{"id":110232,"date":"2020-02-22T08:00:50","date_gmt":"2020-02-22T06:00:50","guid":{"rendered":"https:\/\/mobserver.co.za\/?p=110232"},"modified":"2020-02-21T10:03:44","modified_gmt":"2020-02-21T08:03:44","slug":"ondersoek-n-verleentheid-vir-polisie","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/news-headlines\/2020\/02\/22\/ondersoek-n-verleentheid-vir-polisie\/","title":{"rendered":"Ondersoek \u2019n verleentheid vir polisie"},"content":{"rendered":"<p>Sy pappa, Gerhard Coetzer (29), is voor sy o\u00eb deur \u2019n partytjieganger doodgeskiet.<\/p>\n<p>\u2019n Maklike saak om op te los?<\/p>\n<p>Nie vir die Middelburg Polisie nie!<\/p>\n<p>Die familie is met elke navraag laat weet dat die dossier by die aanklaers is vir beslissing, terwyl die dossier verlede jaar Augustus al teruggestuur is vir die ondersoekbeampte. Ses maande later en die ondersoek is steeds nie afgehandel nie.<\/p>\n<p>Die ondersoek na Coetzer se dood kan net in een woord beskryf word: \u2019n verleentheid!<\/p>\n<p><strong>Lees ook: <a href=\"https:\/\/mobserver.co.za\/81094\/man-op-kort-afstand-doodgeskiet-skuldige-loop-vry\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener noreferrer\">What really happened when Gerhard Coetzer was shot and killed<\/a><\/strong><\/p>\n<p>\u2022Daar is nie op die toneel balistiese toetse gedoen om te kyk vir geweerresidu op die teenwoordiges se hande nie.<\/p>\n<p>\u2022Van die mense het voor die polisie opgedaag, van die toneel af verdwyn en weer teruggekom. Van hulle het ook gery, terwyl die polisie nog besig was op die toneel met hul ondersoek.<\/p>\n<p>\u2022Die wapen is nooit opgespoor nie.<\/p>\n<p>\u2022Die polisie het destyds bevestig dat \u2019n koe\u00eblpunt na die gebeure in \u2019n buitekamer gevind is, waar dit deur \u2019n venster gegaan het. Niemand weet wat van hierdie inligting geword het nie.<\/p>\n<p><strong>Lees ook: <a href=\"https:\/\/mobserver.co.za\/82081\/vrou-vra-vir-logika\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener noreferrer\">Vrou vra vir logika<\/a><\/strong><\/p>\n<p>\u2022Die vrou was aanvanklik bang om op die toneel van die ander teenwoordiges se verklarings te verskil, aangesien sy gedreig is om stil te bly, \u201canders gaan hy s\u00ea ek het hom geskiet.\u201d Kort daarna is sy polisie toe om die waarheid te vertel, maar hulle wou haar nie glo nie.<\/p>\n<p>\u2022Nog \u2019n persoon het kort na die gebeure na vore gekom en ges\u00ea dat dieselfde persoon vantevore ook met die wapen gespeel het tydens \u2019n partytjie waar die alkohol gevloei het. Dit blyk dat hierdie inligting nooit opgevolg is nie.<\/p>\n<p>\u2022Die familie is met elke navraag by die polisie laat weet dat die dossier by die aanklaers is vir beslissing. Die waarheid is egter dat die dossier verlede jaar Augustus al teruggestuur is vir die ondersoekbeampte.<\/p>\n<p><strong>Lees ook: <a href=\"https:\/\/mobserver.co.za\/82665\/weduwee-sukkel-om-kop-bo-water-te-hou\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener noreferrer\">Weduwee sukkel om kop bo water te hou<\/a><\/strong><\/p>\n<p>Kapt. Khanyisile Zwane (mediawoordvoerder) het ges\u00ea \u201ceen van die redes\u201d waarom die dossier teruggestuur is \u201cvir verdere ondersoek\u201d, is omdat die ondersoekbeampte moet uitvind of die persone op die toneel vuurwapenlisensies gehad het! Sy het nie voor druktyd geweet of die dossier al weer terug gestuur is na die aanklaers vir beslissing nie.<\/p>\n<p>\u201cOns het nie eers geweet die dossier is teruggestuur vir die ondersoekbeampte nie. Kon hy in meer as \u2019n jaar nie hierdie basiese inligting gekry het nie? Hoekom is die mense en kinders by die partytjie ook nie weer ondervra nie? Hulle sal nie kan volhou met die leuen nie.\u201d<\/p>\n<p>Intussen is twee kleutertjies van hul pa ontneem en moet \u2019n jong ma hulle alleen grootmaak, omdat \u2019n persoon onverantwoordelik met \u2019n wapen opgetree en daaroor gelieg het. En daardie persoon loop vry rond, omdat die polisie nie \u2019n behoorlike ondersoek gedoen het nie.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>\u2019n Klein seuntjie soek \u2019n pappa van staal \u201cwat nie kan doodgaan nie\u201d.<\/p>\n","protected":false},"author":8164,"featured_media":110233,"comment_status":"open","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"hasGravity":false,"cxt_article_byline":"Daleen Naud\u00e9","cxt_disable_google_ads":false,"footnotes":""},"categories":[7,2],"tags":[10367,23473,23472,23474,23475,10450,10366],"class_list":["post-110232","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-local-news","category-news-headlines","tag-betroubare-nuus","tag-gerhard-coetzer-dood-geskiet","tag-gerhard-coetzer-moord","tag-gerhard-coetzer-moord-ondersoek-n-verleentheid-vir-polisie","tag-gerhard-coetzer-voor-sy-seuntjie-doodgeskiet","tag-middelburg-nuus","tag-plaaslike-nuus"],"category_labels":{"Category":"News","SubCategory":"Local news"},"tag_labels":["betroubare nuus","gerhard coetzer dood geskiet","gerhard coetzer moord","Gerhard Coetzer moord ondersoek n verleentheid vir polisie","Gerhard coetzer voor sy seuntjie doodgeskiet","middelburg nuus","plaaslike nuus"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/110232","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/users\/8164"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=110232"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/110232\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/media\/110233"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=110232"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=110232"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=110232"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}