{"id":10847,"date":"2014-05-19T00:00:00","date_gmt":"2014-05-18T22:00:00","guid":{"rendered":"http:\/\/echonews.sites.caxton.co.za\/10847\/sy-gee-n-mens-weer-moed\/"},"modified":"2014-05-19T09:41:55","modified_gmt":"2014-05-19T07:41:55","slug":"sy-gee-n-mens-weer-moed","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/opinion-edition\/2014\/05\/19\/sy-gee-n-mens-weer-moed\/","title":{"rendered":"Sy gee &#8216;n mens weer moed"},"content":{"rendered":"<p>Iets wat weer jou geloof in Homo Sapiens bevestig. Laat vergeet van die rotresies in die Malls van die w\u00eareld.<\/p>\n<p>Hier in Middelburg is my toevlug Duvenhage Droogskoonmakers en Leerwerke. Nie soseer die plek nie, maar die tannie daar agter die toonbank. Vir 74 jaar al.<\/p>\n<p>Ontmoet haar, Johanna Elizabeth Duvenhage, nie by haar huis nie, nie in die ouetehuis nie, nee, in haar seun, Hans, se winkel.<\/p>\n<p>Elke dag, vanaf die dag toe sy op 16 jaar in 1939 met Jan Duvenhage getroud is. Jan wat saam met sy pa as Bermuda krygsgevangene, sy loopbaan as skoenmaker begin het. By die bou van Loskopdam het hulle die werkers se skoene versool. Arm mense wat met pik en graaf vir hulle gesinne &#8216;n lewe moes loskap.<\/p>\n<p>Jan wat op 69 jaar dood is. Jan van wie sy kinders een ding onthou. Sy onkreukbare eerlikheid. Op &#8216;n keer &#8216;n kli\u00ebnt te veel gevra vir &#8216;n skoenversoling. In sy kar geklim en Stoffberg toe gery om die saak reg te stel.<\/p>\n<p>En omgee vir sy medemens. Hoe &#8216;n kaalvoet boemelaar met &#8216;n paar splinternuwe Buccaneers (&#8216;n bekende skoensoort van destyds) by Jan se winkel uit is.<\/p>\n<p>Ook ander dinge. Sewe kinders grootmaak, laat leer, met skoene regmaak. Die erf kon koop waarop Midpark vandag pryk.<\/p>\n<p>Toe bly tannie Hantie agter. Word Julie 91. Drie van haar sewe kinders al oor die 70 jaar. 12 kleinkinders, 12 agterkleinkinders. Dokters, bankbestuurders, aptekers, bourekenaars. Dit terloops. Aan titels en sulke grend dinge steur sy haar nie veel nie.<\/p>\n<p>Solank haar kinders gelukkig is en sy nog elke dag kan werk, is die w\u00eareld reg. Die baie vakansiedae pla wel. Nie lekker om ledig by die huis te sit nie!<\/p>\n<p>Ook nie bang vir die dood nie. Het eerlik en opreg geleef, is gelukkig.<\/p>\n<p>Sy glo haar saak is reg. En dalk, net dalk, daar in die hiernamaals, sal sy kan skoene regmaak.<\/p>\n<p>Of dra Engeltjies nie skoene nie?<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Kobus Terblanche: Tannie Hantie Duvenage. In ons moderne, gejaagde lewe is die mens soekend. Na iets waarvan jy kan s\u00ea dis goed. Wat jou weer moed gee.<\/p>\n","protected":false},"author":1848,"featured_media":10848,"comment_status":"open","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"hasGravity":false,"cxt_article_byline":"XXXXX","cxt_disable_google_ads":false,"footnotes":""},"categories":[2889,2888],"tags":[],"class_list":["post-10847","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-letters","category-opinion-edition"],"category_labels":{"Category":"Opinion","SubCategory":"Letters"},"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/10847","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/users\/1848"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=10847"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/10847\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/media\/10848"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=10847"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=10847"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=10847"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}