{"id":112945,"date":"2020-03-18T12:26:48","date_gmt":"2020-03-18T10:26:48","guid":{"rendered":"https:\/\/mobserver.co.za\/?p=112945"},"modified":"2020-03-18T12:26:48","modified_gmt":"2020-03-18T10:26:48","slug":"video-lyk-die-mans-wat-honde-vergiftig","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/news-headlines\/2020\/03\/18\/video-lyk-die-mans-wat-honde-vergiftig\/","title":{"rendered":"VIDEO: S\u00f3 lyk die mans wat honde vergiftig"},"content":{"rendered":"<p>\u2019n Gesin bied \u2019n R1 000 beloning aan vir enige inligting wat daartoe sal lei dat die skuldiges gearresteer word.<\/p>\n<p>Op die videomateriaal, wat verlede Dinsdag in Verdoornstraat (Mineralia) opgeneem is, kan gesien word hoe drie persone net na 01:00 die nag aangestap kom, waarna die een boef teen die muur opklim, iets uit \u2019n sakkie haal en dit in die erf gooi.<\/p>\n<p>Twee ure later keer hulle terug en as hulle sien daar is nog een van die honde wat blaf, gooi hulle n\u00f3g gif en later sommer die hele sak, in die rigting van die hond.<br \/>\nDie boewe klim in die erf, maar die huiseienaar word wakker en sit hulle agterna, waarna hulle oor die muur spring en die nag in verdwyn.<\/p>\n<p>Hierdie gifgooiers het die afgelope twee weke talle honde laat vrek nadat hulle gif in erwe gegooi het.<\/p>\n<p><strong>Lees ook: <a href=\"https:\/\/mobserver.co.za\/101333\/vyf-honde-laasnag-vergiftig\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener noreferrer\">Vyf honde in een nag vergiftig<\/a><\/strong><\/p>\n<p>\u2022In die\u00a0<i>Middelburg Observer<\/i>\u00a0van 6 Maart is daar berig van \u2019n gesin (wat anoniem wil bly) se twee honde wat gif ingegee is in die vroe\u00eb oggendure op 5 Maart.<br \/>\nDie gesin het weens werksverpligtinge omstreeks 02:00 tuis gekom en \u2019n \u201cdoef\u201d geluid gehoor soos iets wat val.<\/p>\n<p>Hulle het dadelik op die kameras gekyk en gesien hoe twee persone van die huis af wegstap.<\/p>\n<p><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"alignnone size-medium wp-image-112946\" src=\"https:\/\/mobserver.co.za\/wp-content\/uploads\/sites\/92\/2020\/03\/gif5-Copy-520x400.jpg\" alt=\"\" width=\"520\" height=\"400\" srcset=\"https:\/\/dwu32cgxelq1c.cloudfront.net\/local_newspapers\/sites\/92\/2020\/03\/gif5-Copy-520x400.jpg 520w, https:\/\/dwu32cgxelq1c.cloudfront.net\/local_newspapers\/sites\/92\/2020\/03\/gif5-Copy-300x231.jpg 300w\" sizes=\"auto, (max-width: 520px) 100vw, 520px\" \/><\/p>\n<p>Kort daarna het hulle die foksterri\u00ebr dood in die erf gekry. Hul Deense hond (Great Dane) het ook van die gif ingekry en hullehet dadelik vir hom rou eier gegee. Hulle moes hom egter ure later veearts toe vat, omdat hy baie siek geword het.<\/p>\n<p>\u201cDit het ons R3 500 gekos om sy lewe te red, maar dit is die moeite werd, want hy is soos \u2019n kind in ons huis.\u201d<\/p>\n<p>\u2022\u2019n Paar dae later het hulle \u2019n Gemeenskapspolisi\u00ebringsforum vergadering bygewoon en het hulle \u2019n ander inwoner ontmoet, wat hulle meegedeel het dat sy honde net \u2019n bietjie later dieselfde oggend vergiftig is.<\/p>\n<p>Hy het vir\u00a0<b>www.mobserver.co.za<\/b>\u00a0vertel dat sy hond tussen 05:00 en 07:00 vergiftig is.<\/p>\n<p>\u2022Dinsdag (10 Maart) het die groep beweeg na Verdoornstraat (Mineralia), waar hulle op die CCTV Videomateriaal vasgevang is.<br \/>\nDie eienaar s\u00ea hul Amerikaanse Staffordshire-bulterrier het gevrek, maar hulle kon die ander Staffordshire-bulterrier deurhaal.<\/p>\n<p><strong>Lees ook: <a href=\"https:\/\/mobserver.co.za\/112828\/boesman-jakkals-en-skim-laasnag-vergiftig\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener noreferrer\">Boesman, Jakkals en Slim laasnag vergiftig<\/a><\/strong><\/p>\n<p>\u2022Vrydag, 13 Maart, het die boewe teruggekeer na die eerste huis in Aerorand Wes (waar hulle die vorige week die gif vir die foksterri\u00ebr en Deense hond gevoer het).<\/p>\n<p>Die vrou (wat anoniem wil bly) vertel dat sy en haar dogter alleen tuis was, want die mans het vanaf middernag saam met die GPF patrollie gery.<\/p>\n<p>\u201cMy kind het om 00:45 \u2019n stem gehoor wat duidelik in haar droom vir haar s\u00ea: \u2018Kyk!\u2019 waarop sy opgekyk het na die kameras en die beweging in die erf gesien het.\u201d<br \/>\nSy het haar man en seun gebel, wat na die huis gejaag het, met ander lede van die GPF wat hulle vergesel het.<\/p>\n<p>Met hul aankoms, het haar seun op die muur gespring en met sy verfbalgeweer losgebrand op die twee boewe, wat nog in die erf was. Die boosdoeners het egter oor die muur gespring en die nag in verdwyn.<\/p>\n<p><strong>Lees ook:\u00a0<a class=\"anchor_post\" href=\"https:\/\/mobserver.co.za\/78907\/honde-vergiftig-boewe-wil-hul-uit-die-pad-kry-vir-inbrake-waarsku-gpf\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener noreferrer\">Honde vergiftig: \u2018Boewe wil hulle uit die pad kry vir inbrake\u2019 waarsku GPF<\/a><\/strong><\/p>\n<p>\u2022Dinsdag (gister) is daar drie honde in die vroe\u00eb oggendure in Jack Hindonstraat (Vaalbank) vergiftig. Die gesinne bly regoor mekaar.<br \/>\n\u2019n Swart Labrador, Boesman, is by die Kies gesin vergiftig en twee kolliehonde, Jakkals en Skim, by die Calitz familie.<\/p>\n<p>Almal is dit eens dat al die vergiftigings die afgelope tyd in die omgewing was waar daar motorfietse in die erwe was. Hulle is oortuig daarvan dat die honde stilgemaak is om later die motorfietse te gaan steel.<\/p>\n<p>\u2022Die afgelope vyf jaar is daar honderde honde in Middelburg vergiftig. Dit is egter \u2019n nasionale probleem dat duisende honde al vergiftig is tydens inbrake of diefstalle van motorfietse.<\/p>\n<p>\u2022As enige persoon die booswigte herken, bel die Middelburg Polisiestasie by 013 249 1600 en die inligting sal aan die ondersoekbeampte deurgegee word.<\/p>\n<div class='tie-fluid-width-video-wrapper tie-ignore-fitvid' style='margin-bottom: 30px;'>\n\t\t\t<iframe style='width: 100%; min-height: 300px; aspect-ratio: 16\/9;' src='https:\/\/www.youtube-nocookie.com\/embed\/gCpPkP_Hbks' loading='lazy'><\/iframe>\n\t\t<\/div>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Drie gifgooiers is op CCTV Videomateriaal vasgevang.<\/p>\n","protected":false},"author":8164,"featured_media":112947,"comment_status":"open","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"hasGravity":false,"cxt_article_byline":"Daleen Naud\u00e9","cxt_disable_google_ads":false,"footnotes":""},"categories":[7,2],"tags":[10367,23901,23903,1696,16278,23902,10450,10366],"class_list":["post-112945","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-local-news","category-news-headlines","tag-betroubare-nuus","tag-gifstooiers-op-videomateriaal-vasgevang","tag-gifstrooiers-op-kamera","tag-honde-vergiftig","tag-honde-vergiftig-op-middelburg","tag-mans-op-video-vasgevang-terwyl-hulle-honde-vergiftig","tag-middelburg-nuus","tag-plaaslike-nuus"],"category_labels":{"Category":"News","SubCategory":"Local news"},"tag_labels":["betroubare nuus","gifstooiers op videomateriaal vasgevang","gifstrooiers op kamera","Honde Vergiftig","honde vergiftig op middelburg","mans op video vasgevang terwyl hulle honde vergiftig","middelburg nuus","plaaslike nuus"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/112945","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/users\/8164"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=112945"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/112945\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/media\/112947"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=112945"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=112945"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=112945"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}