op hulle webtuiste beskikbaar is. Toe ek my permit aan \u2019n brigadier wys, toe gebruik hy dit as \u2019n voorbeeld vir die ou langs hom. Maar nie net dit nie, die sosiale afstand in die stasie is \u2019n\u00a0<i>show.\u00a0<\/i>Voor in die stasie is daar merkers uitgesit om mense te wys waar om te staan, maar agter word almal in een vertrek geprop met geen maskers nie. My bestuurder kon in kontak kom met die virus en dan gaan hy huis toe na sy vrou, en al ons ander werkers.\u201d<\/p>\n<p>Die Middelburg SAPD mediawoordvoerer, kaptein Khanyisile Zwane is gekontak vir terugvoer, maar het nie gereageer nie.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>By die Middelburg SAPD, is dit \u2019n tipiese geval van \u201cbo blink hulle, maar onder stink hulle\u201d.<\/p>\n","protected":false},"author":8164,"featured_media":76289,"comment_status":"open","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"hasGravity":false,"cxt_article_byline":"Sjani Campher","cxt_disable_google_ads":false,"footnotes":""},"categories":[7,2],"tags":[10367,10450,24616,4755,24618,24617,10366,24619],"class_list":["post-121187","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-local-news","category-news-headlines","tag-betroubare-nuus","tag-middelburg-nuus","tag-middelburg-polisiestasie","tag-middelburg-saps","tag-plaasbestuurder-deel-vertrek-met-50-ander-by-polisiestasie","tag-plaasbestuurder-in-aanhouding-na-probleme-met-permit","tag-plaaslike-nuus","tag-verkeersbeapmtes-stamp-aan-plaasbestuurder-oor-fotos"],"category_labels":{"Category":"News","SubCategory":"Local news"},"tag_labels":["betroubare nuus","middelburg nuus","middelburg polisiestasie","Middelburg SAPS","plaasbestuurder deel vertrek met 50 ander by polisiestasie","plaasbestuurder in aanhouding na probleme met permit","plaaslike nuus","verkeersbeapmtes stamp aan plaasbestuurder oor foto's"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/121187","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/users\/8164"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=121187"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/121187\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/media\/76289"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=121187"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=121187"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=121187"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}