{"id":118683,"date":"2020-04-15T11:05:14","date_gmt":"2020-04-15T09:05:14","guid":{"rendered":"https:\/\/mobserver.co.za\/?p=118683"},"modified":"2020-04-15T11:05:14","modified_gmt":"2020-04-15T09:05:14","slug":"oud-blou-bul-agsteman-hotelkamertjie-vasgekeer","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/news-headlines\/2020\/04\/15\/oud-blou-bul-agsteman-hotelkamertjie-vasgekeer\/","title":{"rendered":"Oud Blou Bul agsteman in hotelkamertjie vasgekeer"},"content":{"rendered":"<p>Vriende Hendry en Susan van Tonder en Eugene en Leana Marais, het aan die einde van Februarie op die Costa Lumniosa in Fort Lauderdale, Amerika, geklim vir \u2019n plesierrit wat in Rome, Itali\u00eb, sou eindig. Die plesierrit het in \u2019n nagmerrie ontaard, wat weier om op te hou.<\/p>\n<p>Van Tonder het vir Noord-Transvaal en Suidoos-Transvaal op agsteman gesak.<\/p>\n<p>Probleme het begin nadat \u2019n paar passasiers op die skip positief getoets het vir Covid-19. Die eerste man, \u2019n Italiaanse burger, is op 29 Februarie in die Kaaiman eilande afgelaai, nadat hy \u2019n beroerte gekry het. Hy het later positief getoets vir Covid-19 en is op 14 Maart oorlede.<\/p>\n<p><strong>Lees ook: <a href=\"https:\/\/mobserver.co.za\/118350\/suid-afrikaners-terug-van-maldives\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener noreferrer\">Suid Afrikaners terug van Maldives<\/a><\/strong><\/p>\n<p>Van 15 Maart af is alle gaste op die skip tot hul slaapkajuite beperk. Hulle is by talle hawens weggewys en het uiteindelik in Rome afgeklim, waar hulle sedertdien in die iH Z3 hotel bly. Hulle mag glad nie hul hotelkamers verlaat nie.<\/p>\n<p>Re\u00eblings deur Costa, die plesierskipmaatskappy, om die groep Suid-Afrikaners by die huis te kry, word elke keer uitgestel.<\/p>\n<p>Volgens inligting van \u2019n persoon wat kontak het met die familie maar nie haar naam genoem wil h\u00ea nie, sou hulle verlede week en toe weer hierdie Vrydag na Suid-Afrika vlieg. Hulle is egter Dinsdag ingelig dat Vrydag se vlug vir die soveelste keer gekanselleer is.<\/p>\n<p>Hul families in Suid-Afrika is stomgeslaan. Al die passasiers is vir Covid-19 getoets maar hulle het steeds nie toegang tot hul uitslae nie. Die families voel ook dat hulle geen ondersteuning van die Suid-Afrikaanse regering kry nie.<\/p>\n<p><strong>Lees ook:<\/strong> <strong><a class=\"anchor_post\" href=\"https:\/\/mobserver.co.za\/116279\/vasgekeer-op-eiland-paradys\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener noreferrer\">Vasgekeer op eiland paradys<\/a><\/strong><\/p>\n<p>In \u2019n brief wat die\u00a0<i>Middelburg Observer<\/i>\u00a0gesien het, s\u00ea die skeepsmaatskappy dat hulle met gesondheidsowerhede saamwerk om die groep wat in die hotel bly, wat ook landsburgers van Mauritius, Australi\u00eb en Nederland insluit, se gesondheid te monitor en die mees gepasde omstandighede te waarborg vir hulle om terug huistoe te reis, maar dat dit gaan tyd neem.<\/p>\n<p>Die maatskappy s\u00ea dat lug- en landverkeer tans ingewikkeld is as gevolg van ingestelde beperkings. Hulle s\u00ea dat hulle in kontak met ambassades en konsulate om burgers weer by hul lande te kry, maar dat die beperkings re\u00eblings bemoeilik.<\/p>\n<p>Kos en verblyf word deur die maatskappy betaal en hulle het ook sielkundiges beskikbaar gestel wat telefonies gekontak kan word. Die Suid-Afrikaners kla oor die kwaliteit van die kos. \u2019n Familievriend van die Van Tonders het \u2019n kans gevat en vir hulle twee hamburgers deur middel van Uber Eats bestel. Dit het hulle R800 uit die sak gejaag. Die mense wat in die hotel bly mag egter nie self vir hulle kos van buite bestel nie.<\/p>\n<p>Die feit dat hulle glad nie hul hotelkamers kan verlaat nie, nie eens om bietjie sonlig te kry nie, het \u2019n groot impak op die groep se gemoed.<\/p>\n<p>Susan van Tonder het op Facebook ges\u00ea sy kan nie verstaan hoe die lugredery en toeragentskap waardeur hulle gewerk het, en wat ten volle betaal is, net hul geld kan vat, hul vlugte kanselleer en hulle gestrand in Rome los nie.<\/p>\n<p>Costa het nie op media navrae gereageer nie.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Terwyl \u2019n groep Suid-Afrikaners van Maldives reeds terug is by die huis, nadat hulle vir drie dae in kwarantyn in Midrand was, sit sowat 38 Suid-Afrikaners wat op die Costa Luminosa plesierskip was, steeds vasgekluister in hotelkamers in Rome. <\/p>\n","protected":false},"author":8164,"featured_media":118684,"comment_status":"open","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"hasGravity":false,"cxt_article_byline":"Jana Boshoff","cxt_disable_google_ads":false,"footnotes":""},"categories":[7,2],"tags":[10367,24463,24465,24460,10450,10366,24461,24462,24464],"class_list":["post-118683","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-local-news","category-news-headlines","tag-betroubare-nuus","tag-costa-luminosa","tag-hendry-van-tonder","tag-inwoners-gestrand-in-rome","tag-middelburg-nuus","tag-plaaslike-nuus","tag-suid-afrikaners-gestrand-in-rome-as-gevolg-van-virus","tag-suid-afrikaners-gestrand-in-rome-na-reis-op-costa-luminosa-plesierskip","tag-voormalige-blou-bul-speler-gestrand-in-rome"],"category_labels":{"Category":"News","SubCategory":"Local news"},"tag_labels":["betroubare nuus","costa luminosa","hendry van tonder","inwoners gestrand in Rome","middelburg nuus","plaaslike nuus","suid afrikaners gestrand in rome as gevolg van virus","suid afrikaners gestrand in rome na reis op costa luminosa plesierskip","voormalige blou bul speler gestrand in rome"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/118683","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/users\/8164"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=118683"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/118683\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/media\/118684"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=118683"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=118683"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=118683"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}