{"id":116779,"date":"2020-04-10T06:00:10","date_gmt":"2020-04-10T04:00:10","guid":{"rendered":"https:\/\/mobserver.co.za\/?p=116779"},"modified":"2020-04-09T11:45:19","modified_gmt":"2020-04-09T09:45:19","slug":"ramshorings-basuin-die-lofprysing-paastyd-uit","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/news-headlines\/2020\/04\/10\/ramshorings-basuin-die-lofprysing-paastyd-uit\/","title":{"rendered":"Ramshorings basuin die Lofprysing in Paastyd uit"},"content":{"rendered":"<p>Daarna het hulle luid die woord: \u201cJesus!\u201d uitgeroep. Me. Marise de Wet vertel trots dat haar hele gesin, haar man, Johan, asook al vier haar seuns, Marco (12), Drikus (10), Hanr\u00e9 (7) en Juwan (5), deel hiervan uitgemaak het.<\/p>\n<p>Alhoewel Juwan nie lekker die klanke kon uitkry nie, het hy probeer. \u201cTalle van ons selgroepvriende het die ramshoring geblaas en selfs my suster het in Langkloof op die plaas \u2019n ramshoring daar geblaas.\u201d<\/p>\n<p>Die gesin blaas elke aand die ramshoring tydens die \u201cLofprysing in Lockdown\u201d musiektye, maar gisteraand het hulle met die Paasfeesaankondiging dit bietjie vroe\u00ebr gedoen. Hul groot ramshoring, \u2019n koedoehoring, wat van hul familieplaas af kom, het hulle al baie jare.<\/p>\n<p>https:\/\/mobserver.co.za\/115869\/jesus-se-soldaatjie-tot-kanada-gehoor\/<\/p>\n<p>\u201cJohan het op YouTube gaan kyk presies hoe die ramshoring geblaas moet word.\u201d<\/p>\n<p><strong>Waarom \u2019n ramshoring?<\/strong><\/p>\n<p>Die NG Kerk, Kanonkop gemeente, het tydens hul Kerssangdiens verlede jaar, ook twee ramshorings geblaas voor die diens begin het. Dr. Casper Booy (leraar van die NG Kerk, Kanonkop) verduidelik waarvandaan dit kom:<\/p>\n<p>Die ramshoring was een van Israel se musiekinstrumente wat hulle veral vir godsdienstige redes gebruik het. Die Jode blaas dit by godsdienstige feeste soos Nuwejaarsdag, die groot Versoendag en elke dag in hulle maand Elul.<\/p>\n<p>Hy het voorbeelde aangehaal waar die ramshoring gebruik is:<br \/>\n\u2022Die geluid is uit die wolke op Sinai gehoor en die volk het ontsag gekry (Exsodus 19).<br \/>\n\u2022Dit is geblaas om nuwe maan aan te kondig (Psalm 81).<br \/>\n\u2022Dit het die begin van die Jubeljaar aangekondig.<br \/>\n\u2022Dit is geblaas by die begin van \u2019n oorlog. Wanneer die ramshoring op \u2019n heuwel geblaas is, kon almal hoor die oorlog begin. By Jerigo se val is op ramshorings geblaas.<br \/>\n\u2022Op Nuwejaarsdag blaas hulle hom (Levitikus 23 en Numeri 29).<br \/>\n\u2022Geblaas met optogte (2 Sameul 6 en 1 Kronieke 15).<br \/>\n\u2022Partykeer is dit gewoon as musiekinstrument geblaas (Psalm 47 en 98).<br \/>\n\u2022Dit is in die tempel saam met die trompet geblaas.<br \/>\n\u2022Dit is op vasdae geblaas.<br \/>\n\u2022Die ramshoring is by in die tempel geblaas.<\/p>\n<p>\u201cDit is dus hoofsaaklik gebruik om iets aan te kondig en om die volk op te roep tot berou,\u201d s\u00ea dr. Booy.<\/p>\n<p>\u201cVir ons is daar nie magiese krag aan die ramshoring nie. Ek dink baie kerke gebruik dit omdat dit \u2019n Bybelse instrument was om iets aan te kondig en daar is Christene wat s\u00ea die ramshoring se blaas dui op die verwagting van die wederkoms.\u201d<\/p>\n<p>\u2022Tydens die \u201cLofprysing in Lockdown\u201d is die ramshoringgeluide gewoonlik aan die einde van die musiek gespeel, maar dit is nou verander dat dit gespeel word voor die musiek begin.<\/p>\n<p>\u201cDit is \u2019n oproep tot geestelike oorlogvoering en die oproep en aankondiging van hierdie besondere feesviering. Dit is hoekom ons die ramshoring nou aan die begin laat speel,\u201d s\u00ea me. Maryna Malan. Sy en haar man, Werner, het met die <a href=\"https:\/\/mobserver.co.za\/115087\/met-lofprysing-lockdown-weerklink-onse-vader-oor-dorp\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener noreferrer\">\u201cLofprysing in Lockdown\u201d in Middelburg<\/a> begin.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Presies 18:03 Woensdagaand (Suid-Afrikaanse tyd) het Middelburgers saam met die res van die w\u00eareld die begin van Paasfees aangekondig deur op ramshorings te blaas.<\/p>\n","protected":false},"author":5031,"featured_media":116783,"comment_status":"open","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"hasGravity":false,"cxt_article_byline":"Daleen Naude","cxt_disable_google_ads":false,"footnotes":""},"categories":[7,2],"tags":[24378,24191,21966,17833,24377,24375,24374,24376],"class_list":["post-116779","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-local-news","category-news-headlines","tag-geloof-in-lockown","tag-lofprysing-in-lockdown","tag-middelburg","tag-paasfees","tag-phesag","tag-ramshoring","tag-shofar","tag-waarom-ramshoring"],"category_labels":{"Category":"News","SubCategory":"Local news"},"tag_labels":["geloof in lockown","lofprysing in lockdown","middelburg","paasfees","phesag","ramshoring","shofar","waarom ramshoring"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/116779","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/users\/5031"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=116779"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/116779\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/media\/116783"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=116779"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=116779"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=116779"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}