{"id":11947,"date":"2014-06-05T00:00:00","date_gmt":"2014-06-04T22:00:00","guid":{"rendered":"http:\/\/echonews.sites.caxton.co.za\/11947\/gr-dal-budget\/"},"modified":"2014-06-05T13:43:21","modified_gmt":"2014-06-05T11:43:21","slug":"gr-dal-budget","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/news-headlines\/2014\/06\/05\/gr-dal-budget\/","title":{"rendered":"Groblersdal budget"},"content":{"rendered":"<p>Die belaglike verhoging is eenparig deur die ANC meerderheid in die raad tydens verlede Donderdag se spesiale begrotingsitting in die raad deur gestoomroller ten spyte van luide teenkanting uit DA geledere.<\/p>\n<p>Die DA se Johan Kotz\u00e9 het reeds die party se skriftelike besware teen di\u00e9 astronomiese stygings by die burgemeester ingedien.<\/p>\n<p>Soos sake nou op swart en wit staan, sal besighede met \u2019n huidige belastingbydrae van R595 nou R5800 betaal en groter besighede met \u2019n huidige belastingbydrae van R16 700 in die toekoms R163 000 betaal.<\/p>\n<p>\u201cDit is net eenvoudig onmoontlik en besigheidseienaars, staatsinstansies en myne gaan sink,\u201d waarsku Kotze.<\/p>\n<p>Hy s\u00ea die begroting van R280 miljoen, sedert die aangepaste begroting van die vorige boekjaar, met R30 miljoen gestyg het.<\/p>\n<p>\u2019n Allemintige R51 miljoen van provinsiale toelae is ni\u00e9 by die begroting ingereken nie.<\/p>\n<p>Die operasionele begroting beloop R291 miljoen geweeg teen \u2019n projekbegroting van R77 miljoen, waarvan 66% deur die provinsie en nasionale tessourie gefinansier word.<\/p>\n<p>Die inkomste en uitgawe syfers oor tien maande klop tot op die sent met die goedgekeurde begroting en di\u00e9 ongewone syferspel, bekommer die DA wat tot op hede nog geen inkomste en uitgawe state uit die administrasie kon kry nie.<\/p>\n<p>As die DA, wat \u2019n belangrike oorsigsrol in die raad speel so sukkel, hoeveel te meer gaan Jan en alleman die munisipaliteit dwing om deursigtig te wees met reeds kommerwekkende finansi\u00eble bestuur.<\/p>\n<p>Alle tariefverhogings, behalwe waterdienste wat nie meer onder munisipale bestuur is nie, is inflasiegekoppel wat inwoners se hartkloppings dalk ietwat sal kalmeer.<\/p>\n<p>Raadslede is die 11-bladsy raadsagenda, wat die tariefverhoging uitstippel, eers tien minute voor die vergadering in die hand gestop. Die DA dring egter aan dat die eiendomsbelasting stygings vir besighede, staatsinstellings en mynbedrywe ook in die inflasie teiken gehou word en oorweeg verdere stappe teen die munisipaliteit indien daar nie gehoor gegee word aan die party en besighede se vrese nie.<\/p>\n<p>Op \u2019n goeie noot, het die raad besluit om regsaksie teen die ingenieur wat Kanaallaan ontwerp het in te stel.<\/p>\n<p>Daar is voorsiening in die begroting gemaak om di\u00e9 problematiese pad in geheel oor te bou en kostes van die kontrakteur, wat aangestel is maar weggeloop het, te verhaal.<\/p>\n<p>Voortaan sal die raad eksklusief gebruik maak van ingenieurs en kontrakteurs wat by die Vereniging van Raadgewende Ingenieurs geregistreer is.<\/p>\n<p>Volgens die begroting verhoog water en riool onderskeidelik met 10% en 13% terwyl inwoners 7% meer vir krag en 6% meer vir vullisverwydering sal opdok.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Besighede in Groblersdal kan maar hul deure sluit as die munisipaliteit sy 877% verhoging op eiendomsbelasting deurvoer.<\/p>\n","protected":false},"author":1848,"featured_media":11951,"comment_status":"open","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"hasGravity":false,"cxt_article_byline":"","cxt_disable_google_ads":false,"footnotes":""},"categories":[7,2],"tags":[1528,1215],"class_list":["post-11947","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-local-news","category-news-headlines","tag-budget","tag-groblersdal"],"category_labels":{"Category":"News","SubCategory":"Local news"},"tag_labels":["budget","Groblersdal"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/11947","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/users\/1848"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=11947"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/11947\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/media\/11951"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=11947"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=11947"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=11947"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}