{"id":109599,"date":"2020-02-11T11:00:18","date_gmt":"2020-02-11T09:00:18","guid":{"rendered":"https:\/\/mobserver.co.za\/?p=109599"},"modified":"2020-02-11T08:50:33","modified_gmt":"2020-02-11T06:50:33","slug":"trane-die-sel-terwyl-knoesen-praat-uit-tronk","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/news-headlines\/2020\/02\/11\/trane-die-sel-terwyl-knoesen-praat-uit-tronk\/","title":{"rendered":"Trane in die sel terwyl Knoesen praat uit tronk"},"content":{"rendered":"<p>Die val van pastoor Harry Knoesen was Maandag verbysterend, daar waar hy in die Paxton Gevangenis naby eMalahleni met die <i>Middelburg Observer<\/i>\u00a0gepraat het.<\/p>\n<p>Die omstrede pastoor, wat van terrorisme aangekla word, s\u00ea dat hy nooit ernstig was toe hy oorlogpraatjies op sosiale media gemaak het nie. Volgens hom was dit deel was van \u2019n plan om ver-regses te ontbloot wat mense finansieel uitbyt.<\/p>\n<p>Hy het vertel van \u2019n poging op sy lewe in September en ook oor sy ervaring as jong man toe hy na Engeland gestuur is om ANC lede vermoor.<\/p>\n<p>\u201cDaar is soveel uitgesproke mense wat kan s\u00ea \u2018<i>One settler, one bullet<\/i>\u2019 of \u2018<i>Kill the farmer<\/i>\u2019, hoekom mag ek nie sulke uitlatings maak nie?\u201d<\/p>\n<p>Knoesen s\u00ea hy was kwaad toe hy die eerste video gemaak het, maar dat die seisoen van woede lankal verby is.<\/p>\n<p><strong>Lees ook: <a href=\"https:\/\/mobserver.co.za\/91130\/outrage-war-talks\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener noreferrer\">Outrage over war talks<\/a><\/strong><a href=\"https:\/\/mobserver.co.za\/91130\/outrage-war-talks\/\">\u00a0<\/a><\/p>\n<p>Hy het n\u00e1 sy eerste video, waarin hy \u2018oorlogspraatjies\u2019 gemaak het, besef hy het \u2019n fout begaan, toe sy vriende uit Mhluzi hom bel en vra wat hom besiel. Hy het toe \u2019n tweede video gemaak waarin hy sy swart vriende om verskoning vra en daarna na enige iemand wat \u201cmoor en verkrag\u201d ongeag hulle ras, as \u201cdonkergroenes\u201d verwys.<\/p>\n<p>\u201cEk het \u2019n ding of twee daaruit geleer. Onthou net, ek was nooit regs nie, inteendeel, ek is nog altyd geteiken deur die regses.\u201d<\/p>\n<p>Na sy videos die rondte begin doen het, het baie ver-regse leiers hom gekontak. Hy s\u00ea dat meeste van hulle \u2019n \u201cweghardloop plan\u201d gehad het, wat behels dat hul volgelinge reg moet staan om te vlug as daar bedreiging sou wees. Volgens Knoesen is daar verskeie eiendom in die Wes Kaap gekoop, waarvoor volgelinge dan \u2019n deposito en maandelikse heffing moet betaal om hul plek te verseker, sou hulle moes vlug.<\/p>\n<p><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"alignnone size-medium wp-image-109600\" src=\"https:\/\/mobserver.co.za\/wp-content\/uploads\/sites\/92\/2020\/02\/J1-3Feb20-1-Copy-520x400.jpg\" alt=\"\" width=\"520\" height=\"400\" srcset=\"https:\/\/dwu32cgxelq1c.cloudfront.net\/local_newspapers\/sites\/92\/2020\/02\/J1-3Feb20-1-Copy-520x400.jpg 520w, https:\/\/dwu32cgxelq1c.cloudfront.net\/local_newspapers\/sites\/92\/2020\/02\/J1-3Feb20-1-Copy-300x231.jpg 300w\" sizes=\"auto, (max-width: 520px) 100vw, 520px\" \/><\/p>\n<p>\u201cDie wittes soek \u2019n wit tuisland. Maar ons is in Afrika! Jy kan nie \u2019n wit ding in Afrika doen nie. As jy enige iets \u2018wit\u2019 wil doen, is jy op die verkeerde kontinent.\u201d<\/p>\n<p><strong>Lees ook: <a href=\"https:\/\/mobserver.co.za\/106027\/eksklusief-haat-pastoor-harry-knoesen-aangekla-van-terrorisme-vir-oproepe-van-burgeroorlog-en-staatsgreep-op-landswye-netwerk-volgelinge\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener noreferrer\">&#8220;Haat-pastoor&#8221; Harry Knoesen aangekla van terrorisme<\/a><\/strong><\/p>\n<p>Knoesen s\u00ea dat sy eintlike doel nie was om swartmense te teiken nie, maar eerder om te baklei teen witmense wat muntslaan uit die vrees van ander.<\/p>\n<p>\u201cDit was \u2019n seisoen in my lewe. Ek het beplan om hierdie wittes wat ander so uitbyt vir ses maande te looi. Ek was nooit in die haat politiek nie.\u201d<\/p>\n<p>Hy s\u00ea dat hy kwaad was in sy eerste video en \u2019n sekere manier moes voorkom maar dat hy mense eintlik wil leer om nie te haat nie.<\/p>\n<p>\u201cEk haat niemand nie. As daar iemand is wat ek haat dan is dit mense wat geld maak uit die swakkes.\u201d<\/p>\n<p>In ontmoetings met ver regse leiers het hy ges\u00ea dat hy gaan aanval, nie vlug nie, om mense uit hul kloue te kry. Knoesen vertel dat daar in September verlede jaar, toe hy \u2019n vooraanstaande man in Pretoria sou ontmoet, \u2019n poging op sy lewe was.<\/p>\n<p>Hy het terwyl hy van die Oos Rand af Pretoria toe gery het, skielik in die loop van \u2019n jaggeweer met \u2019n knaldemper vasgekyk in die voertuig langs hom. Hy het van sy motorfiets afgeval om die loop van die geweer te ontduik.<\/p>\n<p><strong>Lees ook: <a href=\"https:\/\/mobserver.co.za\/108848\/knoesen-se-vriendin-glo-ondersoek\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener noreferrer\">Knoesen se &#8216;vriendin&#8217; glo ondersoek<\/a><\/strong><\/p>\n<p>Knoesen s\u00ea hy het toe besluit om aan te hou tot in Desember 2019 waarna hy sou \u201crus\u201d tot Maart 2020 en dan weer met sy binnekring praat of hulle \u2019n politieke rigting moes inslaan.<\/p>\n<p>Hy beweer dat meeste van sy binnekring geweet het dat hy net bluf, as dit kom by praatjies oor aanvalle.<\/p>\n<p>\u201cMeeste het geweet ek praat net. Maar my administrasie vrou (Riana Heymans) is in die tronk omdat sy nie al die inligting gehad het nie. Ek kry haar baie jammer,\u201d s\u00ea Knoesen.<\/p>\n<p><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"alignnone size-medium wp-image-95874\" src=\"https:\/\/mobserver.co.za\/wp-content\/uploads\/sites\/92\/2019\/06\/harryknoesen_46694-520x390.jpg\" alt=\"\" width=\"520\" height=\"390\" srcset=\"https:\/\/dwu32cgxelq1c.cloudfront.net\/local_newspapers\/sites\/92\/2019\/06\/harryknoesen_46694-520x390.jpg 520w, https:\/\/dwu32cgxelq1c.cloudfront.net\/local_newspapers\/sites\/92\/2019\/06\/harryknoesen_46694-270x203.jpg 270w, https:\/\/dwu32cgxelq1c.cloudfront.net\/local_newspapers\/sites\/92\/2019\/06\/harryknoesen_46694-768x576.jpg 768w, https:\/\/dwu32cgxelq1c.cloudfront.net\/local_newspapers\/sites\/92\/2019\/06\/harryknoesen_46694.jpg 800w\" sizes=\"auto, (max-width: 520px) 100vw, 520px\" \/><\/p>\n<p>Hy glo as die Valke hom werklik vir twee jaar ondersoek het, soos hulle beweer het in \u2019n mediaverklaring, hy nie nou in die tronk sou wees nie, omdat hulle \u201cdie waarheid\u201d sou weet.<\/p>\n<p>\u201cMy tweede in bevel is gearresteer en weer vrygelaat omdat hulle niks in sy huis kon kry nie,\u201d s\u00ea Knoesen.<\/p>\n<p>Instansies het volgens hom spioene na sy vergaderings gestuur, en dat hy juis voor hulle aanvalsuitlatings gemaak het, maar dat dit met opset was.<\/p>\n<p>\u201cEnige iemand wat s\u00ea wat ek ges\u00ea het, is mal. Dit kan nie gedoen word nie.\u201d<\/p>\n<p>Hy meen dat as die spioene weg was, hy en sy binnekring saam gebraai en dan gepraat het van \u201cvrede en eenheid\u201d in Suid-Afrika.<br \/>\nKnoesen s\u00ea dat mense hom gewaarsku het dat hy gearresteer gaan word.<\/p>\n<p>\u201cEk het nog altyd ges\u00ea, as ek toegesluit gaan word, sal dit nie \u2019n swart man wees wat my kom arresteer nie, dit sal \u2019n wit ou van die taakmag wees.\u201d<\/p>\n<p>Hy s\u00ea dat hy glad nie probeer het om bewysstukke weg te steek nie, omdat die notas alles vals was en dat hy besluit het om nie te vlug nie, toe hy \u2019n boodskap kry wat hom inlig dat daar \u2019n lasbrief vir hom uitgereik is.<\/p>\n<p><strong>Lees ook: <a href=\"https:\/\/mobserver.co.za\/106138\/drie-saam-pastoor-vir-terrorisme-aangekla\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener noreferrer\">Drie saam pastoor vir terrorisme aangekla\u00a0<\/a><\/strong><\/p>\n<p>Knoesen s\u00ea dat daar een ding is wat hy in die tronk besef het, dat meeste mense daar is omdat hulle honger is. En dat daar baie mense van alle rasse is wat moeg is vir die stand van sake in Suid-Afrika.<\/p>\n<p>Sy ontmoeting met die Crusaders het begin toe hy as 24-jarige in 1984 uit die weermag ontslaan en Engeland toe gestuur is. Hy het met \u2019n vals paspoort as Steven Watson die land binne gegaan met die belofte dat hy R20 000 sou kry om foto\u2019s van ANC lede in \u2019n kantoor in Londen te neem.<\/p>\n<p>Terwyl hy by \u2019n koffiewinkel gesit het, het \u2019n man by hom kom sit en hom op sy regte naam genoem. Die man het vir hom \u2019n bruin papiersak gegee waarin daar \u2019n pistool en \u2019n knaldemper was.<\/p>\n<figure id=\"attachment_106145\" aria-describedby=\"caption-attachment-106145\" style=\"width: 520px\" class=\"wp-caption alignnone\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-medium wp-image-106145\" src=\"https:\/\/mobserver.co.za\/wp-content\/uploads\/sites\/92\/2019\/12\/Harry-Knoesen-520x400.jpg\" alt=\"\" width=\"520\" height=\"400\" srcset=\"https:\/\/dwu32cgxelq1c.cloudfront.net\/local_newspapers\/sites\/92\/2019\/12\/Harry-Knoesen-520x400.jpg 520w, https:\/\/dwu32cgxelq1c.cloudfront.net\/local_newspapers\/sites\/92\/2019\/12\/Harry-Knoesen-300x231.jpg 300w\" sizes=\"auto, (max-width: 520px) 100vw, 520px\" \/><figcaption id=\"caption-attachment-106145\" class=\"wp-caption-text\">Harry Knoesen, Riana Heymans en Eric en Errol Abrahams word aangekla van terrorisme. FOTO: Gerhard Rheeder (Middelburg Observer)<\/figcaption><\/figure>\n<p>\u201cHy het vir my ges\u00ea dat hulle my nie so baie geld betaal het net om foto\u2019s te neem nie. Hy het my paspoort gevat en vir my ges\u00ea om die mense in die kantoor te gaan skiet, van die wapen ontslae te raak en die knaldemper aan hom terug te gee. Hy sou dan my paspoort vir my teruggee sodat ek kon vlug.\u201d<\/p>\n<p>Knoesen s\u00ea dat hy geweet het dat hy dit nie sal kan doen nie, maar dat hy gemaak het of hy instem. Hy was gestrand in Engeland en het toe uit radeloosheid \u2019n hooggeplaasde in die lugmag gekontak wat vir hom \u2019n ontmoeting met \u2019n Britse man by \u2019n restaurant gere\u00ebl het.<\/p>\n<p>Die man het die vuurwapen by hom gevat en gere\u00ebl dat hy, sonder \u2019n paspoort, terugvlieg Suid-Afrika toe.<\/p>\n<p>\u201cEk was nog \u2019n kind gewees. Ek was gestrand in \u2019n vreemde land,\u201d vertel Knoesen bewo\u00eb.<\/p>\n<p>Hy s\u00ea dat hy jare later dieselfde Britse man in Suid-Afrika ontmoet het toe hy betrokke geraak het by die Crusaders.<\/p>\n<p>\u201cEk kan nooit \u2019n terroris wees nie. Ek kon Londen agter gelaat het met \u2019n kantoor vol dooie mense, maar ek het nie, want dit is nie wie ek is nie.\u201d<\/p>\n<p>Knoesen hou vol dat die National Christian Resistance Movement (Crusaders) blad op Facebook net \u2018n front was en nie die ware Crusaders weerspie\u00ebl nie. Hy s\u00ea dat die binnekring van die Crusaders steeds bestaan en alhoewel hulle \u2018bekommerd\u2019 was oor die rigting wat hy, as leier van die groep, ingeslaan het, hulle hom steeds ondersteun.<\/p>\n<p>Hy s\u00ea ook dat hy vas glo dat hy nie sy volgelinge, soos Heymans, verraai het nie omdat meeste geweet het dat hy nie regtig wou oorlog maak nie.<\/p>\n<p>\u201cDaar was op \u2019n stadium iemand wat wou weet wat ek wil bestel. Ek het toe grappenderwys eers ges\u00ea ek soek \u2019n hamburger en \u2019n Coke, en toe later RPG\u2019s, AK\u2019s en missiele. Ek het nog vir die ouens ges\u00ea hy sit aan die ander kant vir ons en lag nes ons vir hom sit en lag. Geen wapenhandelaar sou jou mos so blatant vra wat jy nodig het nie.\u201d<\/p>\n<p>Hy s\u00ea ook dat daar \u2019n \u201cbuite mag\u201d was wat vir hom 200 000 gewapende soldate aangebied het. Hy het daaroor gelag maar tog besef dat daar mense is wat ernstig is oor oorlog.<\/p>\n<p>\u201cMy eie mense is erger as enige iemand anders. As \u2019n wit man jou wil begrawe, sal jy nooit uit daai graf uit kom nie.\u201d<\/p>\n<p>Knoesen s\u00ea dat hy ook deur ver regse leiers beskuldig is dat hy \u2019n staatsspioen is wat geplant is om onmin tussen hulle te saai.<\/p>\n<p>\u201cEk kry die mense wat saam met my aangekla is jammer. Ek hoor hoe hulle party aande in hul selle huil vir hul families. Hulle hoor my nie huil nie. Ek vou my kombers dubbeld oor my kop as ek huil.\u201d<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Van gesiene raadslid en ACDP verteenwoordiger op die finansi\u00eble komitee van die stadsraad, tot geel tronkbroek.<\/p>\n","protected":false},"author":8164,"featured_media":109601,"comment_status":"open","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"hasGravity":false,"cxt_article_byline":"Jana Boshoff","cxt_disable_google_ads":false,"footnotes":""},"categories":[7,2],"tags":[10367,16972,22190,23240,23238,10450,23239,10366],"class_list":["post-109599","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-local-news","category-news-headlines","tag-betroubare-nuus","tag-harry-knoesen","tag-harry-knoesen-aangekla-van-terrorisme","tag-harry-knoesen-praat-na-arrestasie","tag-knoesen-praat-uit-tronk-uit","tag-middelburg-nuus","tag-nuus-oor-harry-knoesen","tag-plaaslike-nuus"],"category_labels":{"Category":"News","SubCategory":"Local news"},"tag_labels":["betroubare nuus","Harry Knoesen","harry knoesen aangekla van terrorisme","harry knoesen praat na arrestasie","knoesen praat uit tronk uit","middelburg nuus","nuus oor harry knoesen","plaaslike nuus"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/109599","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/users\/8164"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=109599"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/109599\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/media\/109601"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=109599"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=109599"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=109599"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}