{"id":115065,"date":"2020-04-02T09:37:13","date_gmt":"2020-04-02T07:37:13","guid":{"rendered":"https:\/\/mobserver.co.za\/?p=115065"},"modified":"2020-04-02T09:37:13","modified_gmt":"2020-04-02T07:37:13","slug":"hoe-lank-nog-voor-eerste-koronapasient","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/news-headlines\/2020\/04\/02\/hoe-lank-nog-voor-eerste-koronapasient\/","title":{"rendered":"Hoe lank nog voor eerste koronapasi\u00ebnt?"},"content":{"rendered":"<p>\u201cDie virus is hier, of daar een of 10 is, in die provinsie, hy is hier,\u201d het dr. John Welsh (Ongevalle dokter, Life Midmed Hospitaal, Middok 24\/7) ges\u00ea.<\/p>\n<p>Die afgelope week was \u2019n warboel van emosies en inligting vir elke inwoner. Eers het \u2019n dokter op Facebook die bom laat bars dat Middelburg sy eerste positiewe Covid-19 pasi\u00ebnt het.<\/p>\n<p>Daarna was die boodskap dat mense darem moet weet dat die pasi\u00ebnt positief in eMalahleni getoets is. Sy werk in eMalahleni en bly in die week in Middelburg, maar haar eintlike huis is in Johannesburg. Dit is duidelik gestel dat sy terug is Johannesburg toe en daar onder kwarantyn is by haar huis.<\/p>\n<p><strong>Lees ook: <a href=\"https:\/\/mobserver.co.za\/114515\/watch-life-midmed-hospital-armed-teeth-covid-19\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener noreferrer\">Life Midmed Hospital armed to the teeth for Covid-19<\/a><\/strong><\/p>\n<p>Dr. Welsh het Maandag vir twee joernaliste van <b>www.mobserver.co.za<\/b>\u00a0gewys hoe toegerus die Life Midmed Hospitaal is vir die koronavirus. \u2019n Mens kry tog \u2019n bietjie gemoedsrus as jy sien hoe goed ingerig ons hospitaal se isolasie afdeling is, sou plaaslike inwoners wel die virus opdoen en ernstig siek word.<\/p>\n<p>Die hele hospitaal, van die bestuur, tot by die dokters, verpleegpersoneel en ander werkers, het vir ses weke onverpoos gewerk om hierdie eenheid gereed te kry. Sr. Mariska van Niekerk is die eenheidsbestuurder van di\u00e9 afdeling.<\/p>\n<p>Personeel word al vir twee weke lank herhaaldelik opgelei hoe om die pandemie te hanteer.<\/p>\n<p>Net kritiek siek pasi\u00ebnte, soos as jy asemnood het en positief getoets is, gaan egter na hierdie isolasie-eenheid geneem word. Alle ander pasi\u00ebnte sal onder tuis-isolasie geplaas word.<\/p>\n<figure id=\"attachment_115067\" aria-describedby=\"caption-attachment-115067\" style=\"width: 520px\" class=\"wp-caption alignnone\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-medium wp-image-115067\" src=\"https:\/\/mobserver.co.za\/wp-content\/uploads\/sites\/92\/2020\/04\/john2-Copy-520x400.jpg\" alt=\"\" width=\"520\" height=\"400\" srcset=\"https:\/\/dwu32cgxelq1c.cloudfront.net\/local_newspapers\/sites\/92\/2020\/04\/john2-Copy-520x400.jpg 520w, https:\/\/dwu32cgxelq1c.cloudfront.net\/local_newspapers\/sites\/92\/2020\/04\/john2-Copy-300x231.jpg 300w\" sizes=\"auto, (max-width: 520px) 100vw, 520px\" \/><figcaption id=\"caption-attachment-115067\" class=\"wp-caption-text\">Dr. John Welsh en sr. Mariska van Niekerk (eenheidsbesteuurder) by die ingang van saal een wat ingerig is as isolasie eenheid vir ernstig siek koronapasi\u00ebnte.<\/figcaption><\/figure>\n<p>Hy het genoem dat daar drie apteke in Middelburg is wat vir pasi\u00ebnte wat onder kwarantyn geplaas is weens die virus, medikasie by hul huise sal aflewer.<\/p>\n<p>Dr. Welsh s\u00ea daar is tans allerhande stories oor die koronavirus en hy s\u00ea mense word deurmekaar gemaak met al die inligting.<br \/>\nDaar is basiese dinge wat mense moet onthou.<\/p>\n<p>\u2022Hulle dokters en verpleegpersoneel sal nie die pandemie kan hanteer, as mense nie luister nie.<\/p>\n<p>Hy voel as die mense steeds met hierdie houding aangaan dat hulle kan maak soos hulle wil, dit ernstige gevolge gaan h\u00ea.<\/p>\n<p>\u201cWat dink jy gaan gebeur as duisende skielik die virus kry? Daar is net 30 yskaste vir lyke in Middelburg. Waarheen sal jy gaan met al die oorledenes as mense baie siek word en begin sterf, soos wat tans in Itali\u00eb gebeur?\u201d<\/p>\n<p><strong>Lees ook: <a href=\"https:\/\/mobserver.co.za\/114650\/hou-veilige-afstand-van-mense-af-ongevalle-dokter\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener noreferrer\">&#8216;Hou veilige afstand van mense af&#8217; &#8211; Ongevalle dokter<\/a><\/strong><\/p>\n<p>\u2022Hy is nie \u2019n voorstander van maskers nie, aangesien dit jou nie vrywaar van die virus nie, maar hy beveel dit beslis vir siek mense aan, sodat hulle nie die virus versprei nie. \u201cMaar dan moet jy in elk geval by jou huis bly!\u201d<\/p>\n<p>\u2022Dokters dra net maskers en handskoene as hulle met pasi\u00ebnte werk. Hulle volg die hele tyd die basiese prim\u00eare gesondheidsorg re\u00ebls.<\/p>\n<p>\u2022In die geval waar mense wel moet werk of dringende kruideniersware of medikasie (let op die dringend) moet koop, vra hy dat die basiese veiligheidsmaatre\u00ebls toegepas moet word: \u201chou jou twee meter afstand van mense, hoes in jou elmboog in \u2019n snesie en gooi hom weg en was jou hande gereeld!\u201d<\/p>\n<p>\u2022Hy s\u00ea die virus word nie in die lug versprei nie. \u201cHy het nie vlerkies nie. As jy twee meter weg is van die persoon naby jou, is jy veilig!\u201d<\/p>\n<p>\u2022Hy is van mening dat mense wat handskoene dra, maar kan ophou daarmee. \u201cWas net jou hande! Die handskoene is baie meer onhigi\u00ebnies!\u201d<\/p>\n<p>\u2022Dr. Welsh het basiese statistieke genoem, wat halstarrige mense na moet oplet. \u201cAs jy kyk na Spanje, was die infeksiekoers net \u2019n paar dae vantevore 72 000, Sondagaand was dit 78 000. \u2019n Mens se brein kan jouself dit nie indink hoe vinnig dit versprei nie.<\/p>\n<p>\u2022Die hele w\u00eareld se infrastruktuur is nie toegerus vir \u2019n pandemie soos die korona nie. \u201cDaar is g\u00e9\u00e9n organisasie in die w\u00eareld wat dit sal kan hanteer as die sisteem oorweldig word nie.\u201d<\/p>\n<p>Hy het geluister na \u2019n praatjie van \u2019n dokter in New York wat werk by \u2019n hospitaal met 1 200 beddens.<\/p>\n<p>\u201cHulle het 1 200 koronapasi\u00ebnte! Dis \u00e1l wat hulle nou doen. Voorheen het hulle long-, hart-, nier- en selfs gesigoorplantings gedoen. Nou kan hulle nie.<\/p>\n<p>\u2022Dr. Welsh s\u00ea dat mense moet onthou dat daar steeds mense met ander siektes en noodgevalle soos ongelukke hospitaal toe gaan kom en dat hulle, net soos die koronapasi\u00ebnte, die beste mediese sorg kan verwag.<\/p>\n<p>\u2022Tydens die onderhoud het hy aanhoudend gepleit by mense om tuis te bly in hierdie afsonderingstyd.<\/p>\n<p>\u2022Daar word daagliks \u2019n kort video op\u00a0<b>www.mobserver.co.za<\/b>\u00a0geplaas waarin die dokters en ander hospitaalpersoneel mense daaraan herinner om tuis te bly en die basiese re\u00ebls te volg om die verspreiding van die virus te voorkom.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Hoe lank nog voor die koronavirus Middelburgers begin plattrek?<\/p>\n","protected":false},"author":8164,"featured_media":115066,"comment_status":"open","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"hasGravity":false,"cxt_article_byline":"Daleen Naud\u00e9","cxt_disable_google_ads":false,"footnotes":""},"categories":[7,2],"tags":[10367,23726,24090,24171,24170,23827,13492,10450,10366],"class_list":["post-115065","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-local-news","category-news-headlines","tag-betroubare-nuus","tag-covid-19","tag-dr-john-welsh","tag-dr-john-welsh-praat-oor-koronavirus","tag-hoe-lank-nog-voor-covid-19-in-middelburg-is","tag-koronavirus","tag-life-midmed-hospital","tag-middelburg-nuus","tag-plaaslike-nuus"],"category_labels":{"Category":"News","SubCategory":"Local news"},"tag_labels":["betroubare nuus","Covid-19","dr john welsh","dr john welsh praat oor koronavirus","hoe lank nog voor covid-19 in middelburg is","koronavirus","Life Midmed Hospital","middelburg nuus","plaaslike nuus"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/115065","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/users\/8164"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=115065"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/115065\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/media\/115066"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=115065"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=115065"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=115065"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}