{"id":109965,"date":"2020-02-18T11:39:11","date_gmt":"2020-02-18T09:39:11","guid":{"rendered":"https:\/\/mobserver.co.za\/?p=109965"},"modified":"2020-02-18T11:39:11","modified_gmt":"2020-02-18T09:39:11","slug":"windpomp-maker-sterf-na-baie-swaarkry","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/news-headlines\/2020\/02\/18\/windpomp-maker-sterf-na-baie-swaarkry\/","title":{"rendered":"Windpomp maker sterf na baie swaarkry"},"content":{"rendered":"<p>\u201cDaar waar hy nou in die hemel is, is daar nie ongemak nie. Hy het baie swaar gekry, sy lyding is verby,\u201d was die woorde van sy vrou, Liz, wat hom die afgelope paar maande met liefde versorg het. Hulle was 35 jaar getroud.<\/p>\n<p>\u201cNick was s\u00f3 goed vir my, al kon hy nie praat nie, het ons mekaar verstaan.\u201d<\/p>\n<p>Middelburgers sal mnr. Dannhauser onthou as die man wat ongelooflik kunstig was, al moes hy soms sonder krag en met basiese toerusting, die spesiale artikels maak.<\/p>\n<p>Hy was jare gelede \u2019n dieselwerktuigkundige, maar die gesin het alles verloor toe hy sy been verloor het in \u2019n ongeluk.<\/p>\n<p><strong>Lees ook: <a href=\"https:\/\/mobserver.co.za\/60856\/bou-modelkarre-met-een-hand-2\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener noreferrer\">Man bou modelkarre met een hand<\/a><\/strong><\/p>\n<p>In 2013 het mnr. Dannhauser ook \u2019n aneurisme gehad. Hy was vir maande aan sy bed gekluister en kon glad nie kommunikeer nie. Hiertydens het me. Dannhauser hom ook versorg.<\/p>\n<p>Nadat sy medikasie verminder is, het hy met geluide met sy vrou begin kommunikeer.<\/p>\n<p>Hy het die gebruik van sy regterhand ook verloor weens die aneurisme, maar het eendag al beduidende gewys sy moet vir hom toerusting aangee, waarna hy met sy linkerhand begin speelgoed bou het uit blik uit.<\/p>\n<p>Nog later het hy pragtige skepe, ossewaens en windpompies uit hout gemaak.<\/p>\n<p>Op 1 Julie 2019, op me. Dannhauser se verjaardag, het mnr. Dannhauser \u2019n massiewe beroerte gehad. Hy het vinnig agteruit gegaan en, omdat hy voltydse sorg nodig gehad het, het hulle by hul kinders in Trichardt gaan bly.<\/p>\n<p>Mnr. Dannhauser was daarna kort-kort in en uit die Evander Hospitaal.<\/p>\n<p><strong>Lees ook: <a href=\"https:\/\/mobserver.co.za\/91195\/man-sonder-en-spraak-bou-ossewaens-en-karre-vir-oorlewing\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener noreferrer\">Man sonder been en spraak bou ossenwaens en karre vir oorlewing<\/a><\/strong><\/p>\n<p>In Januarie het hy \u2019n longvirus opgedoen en is me. Dannhauser in kennis gestel dat hulle niks verder vir hom kon doen nie. Hy is weer saam met haar huis toe, waar sy hom versorg het tot verlede Vrydag toe hy weer \u2019n beroerte gehad het en sy hom hospitaal toe moes neem. Hy is vroeg die volgende oggend oorlede.<\/p>\n<p>Me. Dannhauser s\u00ea dit was vir haar \u2019n voorreg om na haar man te kyk. \u201cHy het so lank geveg om by my te wees. Hy het altyd ge<i>worry<\/i>\u00a0oor my.\u201d<\/p>\n<p>Mnr. Dannhauser word oorleef deur sy vrou, Liz, kinders Dean en Dwayne, skoondogters en ses kleinkinders.<\/p>\n<p>Dit was sy wens om ook in Middelburg begrawe te word soos sy broer, Gert. Die begrafnis is Donderdag om 11:00 uit die Corpus Christi gemeente.<\/p>\n<p>\u2022Me. Dannhauser kon alles gere\u00ebl kry vir die begrafnis, maar omdat sy geen inkomste het nie, kon hulle teen vanoggend nog nie blomme of verversings bekostig nie.<\/p>\n<p>As enige persoon \u2019n bydrae wil maak in die vorm van blomme of eetgoed, bel me. Dannhauser by 071 109 3958.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Nick Dannhauser (55) die man wat sonder spraak en sonder \u2019n been met sy linkerhand windpompies, ossewaentjies, skepe en karretjies gebou het, is Saterdag na \u2019n lang siekbed oorlede.<\/p>\n","protected":false},"author":8164,"featured_media":109966,"comment_status":"open","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"hasGravity":false,"cxt_article_byline":"Daleen Naud\u00e9","cxt_disable_google_ads":false,"footnotes":""},"categories":[7,2],"tags":[23396,10450,23398,23397,10366,23400,23399],"class_list":["post-109965","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-local-news","category-news-headlines","tag-betrobare-nuus","tag-middelburg-nuus","tag-nick-dannhauser-begrafnis","tag-nick-dannhauser-oorlede","tag-plaaslike-nuus","tag-wie-maak-windpompe-in-middelburg","tag-windpomp-maker-sterf"],"category_labels":{"Category":"News","SubCategory":"Local news"},"tag_labels":["betrobare nuus","middelburg nuus","nick dannhauser begrafnis","nick dannhauser oorlede","plaaslike nuus","wie maak windpompe in middelburg","windpomp maker sterf"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/109965","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/users\/8164"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=109965"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/109965\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/media\/109966"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=109965"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=109965"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=109965"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}