{"id":109712,"date":"2020-02-14T07:43:15","date_gmt":"2020-02-14T05:43:15","guid":{"rendered":"https:\/\/mobserver.co.za\/?p=109712"},"modified":"2020-02-14T07:43:15","modified_gmt":"2020-02-14T05:43:15","slug":"inbrekers-gee-vir-honde-water","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/news-headlines\/2020\/02\/14\/inbrekers-gee-vir-honde-water\/","title":{"rendered":"Inbrekers gee vir honde water"},"content":{"rendered":"<p>Die polisie was Dinsdagmiddag voor enige ander noodgroepe by \u2019n huis in Lebombostraat (Aerorand) nadat hulle in kennis gestel is dat daar \u2019n gewapende rooftog by \u2019n huis was.<\/p>\n<p>Alhoewel dit nie \u2019n rooftog was nie, was een van die inbrekers wel gewapen.<\/p>\n<p>Mnr. Juan Jochimsen s\u00ea as dit nie vir \u2019n buurvrou se blitsige optrede was nie, sou daar waarskynlik derduisende huisware by sy huis gesteel gewees het.<\/p>\n<p>Die vrou (wie se naam weerhou word op versoek) het later vir hom vertel dat sy op die eerste verdieping van hul meenthuis gestaan het, toe sy omstreeks 12:00 deur die venster gesien het dat daar \u2019n wit bakkie skuins voor mnr. Jochimsen se huis stop.<\/p>\n<p>Sy het aanvanklik gedink dit is mense wat vir die gesin daar wag en aangegaan met haar huiswerkies.<\/p>\n<p>Minute later het sy weer deur die venster gekyk en gesien dat \u2019n man met \u2019n bottel water vir die honde deur die palissadeheining gee. Dit was duidelik net water, want hy het self \u2019n sluk of twee van die water tussenin geneem.<\/p>\n<p><strong>Lees ook: <a href=\"https:\/\/mobserver.co.za\/109682\/afstandbeheer-diewe-volg-egpaar\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener noreferrer\">Afstandbeheerdiewe volg egpaar<\/a><\/strong><\/p>\n<p>Die volgende oomblik het sy opgemerk dat daar \u2019n ander man besig is om die hek op te lig.<\/p>\n<p>Sy het besef dat hulle gaan inbreek en het haar man gebel en gevra om die polisie te kontak, terwyl sy die trappies afgehardloop het om ook alarm by een van die bure te gaan maak. Sy kon nie die bure in die hande kry nie en is weer die trappies op.<\/p>\n<p>Terug by die venster het sy gesien dat een van die vier booswigte \u2019n wapen in sy hand het en dat hulle die bakkie reeds agteruit in die erf ingestoot het, om hul buit daarin te laai. Die groep het ook reeds die huis se deur oopforseer en was besig om \u2019n televisie in te laai.<\/p>\n<p>Op hierdie tydstip het sy haar alarm se paniekknoppie gedruk en het haar huisalarm begin skree.<\/p>\n<p>Die groep inbrekers het oorbluf na buite gestorm en rondgekyk waar die alarm afgaan, waarna hulle in die bakkie gespring en weggery het in die rigting van die Vandyksdriftpad.<\/p>\n<p><strong>Lees ook: <a href=\"https:\/\/mobserver.co.za\/109620\/polisie-soek-na-huisrowers-wat-pas-huis-beroof-het\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener noreferrer\">Polisie soek na huisrowers wat pas huis beroof het<\/a><\/strong><\/p>\n<p>Mnr. Jochimsen s\u00ea kort hierna het die polisie opgedaag en die omgewing gefynkam, maar die booswigte was skoonveld.<\/p>\n<p>Alhoewel talle kaste in die huis oopgemaak en juwele gestrooi in hul kamer gel\u00ea het, het die boewe net weggekom met die televisie. Hy glo die feit dat sy alarm gemaak het, het hulle laat besluit om alles net so te los en te ry.<\/p>\n<p>Hy vermoed die diewe het hulle die afgelope tyd dopgehou, want die bakkie is \u2019n paar keer in die straat opgemerk.<\/p>\n<p>Die afgelope week kon hulle weens \u2019n pap afstandbeheer ook nie hul alarm afsit nie. \u201cAs ons so ent wegry, het ons gewoonlik die alarm aangesit en die diewe moes gesien het ons sit dit hierdie week nie meer aan nie.\u201d<\/p>\n<p>Mnr. Jochimsen het die polisie bedank wat so vinnig opgedaag het, asook die buurvrou, ander bure en groepe wat help soek het na die diewe.<\/p>\n<p>\u2022Die vrou het aanvanklik ges\u00ea dit is \u2019n NP200 bakkie, maar later was sy nie doodseker nie en is daar ook ges\u00ea dat dit \u2019n NP300 kon wees. In haar verklaring het sy ook genoem dat een van die diewe \u2019n wit en die ander een \u2019n rooi hemp aangehad het.<\/p>\n<p>\u2022Sowat \u2019n uur later was daar \u2019n soortgelyke inbraak in Van Elderstraat (Gholfsig) waar die hek ook van die spoor afgehaal is. \u2019n Foto is op noodgroepe geplaas van die bakkie en het mnr. Jochimsen gemeld dat die buurvrou ges\u00ea het dat dit dieselfde bakkie is.<\/p>\n<p>\u2022\u2019n Inwoner van Eikestraat (Kanonkop) het Woensdagaand vir \u2019n joernalis ges\u00ea dat \u2019n wit bakkie Dinsdag ook voor haar huis gestop het.<\/p>\n<p>Die huishulp wou hulle nie inlaat nie en het al die deure gesluit. Die huishulp het vir haar ges\u00ea dat een van die mans wat met haar gepraat het, \u2019n rooi hemp aangehad het en dat hulle ook vier in die voertuig was.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>In \u2019n vreemde sameloop van omstandighede het ooggetuies gesien hoe inbrekers honde kalmeer deur vir hulle water te gee.<\/p>\n","protected":false},"author":8164,"featured_media":109713,"comment_status":"open","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"hasGravity":false,"cxt_article_byline":"Daleen Naud\u00e9","cxt_disable_google_ads":false,"footnotes":""},"categories":[7,2],"tags":[10367,23313,23311,21152,17067,23312,10450,8142,10366],"class_list":["post-109712","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-local-news","category-news-headlines","tag-betroubare-nuus","tag-huisrowers-gee-honde-water","tag-huisrowers-vlug-in-np-200","tag-inbrake-in-aerorand","tag-inbrake-in-middelburg","tag-inbrekers-voer-honde-water","tag-middelburg-nuus","tag-misdaad-in-middelburg","tag-plaaslike-nuus"],"category_labels":{"Category":"News","SubCategory":"Local news"},"tag_labels":["betroubare nuus","huisrowers gee honde water","huisrowers vlug in np 200","inbrake in aerorand","inbrake in middelburg","inbrekers voer honde water","middelburg nuus","misdaad in middelburg","plaaslike nuus"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/109712","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/users\/8164"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=109712"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/109712\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/media\/109713"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=109712"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=109712"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=109712"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}