{"id":11090,"date":"2014-05-24T00:00:00","date_gmt":"2014-05-23T22:00:00","guid":{"rendered":"http:\/\/echonews.sites.caxton.co.za\/11090\/n-bmoerse-probleem\/"},"modified":"2014-05-26T09:09:24","modified_gmt":"2014-05-26T07:09:24","slug":"n-bmoerse-probleem","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/news-headlines\/2014\/05\/24\/n-bmoerse-probleem\/","title":{"rendered":"\u2019n Boer se probleem"},"content":{"rendered":"<p>Dolf Rossouw is moedeloos. Hulp van die owerhede is daar nie. Sy grensdraad word amper weekliks geknip, somtyds sommer \u2019n paar keer, meters uitmekaar.<\/p>\n<p>\u201cAs hulle nou hier geknip het, hoekom moet hulle dit daar ook knip?\u201d vra mnr. Rossouw terwyl hy na twee gate in die heining, skaars tien meter uitmekaar, wys.<\/p>\n<p>Mnr. Rossouw s\u00ea dat vier uitlanders, wat \u201cin die omgewing bly\u201d \u2019n skrikbewind by die tolhek, Ultra City en naburige plase voer.<\/p>\n<p>Waar presies hulle bly is \u2019n ope vraag. \u201cSommer so in die veld. Jy sal nog so in die veld ry dan sien jy daar steek een se kop uit. Voor jy jou o\u00eb uitvee is hy weg. Ander keer kry jy hulle weer onder \u2019n boom vuurmaak.\u201d<\/p>\n<p>Spore van misdaad l\u00ea mnr. Rossouw se hele plaas vol. Boewe wat hul buit in sy veld versteek, knip sy drade om maklik toegang tot die veld te kry. Verlede week het 80 van sy stoet brahmane op die N4 beland. Dinsdagoggend was hy juis weer besig om drade reg te maak. Voetpaadjies lei reguit na die geknipte gate in die grensdraad.<\/p>\n<p>Mnr. Rossouw beweer dat hy in die laaste jaar honderde versteekte trokbande en ander gesteelde goedere op sy plaas gekry het.<\/p>\n<p>\u201cEk skryf die troknommers op die bande neer. As jy die polisie bel kom hulle partymaal uit. Ander kere probeer ek self om die eienaars op te spoor.\u201d<\/p>\n<p>Mnr. Rossouw vertel dat hy eendag \u2019n man te voet langs die pad te\u00ebgekom het. Toe hy hom uitvra het die man aan hom ges\u00ea dat ses van sy trokbande deur die nag by die tolhek afgesteel is. Sy werknemer in Walvisbaai het laat weet dat die bande van sy salaris afgetrek gaan word.<\/p>\n<p>\u201cEk het vir hom ges\u00ea hy moet agterop die bakkie klim en vir my s\u00ea wat hy voor in die pad sien.\u201d<\/p>\n<p>Die spore waar diewe die wiele gerol het was duidelik sigbaar. Mnr. Rossouw en die trokbestuurder het dit gevolg tot waar dit in \u2019n mielieland weggeraak het. Meters daarvan af het hulle die bande gekry.<\/p>\n<p>\u201cHy was so dankbaar hy het amper begin huil.\u201d<\/p>\n<p>Oor Kersfees het diewe een van sy beeste geslag. Een van sy werkers wat oppad na die winkel by Ultra City was het die diewe gekry waar hulle met die beeskop langs die pad sit.<\/p>\n<p>Mnr. Rossouw s\u00ea dat hy al snaakse goed, soos drie bokse pruike, in die veld versteek gekry het. Boewe het ook al \u2019n ton Windhoek Lager van \u2019n trok af gesteel.<\/p>\n<p>\u201cDie sekuriteit s\u00ea dat hulle nie naby die mans gaan nie omdat hulle gewapen is.\u201d<\/p>\n<p>\u2019n Broodvragmotor met Gauteng nommerplate asook \u2019n wit Isuzu bakkie, wat vermoedelik vanaf die Uitkyk plakkerskamp daar naby kom, word gereeld gesien waar hulle vroegoggend gesteelde goedere uit die gras oplaai.<\/p>\n<p>\u2022 Die moontlikheid dat die mans met \u2019n vlaag misdaad in die omgewing verbind word, is ook deur mnr. Rossouw gelig. \u2019n Boer daar naby, Frank Glazer, se huis is onlangs met klippe bestook. \u2019n Paar weke terug is pastoor Douglas Belcher met \u2019n mes gesteek by die kibboets en drie weke voor dit is nog \u2019n inwoner daar geskiet. Nog \u2019n vrou is in die omgewing tydens \u2019n rooftog verkrag.<\/p>\n<p>jana@mobserver.co.za<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Om lewensvatbaar te boer is nie \u2019n grap nie. Maar om langs \u2019n besige hoofweg naby \u2019n tolhek te boer, is \u2019n perd van \u2019n heel ander kleur.<\/p>\n","protected":false},"author":1848,"featured_media":11091,"comment_status":"open","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"hasGravity":false,"cxt_article_byline":"Jana Boshoff","cxt_disable_google_ads":false,"footnotes":""},"categories":[2885,2],"tags":[],"class_list":["post-11090","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-local-crime-news","category-news-headlines"],"category_labels":{"Category":"News","SubCategory":"Crime News"},"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/11090","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/users\/1848"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=11090"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/11090\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/media\/11091"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=11090"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=11090"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=11090"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}