{"id":109682,"date":"2020-02-13T12:01:51","date_gmt":"2020-02-13T10:01:51","guid":{"rendered":"https:\/\/mobserver.co.za\/?p=109682"},"modified":"2020-02-13T12:01:51","modified_gmt":"2020-02-13T10:01:51","slug":"afstandbeheer-diewe-volg-egpaar","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/news-headlines\/2020\/02\/13\/afstandbeheer-diewe-volg-egpaar\/","title":{"rendered":"Afstandbeheer diewe volg egpaar"},"content":{"rendered":"<p>Me. Anna-Mart Ott en haar man, Nick, was verlede Donderdag slagoffers van afstandbeheerdiewe wat artikels uit hul voertuig in Pretoria gesteel het.<\/p>\n<p>\u201cOns vermoed hulle het gesien ons het \u2019n Mpumalanga registrasienommer en ons gevolg van die hoofweg af tot by die winkelsentrum by Lynnwoodweg. Die sekuriteitswag het later bevestig dat die Run X saam met ons ingery het.\u201d<\/p>\n<p>Mnr. Ott het die deure met sy afstandbeheer gesluit en hulle het by \u2019n restaurant gaan eet.<br \/>\n\u2019n Rukkie later het mnr. Ott weer uitgekom om hul wegneempakkie in die kar te b\u00eare.<\/p>\n<p>\u201cOns Mercedes se spie\u00ebltjies het inbeweeg, so sekere gedeeltes van die seine h\u00e9t gewerk.\u201d Die booswigte het egter \u2019n afstandbeheerder ingehou sodat die kar se deure nie sluit nie.<\/p>\n<p><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"alignnone size-medium wp-image-109684\" src=\"https:\/\/mobserver.co.za\/wp-content\/uploads\/sites\/92\/2020\/02\/ott-Copy-520x400.jpg\" alt=\"\" width=\"520\" height=\"400\" srcset=\"https:\/\/dwu32cgxelq1c.cloudfront.net\/local_newspapers\/sites\/92\/2020\/02\/ott-Copy-520x400.jpg 520w, https:\/\/dwu32cgxelq1c.cloudfront.net\/local_newspapers\/sites\/92\/2020\/02\/ott-Copy-300x231.jpg 300w\" sizes=\"auto, (max-width: 520px) 100vw, 520px\" \/><\/p>\n<p>Die booswig het hierna agter mnr. Ott by die sentrum inbeweeg en moes gesien het dat hulle na die slaghuis toe gaan.<\/p>\n<p>Hy het doodluiters aan die anderkant van die sentrum uitgekom, die kattebak oopgemaak en gekyk of daar iets is wat hy kan buit. Toe hy niks van waarde kry nie, het hy by die passasierskant ingeklim en alles wat hy onder die sitplekke kon kry uitgehaal.<\/p>\n<p>Me. Ott s\u00ea haar handsak met al haar kaarte (bank- en ID kaarte), asook haar Tablet, wat in \u2019n leersak was, is gevat.<\/p>\n<p>\u201cGelukkig het ek my foon by my gehad. \u2019n Mens is duisend keer paraat en daardie \u00e9\u00e9n keer wat jy nie weer kyk nie, vat hulle die kans! En dit het gebeur terwyl daar vier jongmense in die restaurant reg naby ons voertuig gesit het!\u201d<\/p>\n<p><strong>Lees ook: <a href=\"https:\/\/mobserver.co.za\/92805\/straatrowers-bedrywig-poskantoor-2\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener noreferrer\">Straatrowers bedrywig by poskantoor<\/a><\/strong><\/p>\n<p>Nog voordat die bank een van die kaarte kon stop, het die diewe \u201cvliegkaartjies Durban toe gekoop vir R1 000 op my kredietkaart.\u201d<\/p>\n<p>Me. Ott s\u00ea die finansi\u00eble waarde van die artikels wat gesteel is, is nie soveel soos die sentimentele waarde nie. \u201cDie leersak waarin my Tablet was, het my man by Shell in Marokko gekry.\u201d<\/p>\n<p>Hulle het \u2019n diefstal uit motorvoertuigsaak by die Brooklyn Polisie gaan open.<\/p>\n<p>\u201cBaie mense maak nie sake in sulke gevalle nie, omdat hulle nie wil terugkeer as skuldiges gevang word nie. Maar dit is belangrik om \u2019n saak te maak, want as jy nie \u2019n saak maak nie, het die polisie nie die ammunisie om hulle te vervolg nie.\u201d<\/p>\n<p>Me. Ott het die CCTV Videomateriaal by die sentrum gaan haal en ook skermskote van die verdagte aan die\u00a0<i>Observer\u00a0<\/i>beskikbaar gestel.<\/p>\n<p>\u201cEk wil h\u00ea die hele w\u00eareld moet sy gesig sien!\u201d<\/p>\n<p>\u2022\u2019n Video van die gebeure kan gesien word by\u00a0<b>www.mobserver.co.za.<\/b><\/p>\n<div class='tie-fluid-width-video-wrapper tie-ignore-fitvid' style='margin-bottom: 30px;'>\n\t\t\t<iframe style='width: 100%; min-height: 300px; aspect-ratio: 16\/9;' src='https:\/\/www.youtube-nocookie.com\/embed\/CprzhdbMzcg' loading='lazy'><\/iframe>\n\t\t<\/div>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die Hoof Uitvoerende Beampte van die Kamer van Koophandel en haar man is deur diewe, wat afstandbeheerders gebruik, besteel.<\/p>\n","protected":false},"author":8164,"featured_media":109683,"comment_status":"open","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"hasGravity":false,"cxt_article_byline":"Daleen Naud\u00e9","cxt_disable_google_ads":false,"footnotes":""},"categories":[7,2],"tags":[23290,23291,10367,23292,10450,1933,23294,23295,23293,10366],"class_list":["post-109682","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-local-news","category-news-headlines","tag-afstandbeheerdiewe-teiken-mpumalanga-voertuie-in-pretoria","tag-anna-mart-ott","tag-betroubare-nuus","tag-egpaar-word-besteel-deur-afstandbeheerdiewe","tag-middelburg-nuus","tag-misdaad","tag-misdaad-in-lynwood","tag-misdaad-in-pretoria","tag-misdaad-in-suid-afrika","tag-plaaslike-nuus"],"category_labels":{"Category":"News","SubCategory":"Local news"},"tag_labels":["afstandbeheerdiewe teiken mpumalanga voertuie in pretoria","anna mart ott","betroubare nuus","egpaar word besteel deur afstandbeheerdiewe","middelburg nuus","misdaad","misdaad in lynwood","misdaad in pretoria","misdaad in suid afrika","plaaslike nuus"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/109682","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/users\/8164"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=109682"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/109682\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/media\/109683"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=109682"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=109682"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=109682"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}