{"id":11298,"date":"2014-05-27T00:00:00","date_gmt":"2014-05-26T22:00:00","guid":{"rendered":"http:\/\/echonews.sites.caxton.co.za\/11298\/renostertjie-gaffel-plaasbestuurder\/"},"modified":"2014-05-27T08:58:33","modified_gmt":"2014-05-27T06:58:33","slug":"renostertjie-gaffel-plaasbestuurder","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/news-headlines\/2014\/05\/27\/renostertjie-gaffel-plaasbestuurder\/","title":{"rendered":"Renostertjies weer doodgemaak"},"content":{"rendered":"<p>Saam met nog \u2019n renoster wat in die Groblersdal omgewing afgemaai is, staan dit totaal in di\u00e9 omgewing nou op drie in twee weke!<\/p>\n<p>Mnr. Farouk Moolla s\u00ea hy het renosters op sy plaas aangehou \u201cnet ter wille van natuurbewaring\u201d, maar n\u00e1 die voorval het hy besluit om vir die diere se eie veiligheid eerder sy vyf ander renosters ook te verkoop (mnr. Moolla het gevra dat sy wildsplaas nie ge\u00efdentifiseer word nie).<\/p>\n<p>Die twee renosterkoeie is verlede Vrydag (16 Mei) doodgeskiet en die stukkies horing wat die afgelope jaar en half begin groei het, afgekap.<\/p>\n<p>Mnr. Moolla s\u00ea die diere se horings is juis destyds afgesny deur natuurbewaring vir hul veiligheid, maar die stropers het steeds uit gierigheid gekom vir die sowat drie duim wat die horings die afgelope paar maande gegroei het.<\/p>\n<p>Kort nadat die diere gevind is, het mnr. Moolla en sy werknemers gere\u00ebl dat die oorblywende vyf renosters na \u2019n kleiner, veiliger area geskuif word. Die werknemers en veeartse het die diere verdoof en geskuif.<\/p>\n<p>Volgens mnr. Moolla het sy bestuurder, mnr. Louis van Wyk, opgemerk dat daar \u2019n stuk plastiek vassit onder aan een van die baba-renosters se poot. Die renostertjie is sowat \u2019n jaar en \u2019n half oud.<\/p>\n<p>Die renosters het net begin wakker word en mnr. Van Wyk het nader gehardloop om die plastiek onder die renoster se poot uit te trek. Die volgende oomblik het die renostertjie egter omgedraai en op mnr. Van Wyk afgestorm.<\/p>\n<p>Met sy klein horinkie het hy mnr. Van Wyk agter aan sy kuit gegaffel. Van die ander helpers het \u2019n kabaal opgeskop, waarop die renoster geepad en mnr. Van Wyk na veiligheid geneem kon word. Mnr. Van Wyk is na die Life Midmed Hospitaal geneem, waar die besering met steke geheg en hy vir die nag in die hospitaal gehou is.<\/p>\n<p>\u201cAs daar nie drasties iets gedoen word nie, gaan daar binne die volgende paar jaar nie meer \u00e9\u00e9n renoster oor wees nie,\u201d het mnr. Moolla omgekrap ges\u00ea.<\/p>\n<p><a href=\"http:\/\/mobserver.co.za\/10696\/gestroopde-renoster-gevind\/\">\u2019n Renoster is sowat twee weke gelede gestroop op mnr. Dawie van Staden se plaas Rooiboskloof (Groblersdal omgewing). Maandagoggend was daar gerugte dat \u2019n tweede renoster op di\u00e9 plaas gestroop is.<\/a><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Twee renosterkoeie is deur gierige wildstropers afgemaai vir twee klein stukkies horing wat die afgelope paar maande begin teruggroei het.<\/p>\n","protected":false},"author":1848,"featured_media":11299,"comment_status":"open","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"hasGravity":false,"cxt_article_byline":"XXXXX","cxt_disable_google_ads":false,"footnotes":""},"categories":[7,2],"tags":[21972,1472,1215,1473],"class_list":["post-11298","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-local-news","category-news-headlines","tag-animals","tag-gestroopte-renosters","tag-groblersdal","tag-violence"],"category_labels":{"Category":"News","SubCategory":"Local news"},"tag_labels":["animals","Gestroopte Renosters","Groblersdal","violence"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/11298","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/users\/1848"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=11298"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/11298\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/media\/11299"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=11298"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=11298"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=11298"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}