{"id":11384,"date":"2014-05-29T16:00:00","date_gmt":"2014-05-29T14:00:00","guid":{"rendered":"http:\/\/echonews.sites.caxton.co.za\/11384\/op-spoor-van-moordenaars\/"},"modified":"2014-05-29T08:29:20","modified_gmt":"2014-05-29T06:29:20","slug":"op-spoor-van-moordenaars","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/uncategorized\/2014\/05\/29\/op-spoor-van-moordenaars\/","title":{"rendered":"Op spoor van moordenaars?"},"content":{"rendered":"<p>Me. Julie Cruse (72) is op 2 Junie 2012 in haar huis vermoor.<\/p>\n<p>Die moordenaars het haar met onder andere \u2019n strykyster en broodrooster gebrand.<\/p>\n<p>Haar hande en voete is agter haar rug met skoenveters vasgemaak en \u2019n bebloede serp was om haar nek gedraai.<\/p>\n<p>Daar was ook \u2019n kombuislap in haar mond en keel afforseer. \u2019<\/p>\n<p>n Lykskouing het later bepaal dat me. Cruse aan versmoring dood is (die kombuislap in haar mond en keel).<\/p>\n<p>Toe haar lyk in haar slaapkamer gevind is deur haar huishulp, me. Maria Magola, het sy nog half gestut teen haar bed gesit.<\/p>\n<p>Haar valstande het eenkant op die grond gel\u00ea. Die strykyster waarmee sy gebrand is, het langs haar gel\u00ea.<\/p>\n<p>Haar eksman, mnr. Ronnie Cruse, is al moedeloos. Hy het hom in Februarie 2013 tot die Observer gewend omdat hy gevoel het \u201cdaar word net niks aan die saak gedoen nie.\u201d<\/p>\n<p>Sy klagte is verwys na die destydse groepbevelvoerder, brig. Andre Smit (hy het intussen met pensioen gegaan) wat opdrag gegee het dat \u201c\u2019n senior speuroffisier dadelik na die dossier sal kyk.\u201d<\/p>\n<p>Kort na hierdie belofte het mnr. Cruse opgewonde laat weet dat die polisie by hom was en dat hy al die inligting wat hy tot sy beskikking gehad het, aan hulle oorhandig het.<\/p>\n<p>Teen Mei verlede jaar was daar nog geen positiewe terugvoer nie en mnr. Cruse se kinders (sy seun is die bekende gholfspeler, Andr\u00e9 Cruse) wou \u2019n privaatspeurder aanstel om die saak te ondersoek. Mnr. Cruse het egter gevoel \u201cdat die polisie net hul werk moet doen.\u201d<\/p>\n<p>In Oktober 2013 is daar op mnr. Cruse se navraag vir hom ges\u00ea dat \u2019n verdagte, wat \u2019n dag voor die moord in die omgewing van me. Cruse se huis gesien is, in Lydenburg gearresteer is, maar dat hy uit die hospitaal op Lydenburg ontsnap het.<\/p>\n<p>Mnr. Cruse s\u00ea sy kinders was die afgelope naweek by hom, waartydens hulle weer die hartseer gebeure van haar moord twee jaar gelede bespreek het.<\/p>\n<p>\u201cMy kinders het w\u00e9\u00e9r vele vrae gevra en ek vra ook nou. Was Julie nie belangrik genoeg nie?\u201d<\/p>\n<p>\u2022 Die bevelvoerder van die Georganiseerde Misdaadeenheid, kol. Faan Steenkamp, het ges\u00ea dat die dossier deur hul kantoor ondersoek word en dat daar nuwe inligting is wat hulle besig is om op te volg. Hy het onderneem om kontak met die familie te maak en hulle op hoogte te bring van die ondersoek.<\/p>\n<p>\u2022 Op 3 April vanjaar is mnr. en me. Edward (76) en Ina de Villiers (73) op die plaas Blaauwkop (Ermelo omgewing) deur drie rowers oorval in hul huis.<\/p>\n<p>Hulle is op bykans dieselfde manier as me. Cruse gemartel.<\/p>\n<p>Die egpaar is vasgebind en kookwater is oor hulle uitgegooi. Me. De Villiers is na \u2019n buitekamer geneem waar hulle haar met \u2019n warm strykyster op die bors gebrand het (soos in me. Cruse se geval).<\/p>\n<p>Vier dae voor die aanval op die egpaar, is mnr. JR B\u00fchrmann (77) dood in sy plaashuis op die plaas De Emigratie (ook in die Ermelo omgewing), gevind.<\/p>\n<p>Daar is aanvanklik aan die media ges\u00ea dat daar plastiek oor sy gesig getrek was. Later is onder andere ges\u00ea dat hy met \u2019n stomp voorwerp oor die kop geslaan is en toegedraai in \u2019n mat gevind is.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Twee jaar nadat \u2019n bejaarde vrou wreed op Pullenshope vermoor is, loop haar moordenaars steeds vry rond. Haar eksman s\u00ea \u201cdie polisie is net so dood soos Julie!\u201d<\/p>\n","protected":false},"author":1848,"featured_media":11385,"comment_status":"open","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"hasGravity":false,"cxt_article_byline":"XXXXX","cxt_disable_google_ads":false,"footnotes":""},"categories":[],"tags":[9],"class_list":["post-11384","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","tag-local-crime-news"],"category_labels":null,"tag_labels":["Crime"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/11384","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/users\/1848"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=11384"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/11384\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/media\/11385"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=11384"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=11384"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=11384"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}