{"id":11901,"date":"2014-06-07T00:00:00","date_gmt":"2014-06-06T22:00:00","guid":{"rendered":"http:\/\/echonews.sites.caxton.co.za\/11901\/flopsa-2\/"},"modified":"2014-06-06T09:52:59","modified_gmt":"2014-06-06T07:52:59","slug":"flopsa-2","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/uncategorized\/2014\/06\/07\/flopsa-2\/","title":{"rendered":""},"content":{"rendered":"<p>\u2022Dankie Stormers, julle het die Sharks van \u2019n eerste plek beroof.<\/p>\n<p>\u2022Dankie Frans Ludeke, jy het \u2019n talentvolle span \u2019n klomp losers gemaak.<\/p>\n<p>\u2022Dankie Victor Matfield, toe dit saak maak sit jy das en pak in die afrigtershokkie. (Lekker gerus sodat jy die Bokke kon lei en die Bulls ly).<\/p>\n<p>\u2022Dankie JJ Engelbrecht, jy hou nou die rekord vir die meeste knocks in een wedstryd.<\/p>\n<p>\u2022Dankie Bulls, julle het my nag naar gemaak.<\/p>\n<p><a href=\"https:\/\/mobserver.co.za\/wp-content\/uploads\/sites\/92\/2014\/06\/old-jo_591601142.jpg\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"alignnone size-medium wp-image-11902\" src=\"https:\/\/mobserver.co.za\/wp-content\/uploads\/sites\/92\/2014\/06\/old-jo_591601142-423x317.jpg\" alt=\"old jo_591601142\" width=\"423\" height=\"317\" srcset=\"https:\/\/dwu32cgxelq1c.cloudfront.net\/local_newspapers\/sites\/92\/2014\/06\/old-jo_591601142-423x317.jpg 423w, https:\/\/dwu32cgxelq1c.cloudfront.net\/local_newspapers\/sites\/92\/2014\/06\/old-jo_591601142-200x150.jpg 200w, https:\/\/dwu32cgxelq1c.cloudfront.net\/local_newspapers\/sites\/92\/2014\/06\/old-jo_591601142.jpg 800w\" sizes=\"auto, (max-width: 423px) 100vw, 423px\" \/><\/a><\/p>\n<p>\u2022Dankie vriende vir al julle sms boodskappies Saterdagaand, nooit geweet ek het soveel vriende wanneer daar nood is nie.<\/p>\n<p>\u2022Moes Saterdagmiddag geweet het hier kom \u2019n ding. Weg vir die naweek saam met \u2019n Lions ondersteuner, fanatiese een, een van daai wat eers \u2019n Bul was en iewers toe Francois Pienaar en sy span \u2019n beker gewen het, skielik maanhare gekry het. Hy stel toe voor om Saterdagmiddag potjie te maak, nie sommer so potjie nie, beesstert potjie! Skuif die pot reg, televisie aan en \u2019n filosofiese gesprek van hoe belangrik dit is dat ons land, Suid-Afrika, twee spanne in die uitklopfase het. Dat die Bulls moet wen en die Stormers verloor. Ons almal stem saam. Maar wragtag, toe die Lions punte aanteken, word daar gejuig en die patriotisme verdwyn saam met die beesstert by die pot in. Dankie vir jou ook. (Is oortuig \u2019n bul se stert was in die pot).<\/p>\n<p>\u2022En die gasvrou by die oord moes ook \u2019n voorgevoel gehad het, want sy bring mosselsop vir voorgereg. (Bl\u00earrie Visvoete).<\/p>\n<p>\u2022Kan Frans Ludeke nie net eenkeer maak of hy spyt is die Bulls het verloor nie? Asseblief, net eenkeer!<\/p>\n<p>\u2022Gaan vir Frans \u2019n T-hemp laat maak met die woorde: \u201cBla bla bla bla&#8230;\u201d. \u201cDie Lions het goed gespeel, ons het nie ons geleenthede in punte omskep nie, ons veg voort.\u201d Wat se klomp bollie! Julle was swak en platvoet en het my platvloers gemaak. (Daai toesprakie hou hy al die hele jaar).<\/p>\n<p>\u2022Old Joe sit nou behoorlik met \u2019n identiteitskrisis, skaars was hy \u2019n fietsryer en Trac verf hom weer oor as \u2019n rugbyspeler. Boonop is daar nou \u2019n Twitter kompetise waar mense moet raai watter rugbyspeler Old Joe voorstel. Hulle kan dan toetskaartjies wen vir die Bokke teen Wallis. Volg @TRACKN4route. (Lyk vir my eerder na \u2019n rugby administrateur as rugbyspeler).<\/p>\n<p>\u2022Skuus, sien nou eers, die tong, dit moet Sekelstert wees! (Pasop as jy daar verby ry dat hy nie aan jou kar lek nie).<\/p>\n<p>\u2022Die ANC se kinderbende, die Anties se Jeug Liega was skoon kortasem nadat Bongumusa Mthembu die Comrades gewen het. Stuur \u2019n nasionale verklaring uit: \u201cOur Comrade wins Comrades\u201d. Wonder wat gaan hulle s\u00ea wanneer Kameraad Matfield en sy span die w\u00eareldspan klop?: \u201cOns volk wen teen die w\u00eareld?\u201d<\/p>\n<p>\u2022Daar verloor HTS Middelburg so byna teen HTS EmmaMahleni. Kyk, dit is klaar depressiewend om verby Rand Carbide, verby die rook, deur Stinkstad te ry. Om dan nog op daai depressiewende vlakte te speel, eish, geen wonder nie Rooies.<\/p>\n<p>\u2022Iewers in die Groot Boek word gepraat van mense wat hardloop maar hulle word nie gejaag nie. Sondag het dit gelyk of die Dominee gejaag word deur iets. Hoe dan anders? Ds Colin Hertzog het vervaart by die stadion aangekom want daar was net \u2019n paar minute oor voor daardie verderflike pistoolskoot.<\/p>\n<p>\u2022Dit moet in die Koch familie se gene wees. Lank gelede afgesuiker daar teen Fields Hill af saam met pa Hein. Onder het ma Anetta gewag. Ons eet gou \u2019n piesang en vat die pad einde toe. Maar Hein talm vir nog \u2019n eetdingetjie. En daai talm kos hom toe \u2019n silwer medalje met drie minute. Sondag het kleinboet Johan sy silwer met 30 minute gemis. (Waarvoor het jy gestop?).<\/p>\n<p>\u2022Amlamapstieks, kyk wie is ons nuwe krieketkaptein. Verrassing? Nee, mos glad nie mensies, het ons dit nie verwag nie? Faf, AB en Amla kry elkeen \u2019n span.<\/p>\n<p>\u2022Die Bokke se B-span teen die Bokke se A-span Saterdag.<\/p>\n<p>\u2022Besige naweek&#8230;Dis oumanne rugby, dis rammetjies, die skole wat uitspeel, dis Ferro teen die dorp en dan jaag hulle nog resies op Rietkuil. (Houvas my brannewyn en check Saterdag my moves).<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>\u2022Dankie Lions, julle het die Bulls uit die Superreeks geboender.<\/p>\n","protected":false},"author":1848,"featured_media":11250,"comment_status":"open","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"hasGravity":false,"cxt_article_byline":"xxxx","cxt_disable_google_ads":false,"footnotes":""},"categories":[508],"tags":[],"class_list":["post-11901","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-editors-choice"],"category_labels":{"Category":"Special categories","SubCategory":"Editor's choice"},"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/11901","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/users\/1848"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=11901"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/11901\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/media\/11250"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=11901"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=11901"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=11901"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}