{"id":114717,"date":"2020-03-31T13:38:09","date_gmt":"2020-03-31T11:38:09","guid":{"rendered":"https:\/\/mobserver.co.za\/?p=114717"},"modified":"2020-03-31T13:38:09","modified_gmt":"2020-03-31T11:38:09","slug":"vernon-barnard-deel-traumatiese-tyd-tydens-aanval-op-gesin","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/news-headlines\/2020\/03\/31\/vernon-barnard-deel-traumatiese-tyd-tydens-aanval-op-gesin\/","title":{"rendered":"Vernon Barnard deel traumatiese tyd tydens aanval op gesin"},"content":{"rendered":"<p>\u201cOp 30 Maart 2001, vandag presies 19 jaar terug is ons deur \u2019n gewapende roof by ons vorige huis in die Strand. Daardie jare was dit nog iets vreemds, deesdae \u2019n algemene verskynsel.<\/p>\n<p>Ek het op hierdie pragtige Vrydagogend die agterdeur se veiligheidshek oopgemaak om ons hondjie uit te laat. Die volgende oomblik het ek \u2019n geluid gehoor en toe ek omdraai, het ek in twee vuurwapenlope vasgekyk. Toe besef ek, hier is groot moeilikheid.<\/p>\n<p>Charl was vier jaar oud en Vernon sewe. So baie gaan deur \u2019n mens se kop. Vernon was op Worcester gewees en elke Vrydag moes ons hom optel by Virgin Active in Durbanville oorkant die Tygervallei Sentrum. Wat as hulle ons lewens sou neem en die busdiens laai ons blinde seun af en ons is nie daar nie, wat dan? Die bussie kon nie wag nie, ons moes daar wees. Dis die tipe gedagtes wat deur \u2019n mens se kop geflits het.<\/p>\n<figure id=\"attachment_114723\" aria-describedby=\"caption-attachment-114723\" style=\"width: 520px\" class=\"wp-caption alignnone\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-medium wp-image-114723\" src=\"https:\/\/mobserver.co.za\/wp-content\/uploads\/sites\/92\/2020\/03\/vernonbb-Copy-520x400.jpg\" alt=\"\" width=\"520\" height=\"400\" srcset=\"https:\/\/dwu32cgxelq1c.cloudfront.net\/local_newspapers\/sites\/92\/2020\/03\/vernonbb-Copy-520x400.jpg 520w, https:\/\/dwu32cgxelq1c.cloudfront.net\/local_newspapers\/sites\/92\/2020\/03\/vernonbb-Copy-300x231.jpg 300w\" sizes=\"auto, (max-width: 520px) 100vw, 520px\" \/><figcaption id=\"caption-attachment-114723\" class=\"wp-caption-text\">Vernon Barnard (senior).<\/figcaption><\/figure>\n<p>Hulle het ons baie styf vasgemaak met my dasse, eers individueel en toe aan mekaar. Charl was ook hande agter die rug vasgemaak op ons bed. Nadat hulle baie klere, juweliersware, kontant, my jagmes en vuurwapen uit my kluis geneem het, het hulle met alles in my BMW 316i weggejaag, my droomkar daardie tyd, en dit afgeskryf by Sandvlei, naby Macassar. Tog het hulle weggekom.<\/p>\n<p>Hulle het onder andere my kop toegegooi en wanneer hulle voor my tot stilstand gekom het, het ek gedink nou is dit\u00a0<i>tickets<\/i>. Gelukkig het hulle niks fisies aan ons gedoen nie. Die Liewe Heer het dit goedgedink om ons lewens te spaar.<\/p>\n<p>Min wetend die impak wat dit op ons as familie sou h\u00ea. Gelukkig kon ek vir Charl losbyt, wat op sy beurt weer ons kon loskry. Deel van sy terapie was dat hy die\u00a0<i>hero\u00a0<\/i>was omrede hy ons kon bevry het. Tog moet ons sterk wees as familie en aangaan.<\/p>\n<p>As iemand my vra hoe kry ons dit reg om te\u00a0<i>cope<\/i>, dan s\u00ea ek, as ek rondom my kyk sien ek baie mense wat deur baie erger dinge gaan as wat ons deurgemaak het, nie dat dit ons situasie makliker maak nie. Ons het geleer om dankbaar te wees vir dit wat ons wel het.<\/p>\n<p>Tog gebeur alles met \u2019n doel alhoewel dit nie noodwendig sin maak nie. Ek\/ons het geleer om net vorentoe te kyk en elke dag voluit te leef.<\/p>\n<p>Ons is bevoorreg om ons twee seuns by ons te h\u00ea in hierdie moeilike tyd van afsondering. Ons dink aan die families wat nie bymekaar kan wees nie, die wat alleen is, die hawelose mense, mense in die ouetehuise. Ons weet nie wat voorl\u00ea nie, hoe moeilik dit gaan wees nie, maar waar daar hoop is, is daar \u2019n weg.\u00a0<i>Trust God irrespective<\/i>.<\/p>\n<p>Wees veilig en leef naby God. Hy bly in beheer.\u201d<\/p>\n<p>\u2022Die Barnard gesin was voorheen geliefde inwoners van Middelburg.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>The Voice-sanger, Vernon Barnard, se pa, ook Vernon, het die traumatiese gebeure toe hulle op 30 Maart 19 jaar gelede by hulle huis oorval is, op sosiale media gedeel.<\/p>\n","protected":false},"author":8164,"featured_media":114722,"comment_status":"open","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"hasGravity":false,"cxt_article_byline":"Tobie van den Bergh","cxt_disable_google_ads":false,"footnotes":""},"categories":[7,2],"tags":[24125,24126,23396,10450,10366,1418,24124],"class_list":["post-114717","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-local-news","category-news-headlines","tag-barnard-gesin-aangeval","tag-barnard-gesin-in-gewapende-roof-vasgevang","tag-betrobare-nuus","tag-middelburg-nuus","tag-plaaslike-nuus","tag-vernon-barnard","tag-vernon-barnard-deel-traumatiese-aanval-op-gesin"],"category_labels":{"Category":"News","SubCategory":"Local news"},"tag_labels":["barnard gesin aangeval","barnard gesin in gewapende roof vasgevang","betrobare nuus","middelburg nuus","plaaslike nuus","Vernon Barnard","vernon barnard deel traumatiese aanval op gesin"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/114717","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/users\/8164"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=114717"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/114717\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/media\/114722"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=114717"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=114717"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=114717"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}