{"id":108848,"date":"2020-02-02T08:23:54","date_gmt":"2020-02-02T06:23:54","guid":{"rendered":"https:\/\/mobserver.co.za\/?p=108848"},"modified":"2020-01-30T08:43:04","modified_gmt":"2020-01-30T06:43:04","slug":"knoesen-se-vriendin-glo-ondersoek","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/news-headlines\/2020\/02\/02\/knoesen-se-vriendin-glo-ondersoek\/","title":{"rendered":"Knoesen se \u2018vriendin\u2019 glo ondersoek"},"content":{"rendered":"<p>Dit was van die bewerings in die saak waar Eric en Errol Abrams saam met pastoor Harry Knoesen en Riana Heymans op aanklag van terrorisme tereg staan.<br \/>\nDie Abrams broers het Woensdag in die Middelburg Landdroshof aansoek gedoen vir borg.<\/p>\n<p>Die Abramse is deur adv. Ben Coetzee (Bees) Bester verteenwoordig. Adv. RC Macadam, waarnemende direkteur van die vervolgingsgesag vir priotiteitsmisdade se litigasie eenheid, het vir die staat opgetree.<\/p>\n<p>Adv. Bester het eedsverklarings van die Abrams broers aan die hof voorgelees. Daarin beweer hulle dat die staat se saak teen hulle swak is en dat hulle beplan om onskuldig te pleit op die aanklagte.<\/p>\n<p><strong>Lees ook:\u00a0<a class=\"anchor_post\" href=\"https:\/\/mobserver.co.za\/91130\/outrage-war-talks\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener noreferrer\">Outrage over war talks<\/a><\/strong><\/p>\n<p>Die broers is op 29 November 2019 saam met Heymans op die R550 aangekeer. Die mans s\u00ea dat hulle saam met Heymans op pad was na ene Rassie Erasmus, wat kontakte in die polisie het, sodat sy haarself kon oorgee.<\/p>\n<p>Eric Abrams is \u2019n sakeman wat \u2019n herwinningsbesigheid bedryf, terwyl Errol Abrams \u2019n passer en draaier is. Die twee broers bly saam met Eric se vrou, seun, skoonma, hul eie moeder en Errol Abrams se dogter, op \u2019n plot in Kliprivier.<\/p>\n<p>Adv. Bester het aan die hof ges\u00ea dat sy kli\u00ebnte nie \u2019n vlug risiko inhou nie, geen vorige veroordelings het nie en beplan om hulself in die hof te verdedig, om hul onskuld te bewys.<\/p>\n<p>Adv. Macadam het ges\u00ea dat die staat volhou dat daar ten alle tye \u2019n gemene doel tussen al vier beskuldigdes was. Hy het \u2019n verklaring, van die ondersoekbeampte, adjudant offisier Jaco Koekemoer, ingehandig.<\/p>\n<p><strong>Lees ook:\u00a0<a class=\"anchor_post\" href=\"https:\/\/mobserver.co.za\/106027\/eksklusief-haat-pastoor-harry-knoesen-aangekla-van-terrorisme-vir-oproepe-van-burgeroorlog-en-staatsgreep-op-landswye-netwerk-volgelinge\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener noreferrer\">\u201cHaat-pastoor\u201d Harry Knoesen aangekla van terrorisme<\/a>\u00a0<\/strong><\/p>\n<p>Daar is vertel hoe Knoesen op die polisie se radar gekom het, nadat hy videos op Facebook geplaas het, waarin hy \u2019n beroep doen op die \u201coumanne\u201d vir \u201ceen laaste operasie\u201d. Adv. Macadam het ges\u00ea dat hierdie oproep gerig was op veiligheidsmagte uit die apartheidsera.<\/p>\n<p><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"alignnone size-medium wp-image-106028\" src=\"https:\/\/mobserver.co.za\/wp-content\/uploads\/sites\/92\/2019\/11\/Harry-Knoesen2-Copy-520x400.jpg\" alt=\"\" width=\"520\" height=\"400\" srcset=\"https:\/\/dwu32cgxelq1c.cloudfront.net\/local_newspapers\/sites\/92\/2019\/11\/Harry-Knoesen2-Copy-520x400.jpg 520w, https:\/\/dwu32cgxelq1c.cloudfront.net\/local_newspapers\/sites\/92\/2019\/11\/Harry-Knoesen2-Copy-300x231.jpg 300w\" sizes=\"auto, (max-width: 520px) 100vw, 520px\" \/><\/p>\n<p>\u2019n Getuie is volgens die staat deur Knoesen genader wat vertel het dat hy \u2019n aanval beplan en wapens en ammunisie soek. \u2019n Ander getuie het vertel dat Knoesen beplan om die regering met geweld omver te werp. Die getuie is ook deur Heymans gekontak om sy beskikbaarheid vir die aanval te bevestig nadat Knoesen gearresteer is.<\/p>\n<p>\u2019n Stemboodskap, wat na bewering deur Knoesen gemaak is, lei dat hulle wapens moet gebruik om \u201cAfricans\u201d te skiet.<\/p>\n<p>Daar is besluit om op te tree toe Knoesen na bewering op 24 November 2019 ges\u00ea het dat hulle binnekort ondergronds gaan en geen kommunikasie gaan h\u00ea nie. Die persoon het die polisie gekontak en Knoesen is op 28 November gearresteer.<\/p>\n<p><strong>Lees ook:<a href=\"https:\/\/mobserver.co.za\/108788\/inwoners-stry-oor-liefdevolle-knoesen\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener noreferrer\"> Inwoners stry oor &#8220;liefdevolle&#8221; Knoesen<\/a><\/strong><\/p>\n<p>Die polisie wou daarna Heymans se perseel deursoek. Hulle het haar gekontak en sy het na bewering ges\u00ea sy sal hulle terugbel maar het daarna haar foon afgesit.<\/p>\n<p>Die staat voer aan dat Heymans by die Abrams broers gaan skuil het. Adv. Macadam het ges\u00ea dat hulle nie die weergawe, dat hulle op pad was om Heymans aan die polisie te gaan oorgee, glo nie, omdat daar volgens die staat geen melding daarvan gemaak is toe hulle gearresteer is nie.<\/p>\n<p>Die staat is oortuig dat Heymans en die Abramse sou voortgaan met die aanval. Adv. Macadam het geargumenteer dat daar beslis \u2019n aanval sou wees omdat die teikens alreeds ge\u00efdentifiseer was. Die teikens het weermag en polisie offisiere sowel as Suid Afrikaners en immigrante ingesluit.<\/p>\n<p>Daar is onder andere tydens die beskuldigdes se arrestasie beslag gel\u00ea op \u2019n nota wat deur Heymans geskryf is, wat lei dat mense nie moet afsien van hul planne nie, ten spyte van Knoesen se arrestasie.<\/p>\n<figure id=\"attachment_106145\" aria-describedby=\"caption-attachment-106145\" style=\"width: 520px\" class=\"wp-caption alignnone\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-medium wp-image-106145\" src=\"https:\/\/mobserver.co.za\/wp-content\/uploads\/sites\/92\/2019\/12\/Harry-Knoesen-520x400.jpg\" alt=\"\" width=\"520\" height=\"400\" srcset=\"https:\/\/dwu32cgxelq1c.cloudfront.net\/local_newspapers\/sites\/92\/2019\/12\/Harry-Knoesen-520x400.jpg 520w, https:\/\/dwu32cgxelq1c.cloudfront.net\/local_newspapers\/sites\/92\/2019\/12\/Harry-Knoesen-300x231.jpg 300w\" sizes=\"auto, (max-width: 520px) 100vw, 520px\" \/><figcaption id=\"caption-attachment-106145\" class=\"wp-caption-text\">Harry Knoesen, Riana Heymans en Eric en Errol Abrahams word aangekla van terrorisme. FOTO: Gerhard Rheeder (Middelburg Observer)<\/figcaption><\/figure>\n<p>Volgens die staat is daar ammunisie by Heymans gekry en is daar op \u2019n lys aangedui dat sy instaat is om \u2019n aanvalsgeweer te hanteer.<\/p>\n<p>Daar is ook genoem dat die sel steeds bestaan en dat die ondersoek voortduur. Een persoon wat verder ondersoek word, is Knoesen se vriendin by wie hy gebly het voor sy inhegtenisname, omdat daar glo aanduidings is \u201cdat sy haar werksrekenaar gebruik om namens Knoesen te kommunikeer\u201d.<\/p>\n<p>Adv. Macadam het ges\u00ea dat die sterk saak teen die beskuldigdes, saam met die vooruitsig van \u2019n lang vonnis, tot gevolg kan h\u00ea dat die beskuldigdes sal vlug as daar nie buitengewone omstandighede bestaan vir hul vrylating nie.<\/p>\n<p><strong>Lees ook: <a href=\"https:\/\/mobserver.co.za\/108834\/abrams-brothers-apply-bail\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener noreferrer\">Abram brothers apply for bail<\/a><\/strong><\/p>\n<p>Die klagtes teen die beskuldigdes word voorgeskryf deur die Verenigde Nasies se Veiligheidsraad Resolusies. Adv. Macadam het ges\u00ea dat net die voorbereiding van \u2019n terrorisme daad genoeg is om op \u2019n klag van terrorisme skuldig bevind te word.<\/p>\n<p>Hy het aangevoer dat die beskuldigdes deel is van \u2019n groter netwerk, wyd verspreid oor die land, en dat nie een van die ander lede na vore gekom het na die arrestasies om te bieg nie.<\/p>\n<p>Adv. Macadam het na die beskuldigdes as \u201cgeharde fanatikuste\u201d verwys. Hy het ook ges\u00ea dat hulle deur middel van Telegram kommunikeer, \u2019n sosiale media-netwerk wat nie monitering deur owerhede ondersteun nie en dat die beskuldigdes sou kan kommunikeer met ander lede van die sel sonder dat owerhede hul kan monitor.<\/p>\n<p>Landdros Deon Minnie het in sy uitspraak ges\u00ea dat hy saamstem dat daar \u2019n groot moontlikheid is dat die beskuldigdes kan ontsnap of met die ondersoek kan inmeng, sou hulle uit aanhouding vrygelaat word.<\/p>\n<p>Borg vir beide Eric en Errol Abrams is geweier. Eric het vir \u2019n vlietende oomblik sy vrou se hand aangeraak voordat hulle afgelei is selle toe. Die saak is uitgestel vir verdere ondersoek.<\/p>\n<p>Knoesen, Heymans en die Abrams broers sal weer aan die einde van Februarie in die hof verskyn.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Daar is glo beslag gel\u00ea op meer as 5 000 rondtes ammunisie, sketse van polisie en weermag basisse, resepte om pypbomme en lont te maak, lyste met name van sellede, hul milit\u00eare opleiding en of hul toegang tot wapens het.<\/p>\n","protected":false},"author":8164,"featured_media":108849,"comment_status":"open","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"hasGravity":false,"cxt_article_byline":"Jana Boshoff","cxt_disable_google_ads":false,"footnotes":""},"categories":[7,2],"tags":[10367,23027,23026,16972,23030,22983,23029,10450,10366,23028,23031,23025],"class_list":["post-108848","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-local-news","category-news-headlines","tag-betroubare-nuus","tag-eric-abrams","tag-errol-abrams","tag-harry-knoesen","tag-harry-knoesen-borg-aansoek","tag-harry-knoesen-terrorisme-saak","tag-knoesen-en-trawante-aangekla-van-terrorisme","tag-middelburg-nuus","tag-plaaslike-nuus","tag-polisie-le-beslag-op-vuurwapens-en-ammunisie-na-heymans-ondersoek","tag-polisie-ondersoek-knoesen-vriendin","tag-riana-heymans"],"category_labels":{"Category":"News","SubCategory":"Local news"},"tag_labels":["betroubare nuus","eric abrams","errol abrams","Harry Knoesen","harry knoesen borg aansoek","harry knoesen terrorisme saak","knoesen en trawante aangekla van terrorisme","middelburg nuus","plaaslike nuus","polisie le beslag op vuurwapens en ammunisie na heymans ondersoek","polisie ondersoek knoesen vriendin","riana heymans"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/108848","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/users\/8164"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=108848"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/108848\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/media\/108849"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=108848"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=108848"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=108848"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}