{"id":109715,"date":"2020-02-14T12:00:27","date_gmt":"2020-02-14T10:00:27","guid":{"rendered":"https:\/\/mobserver.co.za\/?p=109715"},"modified":"2020-02-14T08:24:06","modified_gmt":"2020-02-14T06:24:06","slug":"waarheen-met-verslaafdes","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/news-headlines\/2020\/02\/14\/waarheen-met-verslaafdes\/","title":{"rendered":"Waarheen met verslaafdes?"},"content":{"rendered":"<p>Die vroue van Almal Help Almal Vlerke is al vir etlike weke besig om vir mense deur middel van plakkate te vra om nie vir die bedelaars geld te gee nie, want dit word vir dwelms gebruik.<\/p>\n<p>Hulle praat ook met die dwelm- en drankverslaafdes en spoor hulle aan om hulp te soek by rehabilitasiesentrums.<\/p>\n<p>Maar dit is presies hier waar die probleem l\u00ea. \u201cDaar is van hulle wat bereid is om te gaan vir hulp, maar niemand kan meer verniet help nie,\u201d het me. Rozllin Cousins (Almal Help Almal Vlerke) moedeloos ges\u00ea.<\/p>\n<p>Me. Ayesha Snyman, wat aan die stuur van Hope Corner in Middelburg staan, s\u00ea dat slegs drie van die 28 verslaafdes (wat van regoor die land kom) se families bydraes lewer.<\/p>\n<p><strong>Lees ook: <a href=\"https:\/\/mobserver.co.za\/100976\/deernis-met-mense-vasgevang-verslawing\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener noreferrer\">Deernis met mense vasgevang in verslawing<\/a><\/strong><\/p>\n<p>Dit kos sowat R3 000 per maand om een persoon te help. Dit sluit berading, drie etes per dag, badkamerbenodigdhede en medikasie in.<\/p>\n<p>Alhoewel sy soms wonder waar al die fondse vandaan gaan kom, \u201cvoorsien die Here altyd. Ek weet nie hoe onderhou ons 28 mense nie en as dit nie vir Hom was nie, sou ons al lankal toegemaak het.\u201d<\/p>\n<p>Me. Snyman s\u00ea dit het selfs al gebeur dat hulle winkels toe gegaan het en dat sy gew\u00e9\u00e9t het daar is nie geld in die rekening nie. \u201cAs ons egter die kaart deurtrek, dan is die geld net daar. Tussen die hartseer, is daar altyd wonderwerke.\u201d<\/p>\n<p>Hope Corner het nou twee huise vir verslaafdes, nadat hulle deurgebreek het na \u2019n huis aan die agterkant van die kompleks. Mans en vroue bly apart, tensy hulle getroud is. Hulle is ook besig om \u2019n kliniekkamer in te rig om verslaafdes te ondersteun met erge onttrekking.<\/p>\n<p>Sy het nog plek vir een vrou. Die program wat hulle volg neem \u2019n jaar.<\/p>\n<p><strong>Lees ook:\u00a0<a class=\"anchor_post\" href=\"https:\/\/mobserver.co.za\/89646\/pastoor-se-hy-sal-aanhou-werk-met-verslaafdes-op-straat\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener noreferrer\">Pastoor s\u00ea hy sal aanhou werk met verslaafdes op straat<\/a><\/strong><\/p>\n<p>\u201cOns glo dat die Here in mense se harte werk om ons te help.\u201d<\/p>\n<p>\u2022Past. Jannie Jacobs (Oorwinnaars Halfweghuis vir mans) stem saam met me. Snyman en is hulle dankbaar vir elke persoon wat hulle ondersteun.<br \/>\nDit kos sowat R2 500 per maand om \u2019n man by Oorwinnaars te help.<\/p>\n<p>\u2019n Verslaafde drink geweldig baie koffie nadat hy die dwelms gelos het. \u201cHulle drink een blik koffie binne drie dae klaar, wat beteken dat net ons koffie sowat R800 per maand beloop.\u201d<\/p>\n<p>\u201cDie Here is ons begroting en daar gebeur baie wonderwerke.\u201d<\/p>\n<p><strong>Lees ook:<\/strong>\u00a0<strong><a class=\"anchor_post\" href=\"https:\/\/mobserver.co.za\/89304\/n-dorp-n-dwelmkrisis-verslaafdes-bedel-en-sterf-op-straat\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener noreferrer\">\u2018n Dorp in \u2018n dwelmkrisis \u2013 verslaafdes bedel en sterf op straat<\/a><\/strong><\/p>\n<p>Hy s\u00ea die verslaafde moet self by hulle uitkom as hy gehelp wil word. \u201cDit help nie om iemand net in die straat op te laai en by ons te kom aflaai nie.\u201d<br \/>\nHy het ook ges\u00ea dat verslaafdes moet onthou, \u201cas hulle by die Oorwinnaars aankom, het hulle \u2019n ontmoeting met Christus.\u201d<\/p>\n<p>Daar word ook van die mans verwag om te hou by die re\u00ebls, soos dat hulle nie mag rook nie. Daar word ook nie medikasie voorsien vir onttrekking nie.<br \/>\nNa die onttrekking moet hulle ook betrokke raak by die dagtake in en om die huis. \u201cDissipline is baie belangrik.\u201d<\/p>\n<p>Vir persone wat hom vra vir \u2019n lysie van benodigdhede, s\u00ea hy net: \u201cenigiets is welkom, want ons kan alles gebruik.\u201d<\/p>\n<p>Sakelui en persone wat bydraes wil lewer vir di\u00e9 twee huise, of \u2019n verslaafde wil borg, kan me. Snyman bel by 082 905 3418 of past. Jacobs by 082 566 1862.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Om net aan die basiese behoeftes van \u2019n verslaafde in rehabilitasie te voorsien, beloop tussen R2 500 en R3 000 per maand en is dit nie maklik om hierdie fondse te in nie.<\/p>\n","protected":false},"author":8164,"featured_media":75591,"comment_status":"open","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"hasGravity":false,"cxt_article_byline":"Daleen Naud\u00e9","cxt_disable_google_ads":false,"footnotes":""},"categories":[7,2],"tags":[10367,8724,23316,10450,23315,10366,23314],"class_list":["post-109715","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-local-news","category-news-headlines","tag-betroubare-nuus","tag-dwelm-verslawing","tag-hulp-vir-dwelm-verslawing","tag-middelburg-nuus","tag-omkostes-vir-rehabilitasie","tag-plaaslike-nuus","tag-waarheen-met-middelburg-se-dwelm-verslaafdes"],"category_labels":{"Category":"News","SubCategory":"Local news"},"tag_labels":["betroubare nuus","dwelm verslawing","hulp vir dwelm verslawing","middelburg nuus","omkostes vir rehabilitasie","plaaslike nuus","waarheen met middelburg se dwelm verslaafdes"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/109715","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/users\/8164"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=109715"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/109715\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/media\/75591"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=109715"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=109715"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=109715"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}