{"id":116468,"date":"2020-04-09T13:00:51","date_gmt":"2020-04-09T11:00:51","guid":{"rendered":"https:\/\/mobserver.co.za\/?p=116468"},"modified":"2020-04-08T10:56:41","modified_gmt":"2020-04-08T08:56:41","slug":"ekonomiese-impak-astronomies","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/news-headlines\/2020\/04\/09\/ekonomiese-impak-astronomies\/","title":{"rendered":"Ekonomiese impak astronomies"},"content":{"rendered":"<p>Die kamer se uitvoerende direkteur, me. Anna-Marth Ott, s\u00ea dat hulle nog voor die afkondiging van algehele afsondering reeds omvattende inligting, hoofsaaklik rondom noodsaaklike-dienste en permitte om di\u00e9 dienste te kan verskaf, op hul aanlyn platforms soos die kamer se eie webblad en sy Facebookblad, opgelaai het.<br \/>\nDie Kamer van Koophandel en Nywerheid en sy toerisme sentrum is gesluit.<\/p>\n<p>Personeel is op kantoor en beantwoord honderde telefoniese navrae, en navrae wat gerig word op hul aanlyn platforms.<\/p>\n<p>\u201cOns bly pro-aktief om die ekonomie te beskerm, soos met die haelstorm toe hardewarewinkels skielik moes oopmaak, het ons hande gevat met die regering en polisie om nie net sekere winkels oop te maak nie, maar ander weer toe te laat om aflewerings te doen,\u201d s\u00ea me. Ott.<\/p>\n<p>Vir lede is daar \u2019n SMS-stelsel wat hulle deurlopend van regulasies in kennis hou.<\/p>\n<p>Belangrike inligting oor besigheidsbystand en regeringsbystand in die toerismebedryf, word ook deurlopend op die kamer se webwerf en sosialenetwerke geplaas.<br \/>\nMe. Ott se hulle is oorval met navrae oor aansoeke vir besigheidspermitte en dat alle inligting oor wie kwalifiseer as noodsaaklikedienste, en watter permitte om te verkry, ook op hul webwerwe beskikbaar is.<\/p>\n<p>\u201cOor hoeveel navrae hulle gekry het, het sy geantwoord, \u201cbaie, baie, baie\u201d.<\/p>\n<p>Daar is \u2019n 24-uur bystandspersoon wat op die kamer van koophandel en nywerheid se bystand selfoon bereik kan word.<\/p>\n<p>Me. Ott se dat hulle verskeie buitelanders by die toerisme sentrum gehad het voor die landwye afsondering Vrydag begin het.<\/p>\n<p>\u201cMens besef nie hoeveel buitelandse toeriste eintlik in die dorp aandoen nie, gewoonlik is hulle op pad na die laeveld en wildtuin en doen dan hier aan,\u201d verduidelik sy.<\/p>\n<p>\u201cOns versprei inligting van ambassades, soos die Duitse ambassade aan sy burgers,\u201d s\u00ea me. Ott.<\/p>\n<p>Die toerisme bedryf is stil gedurende die afsonderingstydperk met oorde soos De Voetpadkloof, Loskopdam en Pienaardam, wat toe is vir die publiek.<\/p>\n<p>\u201cOns sal eers weet wat die ware impak op ons toerisme en besighede gehad het na die 21 dae van afsondering, maar die ekonomiese impak is astronomies,\u201d s\u00ea me. Ott.<\/p>\n<p>\u201cSkakel ons. Bly tuis! Ons is daar om enige navrae te hanteer, maar vra dat inwoners, besighede en diegene wat werk, by die re\u00ebls en regulasies sal hou om die Covid-19 pandemie in die kiem te smoor, en so te verseker dat ons nie verdere terugslae in die besigheidsektor en toerismebedryf ervaar met verdere aankondigings van afsondering nie,\u201d s\u00ea me. Ott.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Nog nooit in die Kamer van Koophandel en Nywerheid se 117 jaar bestaan was die oragnisasie so belangrik vir sy lede, en nie-lede, wat almal vinnig krisisre\u00eblings moes tref, vir hul besighede se behoud.<\/p>\n","protected":false},"author":8164,"featured_media":116469,"comment_status":"open","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"hasGravity":false,"cxt_article_byline":"Gerhard Rheeder","cxt_disable_google_ads":false,"footnotes":""},"categories":[7,2],"tags":[24320,10367,24318,24319,10450,10366],"class_list":["post-116468","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-local-news","category-news-headlines","tag-anna-marth-ott","tag-betroubare-nuus","tag-grendelstaat-het-n-astronomiese-impak-op-die-ekonomie","tag-middelburg-kamer-van-koophandel-en-nywerheid","tag-middelburg-nuus","tag-plaaslike-nuus"],"category_labels":{"Category":"News","SubCategory":"Local news"},"tag_labels":["anna marth ott","betroubare nuus","grendelstaat het \u2019n astronomiese impak op die ekonomie","middelburg kamer van koophandel en nywerheid","middelburg nuus","plaaslike nuus"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/116468","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/users\/8164"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=116468"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/116468\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/media\/116469"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=116468"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=116468"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=116468"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}