{"id":114850,"date":"2020-04-01T09:07:13","date_gmt":"2020-04-01T07:07:13","guid":{"rendered":"https:\/\/mobserver.co.za\/?p=114850"},"modified":"2020-04-01T09:07:13","modified_gmt":"2020-04-01T07:07:13","slug":"ons-gaan-nie-na-die-berge-vlug-nie","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/opinion-edition\/2020\/04\/01\/ons-gaan-nie-na-die-berge-vlug-nie\/","title":{"rendered":"Ons gaan nie na die berge vlug nie"},"content":{"rendered":"<p>Niemand weet nie.<\/p>\n<p>Wie sou kon dink dat die land tot stilstand sou knars?<br \/>\nNie in ons wildste drome nie.<\/p>\n<p>Daar was in 1994 vrese dat Suid-Afrika in anargie sou verval, toe \u2019n nuwe regering aan bewind gekom het.<\/p>\n<p>Daar was bomme en dreigemente.<\/p>\n<p>Daar was \u2019n regse inval in Bophuthatswana.<\/p>\n<p>Mense het op groot skaal blikkieskos aangekoop en \u2019n groep regses het na die berge gevlug in Kranspoort.<br \/>\nDaar het hulle \u2019n nuwe afgesonderde lewe begin.<\/p>\n<p>Die verkiesing het gekom en gegaan.<\/p>\n<p>Toe ons een oggend opstaan was daar \u2019n ANC regering aan bewind.<br \/>\nDie \u201cvyand\u201d teen wie daar net nou die dag geveg is.<\/p>\n<p>Die son het weer geskyn.<\/p>\n<p>Suid-Afrikaners het met hulle lewe voortgegaan soos gister en eergister.<br \/>\nToe kom die draai van die eeu, die millennium.<\/p>\n<p>Die Y2K virus het die land laat bewe.<\/p>\n<p>Daar was vrese dat geld uit bankrekeninge sou verdwyn en rekenaarstelsels in duie sou stort.<br \/>\nWeer is koskaste vol gemaak en gewag vir die einde.<\/p>\n<p>Die draai van die eeu het gekom en gegaan en die son het weer geskyn, sonder enige virusprobleme.<\/p>\n<p>Nou sit ons in die jaar 2020.<\/p>\n<p>Koronavirus het die w\u00eareld getref.<\/p>\n<p>Maar hierdie keer is dit \u2019n dodelike aanslag op die mensdom en sterf daar daagliks honderde mense.<br \/>\nMiddelburg is nog gespaar &#8211; dank Vader.<\/p>\n<p>Die invloed is vernietigend &#8211; die geldwaarde wat verlore is, kan nie bepaal word nie.<br \/>\nMiljoene rande is weg.<\/p>\n<p>Een sakeman s\u00ea binne twee ure het hy R1 miljoen verloor na kansellasies by sy besigheid.<\/p>\n<p>Dit raak elkeen en dit gaan waarskynlik nog vir lank.<\/p>\n<p>Ons is saam in dit.<\/p>\n<p>Dat die meerderheid saamstaan om die aanslag te oorwin, is prysenswaardig.<br \/>\nDaar is nog sommige wat nie die erns besef nie.<\/p>\n<p>Middelburgers was nog altyd innoverend, kreatief en daar is \u2019n samehorigheid onder ons.<\/p>\n<p>Dankie tog daarvoor.<\/p>\n<p>Ons gaan nie na die berge vlug nie.<\/p>\n<p>Ons gaan saam veg teen die virusaanslag.<\/p>\n<p>Ons gaan weer opstaan.<\/p>\n<p>Ons gaan op ons knie\u00eb wees en bid dat die bloed van Jesus ons dorp sal beskerm.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Wat wag op ons die volgende dae?<\/p>\n","protected":false},"author":8164,"featured_media":22676,"comment_status":"open","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"hasGravity":false,"cxt_article_byline":"Tobie van den Bergh","cxt_disable_google_ads":false,"footnotes":""},"categories":[2888],"tags":[23726,23827,10010,12898,24134,24133,23872,24132,10333],"class_list":["post-114850","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-opinion-edition","tag-covid-19","tag-koronavirus","tag-local-news","tag-middelburg-news","tag-middelburg-staan-saam-tydens-koronavirus","tag-ons-gaan-nie-na-die-berge-vlug-nie","tag-panic-buying","tag-suid-afrika-in-vrees-vir-covid-19","tag-trusted-news"],"category_labels":{"Category":"Opinion","SubCategory":"Blogs"},"tag_labels":["Covid-19","koronavirus","local news","middelburg news","middelburg staan saam tydens koronavirus","ons gaan nie na die berge vlug nie","panic buying","suid afrika in vrees vir covid 19","trusted news"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/114850","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/users\/8164"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=114850"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/114850\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/media\/22676"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=114850"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=114850"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=114850"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}