{"id":114119,"date":"2020-03-28T12:55:27","date_gmt":"2020-03-28T10:55:27","guid":{"rendered":"https:\/\/mobserver.co.za\/?p=114119"},"modified":"2020-03-28T12:55:27","modified_gmt":"2020-03-28T10:55:27","slug":"vrou-met-korona-nie-meer-middelburg","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/news-headlines\/2020\/03\/28\/vrou-met-korona-nie-meer-middelburg\/","title":{"rendered":"Vrou met Korona nie meer in Middelburg"},"content":{"rendered":"<p>&nbsp;<\/p>\n<p>Dr. Redge van Rensburg (woordvoerder vir geneeshere op Middelburg) het reageer op die Facebookplasing deur dr. Nadene Jooste en die berig op <strong>www.mobserver.co.za<\/strong> dat die eerste positiewe geval in Middelburg bevestig is.<\/p>\n<p>Hy het dit duidelik gestel dat sy ni\u00e9 in Middelburg getoets is nie, maar in eMalahleni, waar sy voltyds werk.<br \/>\nWat hy van die voorval weet, is dat die betrokke vrou \u2019n huis het in Middelburg, waar sy in die week bly, terwyl sy in eMalahleni werk.<\/p>\n<p>Hy s\u00ea sy het kort nadat sy verneem het dat sy positief getoets is, na haar ander huis in Johannesburg vertrek, waar sy sedertdien in kwarantyn is. Volgens hom is sy egter al 10 dae gelede positief getoets en nie nou in hierdie tyd voor en tydens die 21 dae afsonderingsperiode nie.<\/p>\n<p>Dr. Van Rensburg s\u00ea mense moet egter weet dat hy nie daarmee s\u00ea dat die virus ni\u00e9 in Middelburg kan wees nie! \u201cDit wil nie s\u00ea dat omdat daar niemand amptelik positief getoets is, dat die persoon wat langs jou in die supermark staan, nie die virus kan h\u00ea nie!\u201d<\/p>\n<p>Hy meld dat sommige mense wel draers van die virus kan wees en nie eers siek kan word nie. Hulle kan letterlik duisende mense so aansteek.<br \/>\n\u201cDie Minister van Gesondheid het \u2019n brief uitgestuur waarin hulle s\u00ea dat daar nog sowat \u2019n 1 000 mense is wat hulle probeer opspoor wat in kontak was net Korona pasi\u00ebnte. Besef julle watter impak dit op ons land kan h\u00ea?\u201d<\/p>\n<p>Hy is net so bekommerd soos die ander dokters in die dorp wat s\u00ea dat mense nie die erns van die Covid 19 virus besef nie.<br \/>\nDr. Van Rensburg was self ook ooggetuie van die lang rye mense wat by supermarkte en apteke gestaan het voor die afsonderingstyd begin het. \u201cAlmal het teen mekaar gestaan en kon die virus so versprei het!\u201d<\/p>\n<p>Wat vir hom verder rede tot kommer is, is die feit dat Itali\u00eb nou tot einde Julie in afsondering geplaas is.<br \/>\n\u201cEn ons land is besig om dieselfde profiel te volg, want daar is mense wat dit nie ernstig opneem nie.\u201d<\/p>\n<p>Hy stem saam met elke dokter daarbuite. \u201cBly in jou huis! As jy siek is, bel die spreekkamer. Gaan net spreekkamer toe met \u2019n noodgeval!\u201d<\/p>\n<p>Dr. Van Rensburg het saamgestem met ander dokters wat ges\u00ea het dat hospitale nie massas siek mense sal kan hanteer as die virus buite beheer mense infekteer nie. \u201cBly weg van ander mense af!\u201d<\/p>\n<p>Hy het dit uitgelig dat die Covid 19 virus met druppelbemetting net so vinnig aansteek soos tuberkulose. \u201cAs die persoon wat besmet is naby jou nies, hoes of selfs net sy o\u00eb knip, word daardie duisende druppeltjies oorgedra.\u201d<\/p>\n<p>Hy het herhaal dat dit van geen nut is dat gesonde mense maskers dra nie. \u2019n Siek persoon dra die masker om te keer dat die virus van hom af na ander oordra. \u201cMaar ek verstaan dat mense die maskers dra, omdat daar soveel duisende siek mense is wat ni\u00e9 maskers wil dra nie.\u201d<\/p>\n<p>Interessant om te meld dat sterftes onder kinders w\u00eareldwyd baie min is. Dr. Van Rensburg s\u00ea dit is omdat kinders nog al hul longblasies het en nog nie aan rook of vuil lug blootgestel is nie.<\/p>\n<p>Dit is algemene kennis dat rokers ho\u00eb risiko gevalle is met die Covid 19 virus, maar ook mense ouer as 65, diabetes- en hartlyers, asook mense met ander siektetoestande moet wegbly van ander mense om te voorkom dat hulle die virus opdoen.<\/p>\n<p>\u2022Daar is vir dr. Van Rensburg uitgevra oor riemtelegramme wat die rondte doen dat malariapille moontlik \u2019n effek op die virus kan h\u00ea.<br \/>\nHy s\u00ea dat daar wel in Korea proewe gedoen is, maar dat daar nog nie klinkklare bewyse daarvoor is nie.<br \/>\nDie boodskap het egter almal se ore bereik, \u201cwant jy sal n\u00earens \u2019n malariapil te koop kry nie,\u201d aldus dr. Van Rensburg.<\/p>\n<p>\u2022Weens die tekort aan toetse in die land, kan mense nie voor die voet laat toets vir die virus nie. Daar moet aan streng kriteria voldoen word (wat al oral in die media genoem is). En as jy s\u00ea jy was in kontak met \u2019n persoon wat positief getoets is, moet jy sy besonderhede en nommer kan verskaf.<\/p>\n<p>\u2022Die virus begin binne twee tot vyf dae simptome wys en as die eerste toets negatief is en die simptome duur voort, kan \u2019n tweede toets aangevra word.<\/p>\n<p>\u2022Wat dr. Van Rensburg en ook ander dokters in Suid-Afrika omkrap, is dat die virus al in Juliemaand af in China was. \u201cDie dokter wat iets daaroor ges\u00ea het, is eers in die tronk gestop, maar hy is later uitgelaat. Hyself het later aan die virus gesterf.\u201d<\/p>\n<p>\u2022Dr. Van Rensburg het ter afsluiting dit weereens benadruk dat die siklus net gebreek kan word as mense luister en tuisbly. \u201cDie oomblik wat dit erger versprei, sal ons dit nie kan keer nie en dan sit ons, soos Itali\u00eb, vir maande in afsondering. Hulle het dieselfde houding as sekere Suid-Afrikaners gehad.\u201d<\/p>\n<p><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"alignnone  wp-image-114009\" src=\"https:\/\/mobserver.co.za\/wp-content\/uploads\/sites\/92\/2020\/03\/FB_IMG_1585316767594-520x400.jpg\" alt=\"\" width=\"508\" height=\"391\" srcset=\"https:\/\/dwu32cgxelq1c.cloudfront.net\/local_newspapers\/sites\/92\/2020\/03\/FB_IMG_1585316767594-520x400.jpg 520w, https:\/\/dwu32cgxelq1c.cloudfront.net\/local_newspapers\/sites\/92\/2020\/03\/FB_IMG_1585316767594-300x231.jpg 300w\" sizes=\"auto, (max-width: 508px) 100vw, 508px\" \/><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die vrou wat positief getoets het vir die Koronavirus, is nie meer in Middelburg nie, maar onder kwarantyn by haar woning in Johannesburg.<\/p>\n","protected":false},"author":8164,"featured_media":114140,"comment_status":"open","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"hasGravity":false,"cxt_article_byline":"Daleen Naud\u00e9","cxt_disable_google_ads":false,"footnotes":""},"categories":[7,2],"tags":[24040,23726,2815,24039,24061,21966],"class_list":["post-114119","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-local-news","category-news-headlines","tag-corona","tag-covid-19","tag-johannesburg","tag-korona","tag-kwarantyn","tag-middelburg"],"category_labels":{"Category":"News","SubCategory":"Local news"},"tag_labels":["corona","Covid-19","Johannesburg","Korona","kwarantyn","middelburg"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/114119","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/users\/8164"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=114119"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/114119\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/media\/114140"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=114119"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=114119"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=114119"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}