{"id":108041,"date":"2020-01-20T12:25:42","date_gmt":"2020-01-20T10:25:42","guid":{"rendered":"https:\/\/mobserver.co.za\/?p=108041"},"modified":"2020-01-20T12:33:43","modified_gmt":"2020-01-20T10:33:43","slug":"hts-middelburg-seun-sterf-terwyl-hy-vissies-vang-vlak-swembad","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/news-headlines\/2020\/01\/20\/hts-middelburg-seun-sterf-terwyl-hy-vissies-vang-vlak-swembad\/","title":{"rendered":"HTS Middelburg seun sterf terwyl hy vissies vang in vlak swembad"},"content":{"rendered":"<p>Sy ouers, Corn\u00e9 en Johan du Toit, het gevra dat sy oom, Johann Hattingh, medianavrae moet hanteer.<\/p>\n<p>\u201cDaar is baie bespiegelings, maar ons weet nog self nie waaraan hy dood is nie,\u201d het mnr. Hattingh vanoggend ges\u00ea.<\/p>\n<p>Janco was saam met sy pa se broer, Andr\u00e9, by Andr\u00e9 se skoonpa in Jeppestraat waar hulle omstreeks 10:30 klein kurpertjies uit \u2019n byna leeggetapte swembad gevang het.<\/p>\n<p>Die plan was om dit op die plaas wat Andre en Johan gekoop het, se plaasdam te gaan gooi.<br \/>\nJanco se ouers het besluit hulle ry solank plaas toe, want almal sou later daar gaan braai.<\/p>\n<p>Andr\u00e9 het op die kant van die swembad gestaan en Janco het in die kniediep water gestaan en vissies vang.<\/p>\n<p>Mnr. Hattingh s\u00ea Andr\u00e9 het later ges\u00ea dat Janco inmekaar getrek en omgeval het in die water. Hy het dadelik ingegaan, die seun op die swembadtrappie laat l\u00ea en begin met noodbehandeling. Tussenin het hy vir hulp geroep.<\/p>\n<p><strong>Lees ook: <a href=\"https:\/\/mobserver.co.za\/107295\/middelburg-seun-se-liggaam-gekry\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener noreferrer\">Middelburg seun se liggaam gekry<\/a><\/strong><\/p>\n<p>\u2019n Buurvrou het hom hoor skree en op die Gemeenskapspolisi\u00ebringsforum se Zellogroep \u2019n ambulans ontbied.<br \/>\nAndr\u00e9 het ook Janco se ouers gebel en ges\u00ea hulle moet dadelik terugdraai.<\/p>\n<p>Met hul aankoms het hulle ook met die hulp van bure mond-tot-mond asemhaling toegepas, tot die paramedici van ER24 by hulle oorgeneem het.<br \/>\nDie paramedici het vir \u2019n geruime tyd met Janco gewerk en hom ook \u2019n hartskok gegee, maar hy is kort daarna dood verklaar.<\/p>\n<p>Mnr. Hattingh s\u00ea \u2019n lykskouing sal bepaal waaraan hy gesterf het en daar word gevra dat mense nie aannames moet maak nie.<\/p>\n<p>Hy onthou hoe hy en sy vrou, Christelle, asook haar suster, Corn\u00e9 en Johan (Janco se ouers) Vrydagaand aan tafel gesels het oor waarom kinders moet sterf.<\/p>\n<p>Mnr. Hattingh het onthou hoe sy eie twee en \u2019n halwe jaar oue dogtertjie, Mari\u00eblda, op 31 Desember 1991 verdrink het. Hulle het ook tans \u2019n jong familielid wat veg teen kanker.<\/p>\n<p>\u201cSondag is Janco dood en is ons weer teruggeruk na Vrydagaand se gesprek. Al die vrae, die hartseer, die gevoel dat die Here jou in die steek gelaat het. Die antwoord wat ek gekry het, is dat die Here \u2019n plan het. Hy vat nie net ou, sieklike mense hemel toe nie. Hy wil kinders, gebreklike mense, ou mense van alle soorte en ouderdomme in die hemel h\u00ea.\u201d<\/p>\n<p><strong>Lees ook: <a href=\"https:\/\/mobserver.co.za\/88589\/ouers-jaag-na-toneel-nadat-bus-op-nat-r555-omslaan-en-een-kind-sterf\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener noreferrer\">Ouers jaag na toneel nadat bus omslaan en een kind sterf<\/a><\/strong><\/p>\n<p>Me. Hattingh het elke oggend haar susterskind gaan oplaai en by die skool afgelaai.<\/p>\n<p>Hy het elke oggend wanneer hy uitgeklim het, vir haar met \u2019n glimlag ges\u00ea: \u201clekker, lekker&#8230;\u201d .<\/p>\n<p>Vrydag het sy hom nog by HTS Middelburg se Interhuisbyeenkoms afgelaai, waar hy by die verspringput gehelp het.<\/p>\n<p>Mnr. Hattingh s\u00ea die twee gesinne het Desember ook saam gekamp by Riviersig, waar Janco se tent voor hulle tent opgeslaan het en hulle saam vis gevang het.<\/p>\n<p>\u201cOns was so naby aan mekaar. Janco was \u2019n buitekind. Ek sal nooit vergeet hoe hy eenkeer \u2019n hoenderboerderytjie aan die gang gesit het en die saamkuiers as ons gaan jakkalse jag.\u201d<\/p>\n<p>Mnr. Hattingh het hom ook geleer gholf speel en Janco se pa het hom verder afgerig.<\/p>\n<p>\u201cJanco was \u2019n terggees, wat altyd gereed was met \u2019n grappie. Hy was \u2019n gewilde seun en het baie vriende gehad.\u201d<br \/>\nJanco was \u2019n graad 10 leerling aan HTS Middelburg.<\/p>\n<p>Hy word oorleef deur sy ouers, Johan en Corn\u00e9, suster Jo-An\u00e9, familie en vriende.<\/p>\n<p>\u2022Daar is nog nie begrafnisre\u00eblings getref nie. Sodra die re\u00eblings gefinaliseer is, sal\u00a0<b>www.mobserver.co.za\u00a0<\/b>dit publiseer.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>\u2019n Gewilde leerling van HTS Middelburg, Janco du Toit (15) het gister (Sondag) gesterf terwyl hy in vlak water besig was om vissies uit \u2019n swembad te skep.<\/p>\n","protected":false},"author":8164,"featured_media":108042,"comment_status":"open","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"hasGravity":false,"cxt_article_byline":"Daleen Naud\u00e9","cxt_disable_google_ads":false,"footnotes":""},"categories":[7,2],"tags":[10367,22798,22800,22796,22799,22797,10450,10366,22802,22794,22801,22792,22793,22795],"class_list":["post-108041","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-local-news","category-news-headlines","tag-betroubare-nuus","tag-gewilde-hts-leerder-sterf-in-swembad","tag-hts-seun-dood","tag-janco-du-toit","tag-janco-du-toit-afsterwe","tag-janco-du-toit-sterf-in-swembad","tag-middelburg-nuus","tag-plaaslike-nuus","tag-seun-dood-geskok","tag-seun-in-dam-doodgeskok","tag-seun-in-middelburg-dood","tag-seun-skok-dood","tag-seun-sterf-in-dam","tag-seun-sterf-na-hy-visse-in-swembad-vang"],"category_labels":{"Category":"News","SubCategory":"Local news"},"tag_labels":["betroubare nuus","gewilde HTS leerder sterf in swembad","hts seun dood","janco du toit","janco du toit afsterwe","janco du toit sterf in swembad","middelburg nuus","plaaslike nuus","seun dood geskok","seun in dam doodgeskok","seun in Middelburg dood","seun skok dood","seun sterf in dam","seun sterf na hy visse in swembad vang"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/108041","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/users\/8164"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=108041"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/108041\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/media\/108042"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=108041"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=108041"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=108041"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}