{"id":11553,"date":"2014-06-03T00:00:00","date_gmt":"2014-06-02T22:00:00","guid":{"rendered":"http:\/\/echonews.sites.caxton.co.za\/11553\/johann-gresse\/"},"modified":"2014-06-03T08:54:46","modified_gmt":"2014-06-03T06:54:46","slug":"johann-gresse","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/opinion-edition\/blogs\/2014\/06\/03\/johann-gresse\/","title":{"rendered":"My Beurt"},"content":{"rendered":"<p>Want bo-gronds pla hoogtes my en ondergronds sukkel ek met dieptes (snaaks genoeg glad nie engtevrees nie).<\/p>\n<p>Om vir vyf ure in stikdonkerte in tonnels (sommiges seker laer as 30cm en nouer as 70cm) rond te kruip, is terselfdertyd so lekker as wat dit sweet-tap-kommerwekkend is.<\/p>\n<p>Hier volg my grot-oorlewingsgids:<\/p>\n<p>\u2022 Kry vir jou &#8216;n ordentlike flitslig.<\/p>\n<p>Rede hiervoor, dis donker in &#8216;n grot.<\/p>\n<p>As galante jongerige man leen ek my koplampie vir die meisie in die geselskap; in ruil hiervoor kry ek toe een van daardie handaangedrewe flitsligte.<\/p>\n<p>Na 10 minute het ek egter die wysheid van my galante gebaar bevraagteken.<\/p>\n<p>Mens het jou hande nodig om die klouter en te kruip. En dis vrek moeilik om di\u00e9 aksies doeltreffend uit te voer met &#8216;n hengse flits in jou hand.<\/p>\n<p>\u2022 Laai jou flits se batterye.<\/p>\n<p>My beginnersfout vir die dag. Bogenoemde koplampie (toe stewig op bogenoemde meisie se kop gemonteer) se liggie het al hoe flouer begin skyn. Sondagskooljuffrouens het ons teen die gevare van &#8216;n kwynende lig gewaarsku: die w\u00eareld word gou donker en in &#8216;n grot is di\u00e9 proses soveel vinniger.<\/p>\n<p>Het toe maar weer flitse teruggeruil.<\/p>\n<p>Die gevolg van die transaksie is dat ek die laaste 40 minute van die toer so blind soos &#8216;n mol was.<\/p>\n<p>Gelukkig het ek supersoniese gehoor en kon danksy die ander se gelag hoor \u00e9n voel wanneer ek in rotse vaskruip.<\/p>\n<p>\u2022 Sorg dat jy die een is wat intelligente vrae vra; mense kry respek vir jou.<\/p>\n<p>Tydens een van die gereelde maag-intrek-borskas-afblaas-benoude-kruip-roetines, vra ek die toergids of die ekspedisie veilig vir &#8216;n Wonderbra-model is. Duidelik het ek die man vele stof tot nadenke gegee, want hy het my nie geantwoord nie.<\/p>\n<p>Dit is belangrik om hier te noem dat hy die geologiese vrae onmiddellik kon beantwoord.<\/p>\n<p>\u2022 Wees bewus dat dieptes net so erg as hoogtes kan wees.<\/p>\n<p>Gedink hoogtevrees pla jou nie in &#8216;n grot nie? Dink weer.<\/p>\n<p>In groterminologie is daar net &#8216;n ander sesletterwoord vir hoogte: diepte.<\/p>\n<p>Op &#8216;n stadium moes ons oor &#8216;n skeur klouter en dit het vir talentvolle maneuvers geverg.<\/p>\n<p>Met jou rug teen die rotsmuur vasgepleister, moet jy al skuifelend nader aan die skeur beweeg.<\/p>\n<p>By die skeur aangekom, moet jy so swaaibeweging uitvoer wat beteken dat jy jou een hand en voet moet losruk van die &#8220;veiligheid&#8221; van die rotsmuur.<\/p>\n<p>Onthou dit was &#8216;n intense oomblik vir my.<\/p>\n<p>Die positiewe punt is dat die hele geselskap kon rus terwyl ek die moed bymekaarskraap om daai geloofsprong te neem.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Dit was tydens die Sudwalagrotte se Kristaltoer waar ek agtergekom het dat ek maar taamlik tweedimensioneel van aard is.<\/p>\n","protected":false},"author":1848,"featured_media":10501,"comment_status":"open","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"hasGravity":false,"cxt_article_byline":"Johann Gresse","cxt_disable_google_ads":false,"footnotes":""},"categories":[17,2888],"tags":[1342,6],"class_list":["post-11553","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-blogs","category-opinion-edition","tag-my-turn","tag-opinion-edition"],"category_labels":{"Category":"Opinion","SubCategory":"Blogs"},"tag_labels":["My Turn","Opinion"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/11553","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/users\/1848"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=11553"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/11553\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/media\/10501"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=11553"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=11553"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=11553"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}