{"id":112670,"date":"2020-03-16T10:08:30","date_gmt":"2020-03-16T08:08:30","guid":{"rendered":"https:\/\/mobserver.co.za\/?p=112670"},"modified":"2020-03-16T10:08:30","modified_gmt":"2020-03-16T08:08:30","slug":"oorde-lodges-verwag-korona-knou-maar-se-besigheid-gaan-aan","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/news-headlines\/2020\/03\/16\/oorde-lodges-verwag-korona-knou-maar-se-besigheid-gaan-aan\/","title":{"rendered":"Oorde, lodges, verwag korona knou maar s\u00ea besigheid gaan aan"},"content":{"rendered":"<p><b>Www.mobserver.co.za<\/b>\u00a0het met die dorp se grootste toeriste aantreklikhede gepraat oor die invloed van die aankondiging.<\/p>\n<p>\u2022 Die jaarlikse Loskop Marathon gaan voorlopig voort, maar Forever Oorde se uitvoerende direkteur, mnr. Kobus Tait, s\u00ea dat die beperking van 100 mense of minder vir byeenkomste \u2019n reuse impak op die marathon kan h\u00ea.<\/p>\n<p>Hy s\u00ea nie net vir Forever Loskopdam nie, \u201cmaar die hele Middelburg waar gastehuise en hotelle reeds volgeboek is vir die marathon\u201d.<\/p>\n<p>Derduisende mense kom by die marathon se eindpunt bymekaar, terwyl honderde atlete ook aan die korter Wild Challenge deelneem.<br \/>\nDie Two Oceans marathon is af en selfs die Comrades Marathon is in gedrang.<\/p>\n<p>\u201cDie atlete wat nog nie gekwalifiseer het nie, gaan moontlik \u2019n probleem h\u00ea,\u201d s\u00ea mnr. Tate.<\/p>\n<p>Uiteraard word Loskopdam se Forever oord ook negatief be\u00efnvloed met die president se versoek dat binnelandse toerisme ook vir eers gestaak moet word.<\/p>\n<p>\u201cOns sal later die week beslis die nodige aankondigings maak,\u201d s\u00ea hy.<\/p>\n<p>\u2022 Pienaardam se Venessa van Niekerk s\u00ea tans is daar maatre\u00ebls wat behels dat almal wat die oord ingaan eers deeglik by die hek ontsmet sal word deur hulle hande te was.<\/p>\n<p>Die oord se gewilde Bruidskou in April gaan voorlopig nog aan, terwyl se ander groot gebeurlikhede soos die landbouskou eers veel later vanjaar plaasvind.<br \/>\nGeen gaste sal weg gewys word by Pienaardam nie.<\/p>\n<p>Sy glo as almal verantwoordelikheid vir hulself neem, en nie toerisme plekke soos Pienaardam besoek wanneer hulle siek voel nie, die uitbreking onder beheer gehou sal word.<\/p>\n<p>\u2022 De Voetpadkloof se Koos Kleinsmith s\u00ea dat daar by elke ingang en toonbank by die oord ontsmettingsmiddels is en dat borde ook aangebring is om van besoekers te vereis om by die oord se voorkomingsmaatre\u00ebls te hou.<\/p>\n<p>Die oord is egter oop en dinge gaan aan soos normaal. \u201cOns verwag kansellasies en ek weet dat die toersimebedryf \u2019n knou gaan kry,\u201d s\u00ea mnr. Kleinsmith.<\/p>\n<p>\u201cDie gemeenskap moet nou self verantwoordelikheid neem,\u201d beaam mnr. Kleinsmith die ander se sentimente en las by dat \u201cas jy siek voel bly tuis en word gesond\u201d.<\/p>\n<p>\u2022 Die plaaslike Kamer van Koophandel en Industrie se uitvoerende hoof, me. Anna-Marth Ott, wat ook aan die hoof staan van die Middelburg Toerismesentrum, s\u00ea dat hulle al \u2019n maand gelede planne ingestel het deur alle konsultante met ontsmettingsmiddels te voorsien, wat besoekers ook sal moet gebruik.<\/p>\n<p>Sy s\u00ea dat die beperkings \u2019n wesenlike invloed op die dorp se toerisme bedryf gaan h\u00ea, maar glo dat diegene wat siek voel, hul kontak self met ander sal beperk.<\/p>\n<p>\u201cOns is tans bekommerd oor Meimaand se Toerisme Indaba waarvoor plaaslike maatskappy reeds derduisende op spandeer het.<\/p>\n<p>\u201cAs die indaba afgestel word, gaan daar verliese in die miljoene wees,\u201d s\u00ea me. Ott.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Middelburg is \u2019n toerisme mekka wat op sy knie\u00eb gedwing kan word met die koronavirus en die noodtoestand wat Sondag deur president Cyril Ramaphosa aangekondig is.<\/p>\n","protected":false},"author":8164,"featured_media":109673,"comment_status":"open","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"hasGravity":false,"cxt_article_byline":"Gerhard Rheeder","cxt_disable_google_ads":false,"footnotes":""},"categories":[7,2],"tags":[23833,10367,23834,10450,23835,23832,10366],"class_list":["post-112670","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-local-news","category-news-headlines","tag-besigheid-duur-voort-tydens-koronapandemie","tag-betroubare-nuus","tag-korona-virus","tag-middelburg-nuus","tag-middelburg-oorde","tag-oorde-bly-oop-tydens-korona-pandemie","tag-plaaslike-nuus"],"category_labels":{"Category":"News","SubCategory":"Local news"},"tag_labels":["besigheid duur voort tydens koronapandemie","betroubare nuus","korona virus","middelburg nuus","middelburg oorde","oorde bly oop tydens korona pandemie","plaaslike nuus"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/112670","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/users\/8164"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=112670"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/112670\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/media\/109673"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=112670"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=112670"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=112670"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}